Archive for June 6th, 2008

06
Jun
08

‘hoe jy daarna kyk’!

Sien, die ding staan so: dis Vrydag – en Vrydae verseg ek om te dink (meesal) – ek bedoel, ‘n girl moet darem op ‘n manier voorberei vir die naweek en ontspanning het ook ‘foreplay’ nodig – jy kan nie net Saterdagoggend met die eerste oogopslag besluit “nóú ontspan ek” nie. Dis ‘n proses…

En alhoewel die naweek vir die pessimis al amper weer verby is rek ek my Vrydae gewoonlik so lank en behaaglik as moontlik uit… Ek reken: hoe langer my Vrydag – hoe langer my naweek. Dan is Sondag nog vêr vêr hiervandaan…

Maar dit hang seker als af van hoe jy daarna kyk, nê?

Hoe lyk jou naweek? Groot planne? Enige planne? Wat is jou idee van ‘n ’suksesvolle’ naweek in EEN enkele woord?

Myne: “LANK!” ;)




 

June 2008
M T W T F S S
« May   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Archives