Tagged by Pikkelik
My Motto of Slagspreuk is baie beslis:
“THE GRASS IS ALWAYS GREENER WHERE YOU WATER IT”
Dit kom maar daarop neer dat ons in plaas daarvan om alewig oor die draad te loer na die ‘groen gras’ aan die ander kant, ons eie grasperkie dalk net ‘n bietjie TLC kort… en ‘n bietjie bemesting het ook nog nooit aan groen gras skade gedoen nie… so, al is daar soms ‘n klein skermutseling in jou persoonlike paradys, sien dit volgende keer as so:
Jou gras kry dalk vandag ‘n bietjie kunsmis of varkmis… Die geheim is dat sodra jy kunsmis gegooi het, moet jy góéd water gee, sodat die bemesting sy werk kan doen, anders verinneweer dit net die grasperk. So, as jy en liefie weer woorde het, of ‘n argument of dan nou ‘n good-old-fashioned rusie moet jy besef dat hoe langer jy gaan wag om TLC toe te pas, hoe langer gaan dit die grasperk neem om te herstel.
En eintlik is dit so maklik soos ‘water’ gee, nê?!
Recent Comments