of liewer Back to Business…

Toe-toe-toe -opskud!! Net nog 2 dae oor om jou raaiskoot vir die titel in te stuur.
(Daar is al ‘n paar inskrywings in my posbus… – en NEEEE Monique – jy staan nie ‘n groter kans hoe meer jy instuur nie
een inskrywing per persoon - en NEEEEE Monique!! Jy mag nog steeds nie inskryf nie – toe ek laas gekyk het was jy nog alliepad my Enigste Mooiste Meisiekind – family, onthou?? – My naam is op jou birth certificate!!
)
Epos jou raaiskoot na: bb@birgitdotcodotza of info@birgitdotcodotza (vervang die dotte met …e – ag ek weet julle almal weet dit mos al – Is net dat ek soveel spam kry as ek ‘n volledige adres (dotte en kolletjies en al) plaas.
Tyd raak min en daar’s nog tonne om te doen – Dankie tog vir my menskombers!! Julle hou my (redelik) ‘sane’
– dankie vir julle swoeg en sweet gister heeldag (op ‘n heilige Sondag, ja!) Dankie vir julle dáárwees. Julle verbyster ons met julle lojaliteit, omgee en liefde. En my Helge… wat sal ek sê? Wat kán ek sê?? behalwe gereeld en aanhoudend: thank you soooo much, my Love! I love you.
Geniet elke oomblik BB. Klink of dinge bietjie dol is daar by jou!!! Baie sterkte!!
Dit lyk bietjie Duits – Lebensraum?
Kan jy nou glo? Ek het nie ‘n idee nie!!!
Dit lyk soos : Dink en Juig . . .
Of Darken Jxxxx – maar jy sallie ‘n afrikaanse cd ‘n engelse naam gee nie, so ignoreer maar hierdie ene . . .
Psst .. Krista. Sommer net ‘n opregte dankie dat jy so mooi kyk en so raak vat agter ons kosbare BB. Vir die van ons wat (te) ver is .. hmm dis gerusstellend om te weet daar is regte omgee-mense so naby aan haar wat ons oe en ore en hande is. Ek waardeer dit .. en btw .. pass sommer ‘n hug BB se kant toe van my af as jul mekaar weer sien. En maak seker dis ene propvol liefde en dankbaarheid en omgee vir so ‘n erg spesiale mens. En Helge .. die fondament so in sy stilligheid. Ek weet .. dankie!
Dankie vir julle almal wat so lief is vir my BB – sy waardeer dit elke oomblik . Kannie wag vir more nie !! xh
Haal asb. blokkie nr.9 weg… Ook beter bekend as die ‘Joost’ blokkie
LOL @ Vriending!!! Heng, wat van : ‘Dronk en Jonk’??
( ( ( Elf ) ) ) xx
Jy wil net my ‘shiner’ sien, Skoortjie
!!
Is soos Helge sê: dankie dat julle soveel omgee en so onverdiend lief is vir my. I don’t know what I’ve done, but I’ll keep doing it…
xx
Ek het dit op good authority dat die titel “Drunken Joke” is.
Skoor, ek is seker as jy vir BB mooi vra sal sy dalk die updated pic opsit (sommer op hierdie post). Anders moet jy maar na die nuwe een gaan loer op BB se website.
Beebs, jy hoef nie meer te worry oor die shiner nie, ek het dit mooi reggetoor met Photoshop
Voordat die ding te ver gaan – it wasn`t me – belowe – ek voel ek is onder ernstige verdenking hier ( ja erken dit maar is reg ) !!!
Dit was daai admin tannie, ek het haar gesien. Belowe! Njannies kopela! En toe ek die storie aan die Sondag wou verkoop toe slaan sy my ook. Nou moet ek launch toe kom met lang moue en makeup
Bwhaaaaahahahaha ou Grapgat!
Webmeester sê: Titelraai kompetiesie is nou gesluit. Gaan kyk of die webtuiste vir die volledige CD omslag.
Sodra ons vir BB klaar gelawe het na die vertoning vanaand sal ons haar probeer oortuig om die wenner aan te kondig
♪Soveel sterkte vir jou vir vanaand ♪ Weet dit gaan een van daardie “priceless ” aande in jou lewe wees ♪ Geniet dit en ek weet dit is slegs die klein begin vir nog wonderliker dinge wat vir jou voorle ♪xxhh♪
Net vir ingeval ons jou nie te siene kry voor die vertoning nie, alle sterkte en weet ons staan bankvas agter jou.
Nou relax, haal lekker diep asem and knock ‘em dead! Dit gaan ‘n groot sukses wees.
HELLOOOOOOOOOOOO
Ek weet wat die cd se naam is!
Is ek nog betyds???
Whahaha, ekke ook BB