… wat mense soos my…
Soos ‘n million dollars laat voel
Dankie Wipneus !! Vir hierdie special delivery in die kleedkamer voor die show – jy had my speechless!!

Zee (of liewer my ‘Zzz’
)
Dankie vir die baie spesiale thought met jou persentjie – ek treasure dit!!
(Die kruis en die hart represent dié mees belangrike entiteite in my lewe: Jesus Christus en my Helge… die pêrels tussenin is my
hartsvriende – and when I look at it (I’ll be seeing it everyday – Dit is vasgemaak aan my aktetassie -
I’ll have a sweet sweet reminder of a truly special girl!!)

Vir eers is ek diep nederig stil – ek sal vanaand gróóóót gaan en post dat julle brille gaan nodig hê vir die lees…
ek móés net eers dankie sê!!
x x x
Advertisement
Ai BB, hier het jy my ook in trane…. Dit is so bitter kosbaar, en ek weet hulle het dit gedoen omdat jy net JY is…. Ai, genade ek mis julle… Ek mis net eenvoudig te veel…
Spesiale blomme vir ‘n baie spesiale lady!
Ons het die show vreeslik geniet! Jy het jouself oortref!
Dankie aan almal agter die skerms wat dit so spesiaal vir BB gemaak het!
(Die song: Duisend maal ‘n ster! Fantasties
)
Ek hoop dat die show net die eerste treetjie na ongekende sukses sal wees.
Ek sal my oë bietjie rus vandag…
((((((((BB))))))))) for because u r special!!!
Sjoe… ek sê weer, ek was sprakeloos gisteraand hoor! Jy mag maar girl!!!!!!
Ek glimlag so hier in my mou… gister toe ek dit laat maak het vir jou browse ek so in die winkeltjie rond en Zeethan hou net die hele tyd aan… Ouma Smarties, smarties hê. Al die kraletjies het seker vir hom soos smarties gelyk!
O ja… ek het vir my ook presies so ene laat maak…. toe ek jou sien kon ek nie anders nie!
Ek is bly om die hoor dit was ‘n groot sukses. Het aan jou gedink gisteraand.
Baie geluk met die suksesvolle show! Mag daar nog vele wees!
So spyt ek kon dit nie maak nie, hoop jy het dit geniet!!!!
Sterkte met die pad vorentoe, die eerste tree is nou gegee!!! Wag in spanning vir die shows in my ou dorpie!!!
O ja, ek is dalk Sondag in Pta, waar kan ek die CD koop????? Moet ok nou ene kry, genade is baie jaloers op almal wat reeds het!!!
Ek was DAAR – in my gedagtes!
Dit was n onvergeetlike aand – een van daardie handvol in n mens se lewe wat jy hoop nooit verbygaan nie – ek het nie meer woorde nie – Trots en lief xxh
Ek en Lyfieding is trots en bevoorreg dat ons onder die uitverkorenes kon wees wat die vervulling van een droom en die geboorte van ‘n volgende een kon meemaak. En dit alles op een aand.
Weereens baie baie geluk BB.
En hier kom ek aangestap met my beker Boeretroos in die hand om nou die post te kom lees oor ‘Die aand uit die oog van BeeBee’ en wragtag, daar is nog niks.
Meisie, het jy babelas vanoggend, of was die krag in die Transvol af dat jy nie jou rekenaar kon aankry nie? Want hier’s dan niks…
Ek sit net gou ‘n rukkie hier in jou spasie en sluk my koffie af. Dan gaan ek maar voort. Hoe se daai grote ou in die movies?
“i’ll be back”
xxx
Hier kom ek ook aan, my beste bril silverskoon en blink gevryf, groooooot beker koffie vir lank lees . . . en niks!
Aaaag toe man Beebs? Skryf nou vir ons ‘n ietsie. ♪ dis makliker as wat jy dink . . .♪
Ja nee, hier issi paar mensi wat wag virri possie . . .