21
May
08

Reality TV


RealityIs dit nie een van dié weirdste menslike eienskappe nie??

Om soos wafferse voyeurs in die privaatheid van jou tv-kamer ander mense se (soms skelm, soms totally mal, meesal mind-boggling) doen en late af te ‘loer’.

Dat realiteits-TV so ‘n ‘in’-ding geword het, gaan reeds my verstand te bowe. Ek kan my nogal verkneukel aan die tipe shows waar die ‘onderwerp’ nie weet dat hy/sy afgeneem word nie, maar ek is klaar ge-‘Survivor’ en ge-‘Big Brother’ en help my!! ge-‘Next Model’ – juis omdat dit altyd op die ou einde daarop neerkom dat die deelnemers moet knoei en lieg en bedrieg en onder valse voorwendsels hulle ‘reason to stay’ moet behou. Ons sit en kyk en verlekker ons hoe mense mekaar verneuk, te na kom en uiteindelik verwyt, beskinder en ‘braai’. 

Wat ek eintlik wil weet is dit: As jy jou eie realiteits tv-reeks kan skep – wat sal dit wees?

Myne: Ek sal graag die Metro involve en ‘n deelnemer oor ‘n sterk bemande spoedval laat jaag sonder dat hulle weet die episode word verfilm. Kameras in die kar – Helikopter vir die opname – hi-speed chase – the works. As die deelnemer hulle vir 30 minute kan ontduik of voor daardie tyd by ‘n spesifieke punt kan aanmeld, wen hy R100 000!!

Ek is obviously in Episode #1😉

Any  Volkswagen Golf (2l Golf 5 GTi) sponsorships out there???

(‘n Bloedrooie asseblief!! met ‘n mooi “BB” vinyl oppie g@tkant)

golf-5

 


16 Responses to “Reality TV”


  1. May 21, 2008 at 9:50 pm

    Hi BB

    Dankie vir die inloer. Wat se reeks sal ek doen? mmmm…, nee wat, nie genoeg verbeeldig vannaand nie, maar in jou storie het ek ‘n silwer SLK AMG nodig.

  2. May 22, 2008 at 9:19 am

    BB

    Mmmm ook ‘n SLK vir daardie realiteits tv-reeks asb.

    Ek onthou toe Big Brother 1 gewys het, het ek so nou en dan gekyk na Ferdie se mannewales.
    Ek hou nie baie van dit nie. Mense kyk my altyd aan of ek van ‘n ander planeet kom, as ek sê ek kyk nie Survivor nie. Het eenkeer gesien hulle eet wurms in die een of ander reeks, toe verdwyn ek maar🙂

    My eie realiteits reeks, vrouens wat trollies bestuur in ‘n winkel.

  3. May 22, 2008 at 9:26 am

    Wipneus

    Laat weet maar wanneer en waar sodat ek weet om weg te bly. Ek dink hulle moet winkels se gange eenrigtingstrate maak.

  4. 4 BB
    May 22, 2008 at 9:49 am

    Hahaha Wipneus!! ‘n Dash-for-Cash?! Great idee!!

  5. 5 Zee
    May 22, 2008 at 10:17 am

    Anty BB…..

    http://zee3.wordpress.com/2008/05/22/die-treffer-in-die-jaar-toe-ek-die-lig-gesien-het/

  6. May 22, 2008 at 11:26 am

    O ek weet nou nie. Ek verpes daai reekse, laat my aan ‘n dieretuin, of eerder ‘n sirkus dink. Maar ek sal dit nogal geniet om ander mense bietjie te sien pajamadril doen…. O sal ek lag!!!

  7. 7 BB
    May 22, 2008 at 11:32 am

    Ja ou Pikkelik, veral ‘n paar pappa’s!:mrgreen:

  8. 8 Meermin
    May 22, 2008 at 1:08 pm

    My eerste inloer maar beslis nie die laaste ene nie.

  9. 9 BB
    May 22, 2008 at 1:18 pm

    Welkom Meermin!:mrgreen:

  10. May 22, 2008 at 1:26 pm

    Defnitief n HUMMER of groot FORD F250 en dan kyk ons of die a…aste nog so braaf is soos altyd – kyk wie druk voor wie in. Wil die vrees en verbystering in hulle gesigte sien HAHA

    xxh

  11. 11 BB
    May 22, 2008 at 2:01 pm

    Hmmm – ‘n klein bietjie agro dalk B2daB??

  12. May 22, 2008 at 2:26 pm

    Riaan ek stem vir eenrigtingstrate in die winkels…. vrouens weet regtig nie hoe om trollies te bestuur nie 😉

  13. May 22, 2008 at 4:06 pm

    Jou idee het al verbygekom in die fliek “Live!”.

    “Live!” gaan oor ses mense wat Russiese Roulette speel. Vyf blanks en een lewendige koeël. Vyf wennaars verlaat die studio met $1 miljoen elk. Die sesde…

    En hoe sal die kyksyfers lyk as ons weet ons sien vanaand lewendig iemand op tv sterf?

  14. 14 Jaco
    May 23, 2008 at 8:50 am

    Ons leef ons eie reality TV hier in Suid Afrika, Why complicate things?

  15. May 23, 2008 at 10:55 am

    Machiel – WDF?????

  16. February 3, 2011 at 8:06 am

    My meisiekind sit naweke haar ure om en kyk na die realiteit stukke. Die grootste klagte daaromtrent het BB alreeds hierbo genoem, dat ons geleer word om te bedrieg, skelm te wees om te wen. Nie om ander te help uit liefde nie.
    wat ek nogals soms geniet, is The Amazing Race. Seker omdat ek so lief is vir toer!!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


May 2008
M T W T F S S
    Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: