06
Jun
08

‘hoe jy daarna kyk’!


Sien, die ding staan so: dis Vrydag – en Vrydae verseg ek om te dink (meesal) – ek bedoel, ‘n girl moet darem op ‘n manier voorberei vir die naweek en ontspanning het ook ‘foreplay’ nodig – jy kan nie net Saterdagoggend met die eerste oogopslag besluit “nóú ontspan ek” nie. Dis ‘n proses…

En alhoewel die naweek vir die pessimis al amper weer verby is rek ek my Vrydae gewoonlik so lank en behaaglik as moontlik uit… Ek reken: hoe langer my Vrydag – hoe langer my naweek. Dan is Sondag nog vêr vêr hiervandaan…

Maar dit hang seker als af van hoe jy daarna kyk, nê?

Hoe lyk jou naweek? Groot planne? Enige planne? Wat is jou idee van ‘n ‘suksesvolle’ naweek in EEN enkele woord?

Myne: “LANK!”😉


12 Responses to “‘hoe jy daarna kyk’!”


  1. 1 krista
    June 6, 2008 at 9:08 am

    Myne: “LEKKER!”

  2. 2 BB
    June 6, 2008 at 9:10 am

    😉 , Vriending

  3. June 6, 2008 at 1:24 pm

    Oi, Myne: Net soos elke ander dag, behalwe Sondag se kerk…. Ek sal ietsie aan my lewe moet doen, ek sien dit, ek weet dit, ek gaan, ek sal… Net sodra ek tyd het… 😉

  4. June 6, 2008 at 1:53 pm

    Hierdie naweek moet net asseblief rustig wees!!Ek weet in my huisdiere se woordeskat bestaan so iets nie, maar nogtans hoop ek!

  5. June 7, 2008 at 8:56 am

    Mislukke weer in die Kaap. Rooiwyn, kaggelvuur en NP van Wyk Louw😉

    Musiek. Blog, blog en blog (m.a.w. skryf, skryf en skryf).

    Stoei met Robert, speel perdjie en rol die bal.

    Slaap. Lees. Rooiwyn (nie noodwendig in daardie volgorde nie).

    Ek moet ook ‘n kerrie gaan soek😯

  6. June 7, 2008 at 3:09 pm

    Vrede

    Ek moet ook hierdie “trick” van jou begin toepas…. dan het ek ook elke naweek, ‘n laaaang naweek.

    Geniet jou lang naweek 😉

  7. June 7, 2008 at 9:32 pm

    Ek leef vir naweke! Die later slaap soggens doen dit vir my! Dit sal seker rustiger wees tot ons begin met die heining en huisbou!

  8. 8 demoerin
    June 9, 2008 at 11:59 am

    Ten minste kan ons uitsien na ‘n rerige lange die naweek! Die regering is darem vir iets goed, al is dit nou net vir lang-naweke uitdeel. hahaha. Jy kan maar daar by my gaan lees oor my naweek, nou nie helemal soos beplan nie, maar uiters suksesvol! hehehe

  9. June 9, 2008 at 12:37 pm

    Sjoe BB, dis Maandagmiddag, jou naweek is wragtig lank!!!! 😆 😆

  10. 10 BB
    June 9, 2008 at 12:50 pm

    😉 Pikkelik

  11. 11 rb
    June 13, 2008 at 12:17 pm

    Hierdie naweek is die eerste Windpompfees in Naboomspruit. Ek moet nog werk seker tot so 16:00, so dit is nie werklik die moeite werd om ‘n kaartjie te koop net vir die inloer nie. Ons sal maar more vroeg gaan en maar kyk wat is alles interessant en maar kyk hoe lank ons bly.
    Gewoonlik is ander naweke redelik rustig. Vandat ek nie meer op ‘n Saterdag hoef te werk nie, is dit hemels om so lank as moontlik in die bed te probeer bly, veral nou in die winter.

  12. June 13, 2008 at 12:52 pm

    Ek gaan London vir ou laas plat loop en die laaste paar ponde wat ek het spandeer, dan is dit Ierland toe Sondag middag.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


June 2008
M T W T F S S
« May   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: