20
Jun
08

Tag – Motto


 Tagged by Pikkelik

 My Motto of Slagspreuk is baie beslis:

 “THE GRASS IS ALWAYS GREENER WHERE YOU WATER IT”

Dit kom maar daarop neer dat ons in plaas daarvan om alewig oor die draad te loer na die ‘groen gras’ aan die ander kant, ons eie grasperkie dalk net ‘n bietjie TLC kort… en ‘n bietjie bemesting het ook nog nooit aan groen gras skade gedoen nie… so, al is daar soms ‘n klein skermutseling in jou persoonlike paradys, sien dit volgende keer as so:

Jou gras kry dalk vandag ‘n bietjie kunsmis of varkmis… Die geheim is dat sodra jy kunsmis gegooi het, moet jy góéd water gee, sodat die bemesting sy werk kan doen, anders verinneweer dit net die grasperk. So, as jy en liefie weer woorde het, of ‘n argument of dan nou ‘n good-old-fashioned rusie moet jy besef dat hoe langer jy gaan wag om TLC toe te pas, hoe langer gaan dit die grasperk neem om te herstel.

En eintlik is dit so maklik soos ‘water’ gee, nê?!


20 Responses to “Tag – Motto”


  1. 1 Jaco
    June 20, 2008 at 8:22 am

    Is so waar wat jy sê

  2. June 20, 2008 at 8:27 am

    Dit is stunning BB!!! 😉

  3. 3 meermin
    June 20, 2008 at 9:46 am

    BB dit is so waar wat jy hier skrywe!! Mag jy ‘n heerlike wonderlike naweek geniet!

  4. 4 demoerin
    June 20, 2008 at 9:50 am

    Ai daar is darem maar wyse mense in die blogosfeer!

  5. June 20, 2008 at 10:33 am

    Ek stem BB mens moet daardie kunsmis water gee!! Mooi inskrywing en so waar!

  6. June 20, 2008 at 1:38 pm

    Water veroorsaak roes op staal – net n gedagte !!

  7. 7 Koeksuster
    June 20, 2008 at 2:52 pm

    Dis so baie waar BB.

    Mooi en slim ook!!

    R

  8. June 20, 2008 at 2:53 pm

    Mooi boodskap. Selfs dorre en half-dood grasperke kry weer nuwe met so ‘n bietjie water en kompos. Dis so asof kompos (as ‘n beeld vir alles wat negatief is) tog soms nodig is om weer by die mooi uit te kom. Ek glo die huidige omstandighede is hier as ‘n geleentheid vir vernuwing. Ek moet my met positiewe dinge omring om die negatief uit te hou. Dankie, BB!

  9. June 20, 2008 at 6:30 pm

    Net ‘n druppeltjie water kan ‘n verskil maak aan ‘n woestynplantjie….. Jy is ook soos daardie druppeltjie water!!

  10. June 21, 2008 at 1:24 pm

    Ek gaan hierdie altyd onthou! Dankie vir sulke wyse woorde🙂

  11. 11 alta
    June 21, 2008 at 6:25 pm

    Wyse woorde.

  12. June 21, 2008 at 8:49 pm

    Goeie lesse wat ek hier tussen die bloggers leer. Mooi woorde.

  13. June 22, 2008 at 5:21 pm

    Dis ‘n oulike motto en beslis baie waar!

  14. June 23, 2008 at 9:41 am

    Die ene sal ek nooit vergeet nie. Nice motto!😉

  15. 15 Toggs
    June 23, 2008 at 10:47 am

    Dis soms harder werk om jou eie tuin groen te hou as om maar oor te loop na ‘n nuwe tuin nè ?

  16. 16 demoerin
    June 23, 2008 at 4:04 pm

    Waar is BB dan nou, sny jy die gras?

  17. June 23, 2008 at 4:36 pm

    Nee DMI sy soek groener weivelde😉

  18. June 24, 2008 at 12:09 pm

    ‘Die gras is so groen aan die anderkant, want die k@k le so dik daarso.’

    Toe ek dit die eerste keer gehoor het, het ek maar lekker gelag.

  19. 19 BB
    June 24, 2008 at 12:17 pm

    LOL@Skoor!! Is so – ander weergawe: “The grass is always greener over the septic tank”😀


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


June 2008
M T W T F S S
« May   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: