11
Jul
08

We are the music makers and we are the dreamers of dreams…


Vandat ek kan onthou, wou ek ‘n aktrise word. Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek nie ‘n rolmodel gehad het nie – ek wou nooit soos dié of daardie wees of lyk nie. Ek wou net graag ‘verhoog’ toe… het toe ook in 1982 die ATKV se Nasionale Hoërskole Drama kompetisie gewen. Goue medalje vir Beste Aktrise. Was by tannie Carike Keuzenkamp op ‘Kraaines’ as gas. Die verhoogstuk is uitgesaai op SAUK (ons het dit in Aucklandpark se studios gaan ‘skiet’ – 2 dae make-up, kameras, ‘aksie’ – (ek het iewers nog ‘n video opname daarvan en nogal foto’s geneem van die tv-skerm daai aand😀 ) – By Carel Trichardt ‘n lang preek (en ‘n notatjie) gekry dat ek moet drama swot. Trudie Taljaard het my genooi om haar toneelskool by te woon en ek was vuur en vlam… en toe gebeur die lewe en ja, in ‘n mate was dalk veral my ma se (on)betrokkenheid en belangeloosheid seker die grootste deurslaggewende faktor vir dit wat daarvan gekom het…

Moet my nou nie misverstaan nie!! Ek wéét alte goed dat jou drome noodwendig by jouself moet begin en dat ‘n doelwit eintlik net ‘n droom is met ‘n spertyd. Die ideaal is dat jy jou droom moet uitleef en Roer se kleintyd drome se quote: “If you can dream it, you can do it.”  seker maar daardie ideaal is.

Ek en my Papa het eendag nie te lank terug tydens my laaste kuier by hom nogal hierdie tema aangeraak. Drome, beroepe… en hy het iets gesê in die lyn van: “… die mens moet vrede maak daarmee dat hy in die sweet van sy aangesig sal werk, dat hy nie altyd alles kan hê soos hy dit droom nie, dat die realiteit van die lewe dit is: dat jy ‘n lewe moet maak – en ‘n droom hou jou nie aan die lewe nie”. En ek het in my stilligheid gedink : Dis soooo unfair. en waar. en ‘sad’. maar waar. En iewers het ‘n stemmetjie binne-in my gewonder of my pa nie ook tog maar lank terug drome gehad het en gevra wanneer en presies wat het gebeur dat die realiteit die droom oorwin het? Ek wonder soms steeds…

Intussen het my drome verander. Ek het ander talente ontdek. En saam met daardie ontdekking het daar ‘n ander droom gekom – meer as 20 jaar later sit ek met ‘n nuwe droom. En hierdie keer gaan ek alles in my vermoë doen om my droom waar te maak. Ek wil nie weer oor 20 jaar sit en reminisce en tob oor “what could’ve been”. Ek wil nie weer die spreekwoordelike vinger ‘point’ en iemand anders met die skuld belas dat my droom nie gerealiseer het nie.

As jy nie ‘n passie het, ‘n droom, ‘n blink-oog visie nie, is jy nie die volle mens wat jy moes wees nie – dan leef jy nie, jy oorleef net.

Ek het nog iets geleer in die lewe: dat jou droom eers dan werklikheid geword het as dit mense aanraak. As ander mense daaruit iets put. As jy saakmaak. ‘n Verskil maak. En treetjie vir treetjie, sonder die kleinste bietjie publisiteit, sukses of groot fanfare, is my grootste genoegdoening juis wanneer ek net één mens sien glimlag of lag of ‘n traan pik wanneer ek ‘n liedjie geskryf het of sing. Wanneer ek wéét, my droom begin vir iemand anders ook saakmaak vir geen ander rede as dat die Groot “Dream Giver” my Skepper is en geen droom verniet en sonder rede in jou hart gesit word nie. Dis hoekom jy jou droom móét leef – dis dan mos jou doel!?

Ter afsluiting… (klink ek nou soos Ds. van T😀 ) – mag ek altyd, altyd solank as wat ek my eie droom het, ook ander se droom raaksien en daar wees om hulle aan te por en te ondersteun en selfs in die onwaarskynlikheid daarvan die visie deel – dat jy jou droom verwesenlik en as die lewe gebeur en jou realiteit jou droom onderbreek, ek daar sal wees om jou aan jou droom te herinner. Dis die enigste manier wat ek van weet, waar jy jou ware volheid en rede tot bestaan sal vind.

“Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore! Dream! Discover!”  Mark Twain


14 Responses to “We are the music makers and we are the dreamers of dreams…”


  1. 1 Roer
    July 11, 2008 at 10:00 am

    Dankie vir daai Mark Twain woorde. Nou weet ek ek moet beslis ‘n rock ster word. Hey, as Madonna en Cher nog hot kan lyk op daai ouderdom…😉

  2. 2 Zee
    July 11, 2008 at 12:18 pm

    BB, jou woorde “dat jou droom eers dan werklikheid geword het as dit mense aanraak. As ander mense daaruit iets put….” is so waar, ek weet dat my droom gaan waarword, my mission!!

    Dankie vir hierdie puik stukkie!

  3. 3 Sommer ek
    July 11, 2008 at 12:20 pm

    Jy is seker die wonderlikste mens wat ek ken! Mag al jou drome vir altyd in jou lewe waar word! Jy verdien net die beste! Ek oorleef….soos jy se….. agv omstandighede….! U r precious!

  4. July 11, 2008 at 12:54 pm

    Wow BB! Mag jou mooiste drome almal waar word…

  5. 5 demoerin
    July 11, 2008 at 3:30 pm

    Dit is darem maar die drome wat ons aan die gang hou. Anners kon ek mos net so wel ‘n stoel of tafel gewees het. Ek sê self nog gereeld, eendag as ek groot is ..hoekom nie? Dit beteken nie ek is uit pas met die werklikheid nie, maar dit is daai besef dat as mens ek nooit durf dink ek het my volle potensiaal bereik nie! Lekker droom!

  6. July 11, 2008 at 5:59 pm

    BB dis soos ek jou opgesom het. En jou songs het my definitief geraak. Jy het baie, baie talent!! Mense julle moet hierdie girl hoor sing, sy skryf ook die mooiste songs!! En ek sê nogsteeds daardie special song van my is ‘n “hit”, uhm wanneer kry ons die cd sê jy?

    BB jy is klaar binne in daardie droom….. geniet die “ride”

  7. July 11, 2008 at 7:11 pm

    Jy het ‘n baie skerp waarnemingsin,(ek glo akteurs het dit nodig) ek is oortuig jy sal ‘n goeie aktrise wees nie SOU nie. Go for it.

  8. 8 demoerin
    July 14, 2008 at 7:44 am

    @ rosa, stem..ouderdom is ‘n nommer, daar is altyd nog tyd om dinge aan te pak!

  9. July 14, 2008 at 8:35 am

    Ek sal altyd daar wees en doen wat ek kan om jou te help om jou drome werklikheid te maak – lief jou xxh

  10. 10 demoerin
    July 15, 2008 at 7:06 am

    Wee jy, ek lees nou eers die laaste paragraaf. Hoe de hel ek dit die eerste keer gemis het? Elk geval, dit is so ‘n nice sienswyse, ons moet letterlik die mense om ons se droom-stemmetjies wees. Mekaar bietjie aanpor as die trein dreig om van die spoor af te neuk. Partykeer is dit ook al wat mens benodig, ‘n ander se siening en ondersteuning.

  11. 11 meermin
    July 15, 2008 at 7:11 am

    BB leef jou droom!

  12. July 15, 2008 at 8:57 am

    Puik stukkie, BB!

    “…dat jou droom eers dan werklikheid geword het as dit mense aanraak. As ander mense daaruit iets put. As jy saakmaak. ‘n Verskil maak.”

    Ek gaan hierdie van nou af saam met my dra. Dankie!😉

  13. 13 Koeksuster
    July 15, 2008 at 12:23 pm

    Dit was regtig n inspirasie, en dis waar dat n mens se grootste drome amper in ander mense se oe verwesenlik word.

    Ek het vanoggend n quote gekry wat so mooi was. “When you dig another out of their troubles, you find a place to bury your own”. Ek het aan jou gedink, jy is altyd daar as die res van ons vasval – dankie dat jy ondersteun.

    Koeks

  14. July 15, 2008 at 10:30 pm

    My pa het altyd gese “Nou waarvoor wag jy” as ek iets wou doen maar onseker was. Meeste van die tyd het ek vir niks gewag nie. Onsself staan in die pad van ons drome, nie ander mense nie. Jy wou nog altyd aktrise word…”Nou waarvoor wag jy?”


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


July 2008
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: