Archive for September 18th, 2008

18
Sep
08

Bronson… my leenkind


 

Vandag, met die herdenking van jou geboortedag, dink ons aan jou – heeldag al.

Geluk, my kind… B & H

 

 

Ek sal nooit jou ma kan wees nie

ook nie haar liefde kan vervang

ek kan nie vergoed vir die gemis nie

of na haar arms, as jy te veel verlang.

 

Maar in haar plek kan ek vir jou omgee

in plaas van jou ma, my hande vou

en jou elke dag in my gebede

aan GOD se groot Genade toevertrou.

 

As die nag jou lig verduister

en die donker jou warmte steel

As die hartseer vir jou fluister

en die wêreld se las word te veel

 

Wil ek my knieë buig vir haar ontwil,

vir háár hart, jou nou in myne dra

en God se grootse roeping vir my vervul

want net GOD ken die hart van ‘n ma… 

 

Advertisements



September 2008
M T W T F S S
« Aug   Oct »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Archives

Blog Stats

  • 177,234 hits
Advertisements