18
Sep
08

Bronson… my leenkind


 

Vandag, met die herdenking van jou geboortedag, dink ons aan jou – heeldag al.

Geluk, my kind… B & H

 

 

Ek sal nooit jou ma kan wees nie

ook nie haar liefde kan vervang

ek kan nie vergoed vir die gemis nie

of na haar arms, as jy te veel verlang.

 

Maar in haar plek kan ek vir jou omgee

in plaas van jou ma, my hande vou

en jou elke dag in my gebede

aan GOD se groot Genade toevertrou.

 

As die nag jou lig verduister

en die donker jou warmte steel

As die hartseer vir jou fluister

en die wêreld se las word te veel

 

Wil ek my knieë buig vir haar ontwil,

vir háár hart, jou nou in myne dra

en God se grootse roeping vir my vervul

want net GOD ken die hart van ‘n ma… 

 


6 Responses to “Bronson… my leenkind”


  1. 1 Zee
    September 18, 2008 at 7:20 pm

    Sjoe, maar dis mooi BB!!
    Baie geluk Bronson!

  2. September 18, 2008 at 10:15 pm

    Sjoe, nou staan die hoendervleis behoorlik! Dis pragtig, BB, maar effe sad ook… Nietemin, baie geluk aan jou leenkind! 😉

  3. September 19, 2008 at 4:47 am

    Baie dankie my BB – Love you xxh

  4. 4 Krista
    September 19, 2008 at 5:34 am

    Baie geluk Bronson!😀

    Baie sterkte BB!😉

  5. September 19, 2008 at 12:28 pm

    Soos ek een keer vir wag-‘n-bietjie gesê het, bloed maak nie alleen eie of stief nie; LIEFDE maak soms meer eie as bloed. Geluk met jou leen(lief)kind se verjaarsdag.

  6. September 21, 2008 at 9:45 am

    Wow dit is baie mooi!

    Baie geluk Bronson!

    Jy bly maar net spesiaal Biebs!!!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


September 2008
M T W T F S S
« Aug   Oct »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: