09
Oct
08

Wie???


Ek het so ongelooflik baie wonderlike herinneringe saam met hierdie, my beste vriend(in) – dat woorde ontbreek en enige wyse waarop ek sy lof sou besing, nooit die volle omvang daarvan kan beskryf of die ongelooflike betekenis van vriendskap sou kon illustreer nie.

Jy het my so baie geleer in die lewe, my Jani, maar een van dié belangrikste dinge is dit: dat ek nooit ooit ‘n ‘book by its cover’ sal judge nie; dat kindness ‘n mens niks kos nie; dat nederigheid ‘n bate is; dat eerlikheid nooit mag seermaak nie; dat solank as wat jy gee sonder om terug te verwag, jy steeds meer sal hê om te gee; dat mens ook vir jou vriende mag en moet sê: “ek is lief vir jou” of “ek verlang na jou”.
Ons is nou al 30 jaar lank vriende – deur dik en dun (en daar was aan my kant baie ‘dikke’ en hordes ‘dunne’) – en altyd ALTYD was jy daar. Jy laat my altyd soos ‘n million dollars voel. Daardie klein gebare – die koffie in die fyn koppie op ‘n skinkbordjie, melkbekertjie, altyd ‘n koekie of twee op ‘n bordjie – nooit kry ek ‘n sommer-so beker in die hand gedruk – daar is min girls in die lewe wat jou dit kan nadoen. hel, ek kan nie!!

Jy’t my geleer dat almal nie altyd van jou gaan hou nie en dat dit okay is as ek NIE happy is daarmee nie… Jy’t my geleer dat arrogansie en hoogmoed in geen mens se woordeboek behoort te bestaan nie. Dat dit tydmors is om aldag en heeldag oor ander mense te loop en kla. Dat jy hier is om ander te help en nie ‘reg te help’ nie; Dat jy op aarde is om ‘n verskil te maak – en om te sê: “Ja, maar hy/sy doen nie….” geen verskoning is vir jou eie slegte maniere, humeur of optrede nie.

En jy’t my geleer om nooit never ever ooit by die hek uit te gaan sonder om in ‘n spieël te kyk – “pride has nothing to do with vanity” het jy eendag lank terug gesê – “as jy die Koning se kind is, mag jy maar die moeite doen om met alles wat jy tot jou beskikking het, soos ‘n prinses te lyk – élke dag”.
My Eiste, jy’t toe ‘n halwe century gemaak!!  Nadat ons gedink het jy gaan dalk nooit eers 35 haal nie! Jy was nog ‘n ekstra 15 jaar vir my gespaar! Dankie vir 30 jaar se kosbaarste vriendskap! Dankie vir jare se ontelbare kerse opsteek vir my! Dankie vir jou gereelde drukkies; die Vrydag-shooter-nagte toe ons dronkverdrietig in mekaar se ore gehuil het oor ek manloos en jy ‘grasweduwee’ was – onthou jy nog?? die hordes partytjies waarheen ek en jy so gereeld genooi was, net om in die een of ander gasvrou se kombuis op te eindig – en so tussendeur die vuil skottelgoed het ons ons eie party-for-2 gehad – jy’t my geleer langarmdans voor menige wasbakke – en ‘ons song’ – Jona Lewie’s se “You will always find me in the kitchen at parties” – onthou jy nog?? ; Dankie dat jy altyd so ongelooflik openlik bly is om my te sien – elke keer!! Dis hoe jy my die eerste dag gegroet het – en my so die geleentheid gegee het vir ‘n heavenly vriendskap – en volgehou het. Weet jy hoe ‘n ongelooflik lekkerte dit was om só bemind te gevoel het?!
 Ek lees nou die dag hierdie raak:Yes we are friends and I do like to pass the day with you in serious and inconsequential chatter. I wouldn’t mind washing up beside you, dusting beside you, reading the back half of the paper while you read the front. We are friends… I don’t ever want to lose this happy space where I have found someone who is smart and easy and doesn’t bother to check her diary when we arrange to meet.
 
Vir jou my Eiste, is ek baie baie lief!
Vir jou my Eiste, gaan ek so oneindig verskriklik baie mis!
Wie gaan as hy sy foon optel en gesien het dis ek wat bel sommer nog voor die groetslag in die foon gil : “Ek’s lief vir jou my BB”??
Wie gaan Lily Marlene saam met my sing en trane in sy oë daaroor kry oor ek dit dan kwansuis nog ‘mooier’ doen as Marlene Dietrich haarselwers??
Wie gaan, as ek op sy skouer kom huil oor die kleinste nuttelooste ou wroeging in my lewe saamstem en sê: “Dis sommer kak vannie duiwel my BB!!”??
Wie gaan almal wat my seermaak in hulle moere instuur en as ek weer vrede gemaak het, netso daarvan vergeet en te bly wees dat die dinge uitgesort is??
Wie gaan vir my sms’e en emails stuur van kaal manne net oor dit vir hom mooi is en sy gat aflag oor hy weet ek gaan wipperig wees en té flabbergasted om te weet watter knoppie om te druk om dit van my skerm af te vee??
Wie gaan my gesig so tussen sy hande vashou en my in die oë kyk en vir my sê: “Jy is my mooiste, mooiste BB – as ek straight was het ek jou so waaragtig gespyker!”??
Wie gaan my Vrydagmiddae sms al weet hy ek’s op pad vir ons koffie afspraak en vra : “Waar de donner is jy my BB??? Hoe lank gaan jy die antie laat wag??” (en dan’s ek nie eers laat nie!!)?? 
Wie, my Eiste??
Wie???

 


20 Responses to “Wie???”


  1. October 9, 2008 at 3:29 pm

    Ai, BB. Niks wat ek se, gaan dit beter maak nie. Maar jy het ‘n pragtige ‘tribute’ geskryf. Ek dink aan jou. x

  2. 2 Toggs
    October 9, 2008 at 4:05 pm

    My hart gaan uit na jou

  3. October 9, 2008 at 4:09 pm

    (((BB)))

  4. 4 Roer
    October 9, 2008 at 4:21 pm

    (((Beepstes))) Ek is jammer oor jou maatjie.😥 Dink aan jou.

  5. 5 Krista
    October 9, 2008 at 5:06 pm

    “Wie gaan almal wat my seermaak in hulle moere instuur?”

    Ekke sal! Ek weet dit sal nie halfpad dieselle wees nie, maar ek kan try . . . daar is nog die kwessie van die piksteel langs die bakkie se seat . . . Ons haal hulle uit!😉

    (((((((BB)))))

  6. October 9, 2008 at 5:47 pm

    Liewe BB.
    Ek onthou nog so rukkie terug toe jy oor Jani geskryf het en haar met haar verjaardag geluk gewens het.
    Wat ‘n wonderlike ode aan ‘n beste maat. Mooier kan dit nie. En wat ‘n voorreg om saam ‘n pad te geloop het.
    Baie liefde en sterkte liewe BB.

  7. October 9, 2008 at 6:11 pm

    (((((((((((BB)))))))))) Kan niks eers sê om jou beter te laat voel nie…

  8. 8 eilandkind
    October 9, 2008 at 8:16 pm

    sjoe, as ons elkeen maar so ‘n eerbewys kan kry wanneer ons sterf. Sterkte, mag jy weer iemand vind wat ‘n klein bietjie of sommer verskriklik baie, van daardie liefde vir jou terug gee.

  9. 9 ELF
    October 10, 2008 at 8:52 am

    Ag nee, nie Jani nie. Ek refresh die blad om te kyk (in die hoop) dat dit dalk weer verjaartyd is (ek onthou ook nog die foto van die vorige post) ek dink nog by myself ‘how time flies’ maar die woorde op die skerm wil nie sync met die wat ek daar wil sien nie .. dit kan tog nie.

    Ons almal het Jani’s in ons lewens .. sonkinders .. wat soos die son self skyn, has been there ever since you can remember .. en iewers kondisioneer mens jouself om te glo hulle gaan soos die son more steeds daar wees, en die dag daarna.

    Ek weet hoe ongelooflik spesiaal hierdie band vir jou was .. is. Maar ek glo Jani staan steeds reg voor jou, hy praat net nie meer ons taal nie. Trooswoorde, maar dit vat nie die seer weg nie, vul nie die leemte nie. Ek weet BB.

    Hmmm, mens sou jouself wou wysmaak en comfort met die wete dat hy nou tussen die Engele is .. maar ek dink hy is besig om hulle te vertel van die engel wat hy op aarde moes agterlaat. Alle krag en sterkte word jou toegebid (( BB )). x

  10. October 10, 2008 at 10:07 am

    ((BB)) Ek is so jammer oor jou verlies.

  11. October 10, 2008 at 10:54 am

    Ek is baie jammer oor die verlies van jou maatjie (((Bieps)))

    Liefde en Sterkte

  12. October 10, 2008 at 1:10 pm

    ((BB))

    Soos jy altyd groet, “Hello julle aller mooistes”,wil ek net vir jou vra om die mooiste te onthou wat daar was. Dit kan niemand van jou wegvat nie.

    Sterkte en vertroosting vir jou in die tyd.

  13. October 11, 2008 at 12:26 am

    Hierdie is die allermooiste ode wat jy geskryf het. Ek glo dat Janie dit kan lees daar waar hy is. Sterkte!

  14. October 12, 2008 at 10:52 pm

    ((((BB))))

  15. October 14, 2008 at 9:25 am

    Strongz ou BB – wat ‘n voorreg om wel so iemand te kon ken. Laat die legacy voortleef deur die tye nooit te vergeet nie.

  16. 16 BB
    October 14, 2008 at 11:43 am

    Dankie vir elkeen van julle se omgee! Julle maak my hart só vol – elke keer as ek weer lees, loop hy oor… x

  17. October 14, 2008 at 1:14 pm

    Dit is Jani daar regs op die foto xh

  18. 18 BB
    October 14, 2008 at 1:26 pm

    Jip, my Love, en hy’t so gevrek oor die groot stil sterk reus daar in die middel😉
    It takes a really big man to not feel intimidated by a small little ‘moffie’ he used to say… and : “My BB, daai man van jou se hart is groter as sy lyf! Hou, my BB, HOU!!”.😀😦

  19. 19 anne
    October 14, 2008 at 5:44 pm

    yor!

  20. October 21, 2008 at 8:09 am

    Dis kosbaar om so ‘n pel te he! Herinneringe wat nooit vergaan nie! Sterkte BB! Ek sal wat gee vir so ‘n vertrouelikng, maat en kameraad, ‘n alles-in-een-iemand!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


October 2008
M T W T F S S
« Sep   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: