03
Nov
08

Daar’s nie brieke nie…


Ons is STOM – wel, Helge is gewoonlik heel stom😉 – stil en bedeesd, maar ek is die een wat meesal nie genoeg ure in die dag het vir al die woorde wat ek moet uiter nie, hetsy verbaal, op papier of sommer in die kop – ek praat aaneen en aanhoudend – daar’s nie brieke nie – Maar die ‘Narcies’ (Helge se troetelnaam vir dié een méés awesome samevoeging van twee mense wat tans hierdie aardbol bewandel) het my nou letterlik en figuurlik ge’briek’.

Waar op dees aardbol bel jy iemand in ‘n oomblik van wanhoop op ‘n heilige Sondag omdat jou kar yster-op-yster-hoendervleis-krysende geluide maak as jy tot stilstand wil kom en jy weet jou brieke is gedaan en jy weet jy mag wettiglik nie een tree verder ry nie, want jy gaan óf op God’s genade oor ‘n rooi robot seil óf iemand anders se kattebak van jou enjinkap moet afskil indien jy wel weer ‘gou-gou’ iewers moet heen?

Maar dis nie dit alleen wat ons stomgeslaan het nie… almal het mos sulke vriende. Dan nie??? Die hulp is ons baie dankbaar voor, ja. Die vanselfsprekendheid waarmee dit gedoen is, het ons gehumble, maar dit wat tot totale stomheid geruk het – ons ootmoedig het, meer as enige iets nog ooit in die lewe, was nie die eenvoudige vervanging van brieke op ‘n Sondagmiddag nie – dit was hierdie woorde: so eerlik en opreg geuiter: “Ons is bly julle het ons gebel”. en “‘Narcie’ sê die feit dat julle gevra het is dankie genoeg”😕

Jy staan met ‘n gevoel van: “Are these people for REAL??”. Want so goed en gaaf en gewillig en vrygewig (soms met ‘n sug of 2) as wat ek possibly kan wees (en partykeer moet Helge keer of ek gee die kitchen sink ook weg😆 ), het ek nog nóóit in my hele lewe so iets gehoor nie, nevermind uitgespreek nie (dankie dat jy my vir hulp vra? dankie dat jy my vertrou om jou te help? dankie dat ek vir jou van diens/nut kan wees?  en leer ek in amper ‘n halfeeu op aarde hierdie een nuwe les: Ware vriende het nie brieke nie.

Die vraag is nie of ek sulke vriende het nie… die vraag is of ek/ons sulke vriende IS.

Steeds speechless & humble

Die uwe


18 Responses to “Daar’s nie brieke nie…”


  1. November 3, 2008 at 11:54 am

    Dis fantasties om sulke wonderlike mense in jou lewe te hê!

    Ek probeer altyd hard om ook so vriend te wees! Friends till the end!
    Ware vriende, mense wat nog omgee. Daar is nog van hulle Biebs, net baie dun gesaai.

    As ek hulle gekry het, draai ek hulle graag in watte toe!!🙂

  2. November 3, 2008 at 1:34 pm

    Real friendship is shown in times of trouble, prosperity is full of friends. (Euripedes) of hierdie is my gunsteling: A true friend is the greatest of all blessings, and that which we take the least care of all to acquire. (François DucdeLa Rochefoucauld, ek hoop dit is reg gespel) Dis die kosbaarste skat buiten jou kinders wat enigiemand kan hê, wees dankbaar en waardeer Biebs… Hulle is so special!

  3. November 3, 2008 at 2:00 pm

    Waardeer hulle, koester hulle!! Soms dink mens jy het sulke vriende, maar moet dan tydens die nood besef, hulle was net meer bek as binnegoed!

  4. 4 BB
    November 3, 2008 at 2:03 pm

    Hierdie twee het soveel binnegoed Ters, daar issie plek vir bek nie😆

  5. November 3, 2008 at 3:01 pm

    Jy is bevoorreg om sulke vriende te hê. So baie mense sê “jy kan maar enige tyd bel, maak nie saak of dit in die middel van die nag is nie…” en dan try jy dit EEN keer omdat jy nie ‘n ander keuse het nie, en jy hoor nooit die einde daarvan nie, so asof jy vir die res van jou lewe dankie moet sê daarvoor… sulke vriende het mens nie nodig nie.

    Jy het die regtes gekry. Jy is bevoorreg. Geniet hulle!😉

  6. 6 Krista
    November 3, 2008 at 6:37 pm

    /me r confused . . . aren’t all real friends supposed to act like this?

    ((BB))

  7. 7 Narcie
    November 3, 2008 at 6:47 pm

    [curtsy]

  8. 8 BB
    November 4, 2008 at 7:17 am

    Ja jong Vriending… and I’ve always considered myself a relatively good friend to my friends, but nee, ek het nog nooit een van my vriende BEDANK oor hulle my vir hulp gevra het nie😕 – that is friendship damn yl gesaai… that is the proverbial “la cerise sur le gâteau”!!

  9. November 4, 2008 at 9:18 am

    Jissie ja, dis nou ‘n ding. Miskien moet ons almal daai ene uiter die volgende keer wat iemand ons om hulp vra.

    Nou is my penarie, die bergie op die straathoek is tien teen een die volgende ou wat my gaan vra: ‘help my asb met geld vir ‘n broodjie’ terwyl ek terugsteier teen die drankwalms in my gesig.

    ‘Dankie dat jy my gevra het, maar ek gee NET geld vir drank, nie vir broodjies nie’

    WTF!

    Spaghetti stringe morele kwessies. Tog is ek bly jy het ‘n mooi storie om te skryf hieroor. Imagine die verhaal as jy in die ou voor jou vasgeskuur het! Lelike dinge. Ek wil nie eens imagine nie.

  10. November 4, 2008 at 9:20 pm

    “Ware vriende het nie brieke nie.” Dis een van die mooiste uitdrukkings wat ek al gelees het. Sulke vriende is voorwaar yl gesaai.

  11. November 5, 2008 at 7:20 am

    Ek like ook die ware vriende het nie brieke nie. Ek dink mens begin naderhand, veral as jy kyk na vrienskappe van 15, 20 jaar dinge vanselfsprekend beskou. Hierdie is dalk net ‘n goeie herinnering aan almal om weer bietjie te dink, en dankie te sê.
    Jou laaste sin is die treffenste…Is ek so ‘n vriend?

  12. November 5, 2008 at 7:56 am

    My BB ek weet dat jy so n vriend is vir baie ( en die ergste is die meeste van hulle waardeer dit nie eers altyd nie )Love you xxxh

  13. November 5, 2008 at 9:18 am

    Die Narcies en jy is van die min, wat ek ken, wat net hart en binnegoed is……beslis geen bek! Ek laaik julle, net jammer mens sien mekaar so min! Dalk moet ons iets inwerk voor Krismis!

  14. 14 Jaco
    November 5, 2008 at 11:57 am

    Dit is soos BTTB sê, jy IS so ‘n vriendin vir baie. En die groot boek vertel tog immers dat jy sal maai wat jy saai, dat jy aan ander moet doen wat jy aan jouself gedoen wil hê.
    Nee wat Beebs, ek dink oestyd het maar net vir jou aangebreek.

  15. 15 BB
    November 5, 2008 at 12:15 pm

    Lord, let it rain softly, let me reap all my life
    for I’ve had it with hail and storm and strife
    let my ‘ups’ be abundant and my ‘downs’ be gone
    ’cause with friends like these – my harvest is come!!:mrgreen:

  16. November 6, 2008 at 7:33 am

    A Wish for a Friend

    Wishing you a rainbow
    For sunlight after showers—
    Miles and miles of Irish smiles
    For golden happy hours—
    Shamrocks at your doorway
    For luck and laughter too,
    And a host of friends that never ends
    Each day your whole life through!

    – ‘n Ou Ierse Wens –

  17. 17 rb
    November 7, 2008 at 9:15 am

    Sulke vriende is skaars.
    Ons het sulke vriende in die Kaap. Jammer dit is so ver en ons sien mekaar heeltemal te min.

  18. 18 Jo-Ann Schou
    November 21, 2008 at 8:52 pm

    Hi BB!

    Ek het met so pa en ma grootgeword en hoop dat ek dit kan regkry om so voort te doen. Dit is ‘n ander rykdom.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


November 2008
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: