13
Nov
08

NO, I’m not a Bitch!!


Al wat ‘n girl is, het seker al hierdie in die een of ander vorm per epos gekry of voor oë gehad. En al wat ‘n girl is, het seker al daaroor geglimlag en dié benaming half koesterend en half instemmend ‘aangeneem’. 

bitch7HUH???😕

Hier ‘n bietjie agtergrond:

The term “bitch” comes from the 1150 word bicche, which was developed from the Old English word bicce. It has been derived from the Old Icelandic work bikkja for “female dog.” The phrase “son of a bitch” dates back to its use in Of Arthour & Merlin c. 1330.

The word “bitch” has long been in use to refer to a woman in contempt, as shown in an 1811 dictionary which describes bitch as “the most offensive appellation that can be given to a woman, even more provoking than that of whore.

SO, WHAT HAPPENED??🙄

Wanneer het een van dié mees vernederende en beledigende benamings van alle tye in ‘n ‘brand name’ verander? Wanneer het vroue besluit dat hulle die woord eervermelding-status sal gee?

Ek het self ‘n soortgelyke t-hemp besit jare gelede:

bitch2

(Ek het hom net een keer (vir ‘n halfuur) ‘trots’ gedra. My destydse verloofde het amper ‘n aapstuipe gekry en geweier dat ek só saam met hom uitgaan😦 – ek kon gladnie verstaan wat sy probleem daarmee was nie – hy het my mos gekén, dan nie? Hy, van alle mense, het mos van beter geweet, dan nie? “Juis”, het hy gesê, “JUIS!”.

Ek het die ding wipperig in my kas gegooi en so het daardie tshirt rondgeswerf in my wardrobe vir ‘n goeie 10-20 jaar – dit was, alhoewel dit ‘n argument veroorsaak het, een van daardie items wat bittersweet memories opgetower het – herinneringe van wie en wát ek vir iemand was en dat nie eens ekself toegelaat sou weord om op watter humoristiese wyse ookal, my te te kom nie. En hoe ouer ek word, hoe meer deernisvol raak daardie gewaarwording en verstáán ek nou…

EK weet dat ons almal deur fases gaan – ek beleef en herleef dit met die kinders ook – die kleintjie wil met alle mag en geweld ‘n “Bad Boy” t-hemp hê – gaan lees bietjie hier by die Wosonki’s (en die kommentaar) meer daaroor – dis juis die comments wat aanleiding gegee tot hierdie inskrywing. Dit het my net laat dink: as ek my kind ‘n “bad boy” noem, bewe die bo-lippie, kom daar trane in die oë en volg die ‘sulk’ – daar is GEEN mooi manier en geen rede hoekom ek selfs tong-in-die-kies all-smiles vir hom dit sou sê nie. Maar die t-hemp dra hy met trots en so ‘n stoute glimlag om die oë😕

‘Self-derogatory’ – veragtend, vernederend het om die een of ander duistere rede in ‘n (self) kompliment verander:

bitch4

Maar laat iemand jou nou regtig dalk in die verkeer, of elders in die openbaar ‘n “bitch” noem?? Hoe klink dit dan vir jou? Respekvol? Eerbetonend?? Of gaan jy kom met “My ma het altyd gesê dis nie wát jy sê, maar hóé jy dit sê!”

Bulldust!! As iemand my dit noem, bedoel hulle dit nie “in the nicest possible way nie” en as ek myself dit noem, kan ek dit met die beste wil in die wêreld nie met self-respek konnoteer nie.

‘Hulle’ sê: “If you hear/say something often enough, you will eventually believe it and you will start acting on it”.

bitch6

Ek kén self-trained bitches – ‘n hele paar. Hulle sal wyd en suid aan elkeen wat wil weet of hoor (ook dié wat nie wil weet of hoor nie) verkondig dat hulle ‘n ‘bitch’ is. Hulle het hulle eie tot-glasie in die kroeg by die huis; hulle het ‘n fotoraam op die bedkassie wat sê: “That’s QUEEN BITCH to you!!” en hulle koffiebeker “100% Bitch and proud of it” (wat hulle wederhelfte gekoop het vir ‘n verjaarsdag)🙄 . (Stomme sot:mrgreen: )

 Ja, ek verstaan ons wil nie almal gedurigdeur as ‘Goody-two-shoes’ bekend staan nie. Veral nie wanneer ons in ‘n fase van oorlewing is nie – dis daardie tye wat ons op ons swakste is… en ons voel ons moet self-verklarend, self-vergeldend wees en die wêreld laat verstaan dat ons na onsself kan kyk, dankie.

bitch52

 Ek gee nie om of jy jouself as een verklaar nie, maar as jy vir my ‘n soortgelyke epos stuur, assossieer jy my vaagweg met einste benaming en sien ek dit as ‘n belediging – al voel jy dat jy met die glitterprentjie en oulike verklarings van die idiotiese akroniem waarde aan my selfbeeld toevoeg.

Nee, ek gaan nie die .jpg uitdruk en teen my liasseerkabinet plak nie. Nee, ek gaan nie die t-hemp of pet dra nie. Nee wat, ek is heel gelukkig en tevrede met myself en my omstandighede dankie en ek het nie nodig om myself te ‘label’ vir selfregverdiging of vir slegte gedrag nie.

Selfs al voel ek dat ek jou moet aanspreek of teregwys, al dink ek dat ek myself die reg mag toeeïen om jou op jou soom wat uitrafel te wys, jou ekstra rolletjies om jou middelrif, jou oordonderende lipstick, jou kekkellaggie of jou sweetreukie na ‘n gym-sessie, jou onvermoë om in jou baan te ry of om parallel te parkeer… ek sal dit vir jou vertel soos ek graag vertel sou wou word. Van ‘bitch’-wees moet ek nog leer – ek kan nie… al wil ek. En ek wil nie!

My antwoord op daardie epossie wat in die Onderwerp blokkie verklaar: “I’m a BITCH – and proud of it”😕

“I’m NOT a bitch – deal with it!!!”

notbitch

(Afterthought: Mag ek nooit ‘n Bitch wees nie – en mag dié behoed word wat my pad kruis, ás ek dalk eendag in een ontaard:mrgreen: )


7 Responses to “NO, I’m not a Bitch!!”


  1. 1 Alda Augustyn
    November 13, 2008 at 4:01 pm

    Hi daar! Ek lees graag hier by jou ook…al lewer ek nie altyd kommentaar nie, geniet ek dit vrek baie! Hierdie inskrywing van jou is SUPERB! Doe zo voort!

  2. November 13, 2008 at 6:18 pm

    /me knik.

  3. November 13, 2008 at 7:24 pm

    As ‘n man en ‘n vrou baklei/stry/verskil/watookal dan kan hy haar ‘n b-with-an-itch noem, maar wat kan sy hom noem met dieselfde trefkrag? Niks. Die gevolg is word OF smoor kwaad OF adapt. Hence het ek ook die motto aangeneem van “you say it like it’s a bad thing”. Ek het opinies en as ek elke keer ‘n you-know-what genoem gaan word as gevolg daarvan, hey, spot the worry.😉

    Wat ek se^ is ek dink vrouens het die benaming met ‘trots’ begin dra as ‘n defence mechanism.

  4. November 14, 2008 at 1:39 am

    Hmmm…ek stem nogal saam met Roer.

    Ek dink ook ek is ‘n bitch, maar na jou posting sal ek myself ook eerder beskryf as ‘giftedly outspoken’. 😉

  5. November 14, 2008 at 1:44 pm

    Goeie post!!!

  6. November 19, 2008 at 7:53 am

    Amen suster, amen!

  7. 7 Zee
    November 23, 2008 at 5:50 pm

    Nou weet ek nie of ek ‘n “Babes in total control of herself ” of “I’m not a bitch, I’m just giftedly outspoken” moet wees nie😆


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


November 2008
M T W T F S S
« Oct   Dec »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930

Archives

Blog Stats

  • 153,361 hits

%d bloggers like this: