08
Dec
08

‘n les in tuinmaak…


mustardseed

Ons is albei maar onkundig as dit by tuin en plante kom. Groen vingers is daar beslis nie sprake van nie. Helge sny die grasperk soos en wanneer dit nodig raak – en as ons ou Loskoppie se dop nie meer sigbaar is tussen die lang grasse al met die muur langs, haal hy die weed-eater ook uit…

Op ‘n goeie Sondag, sal ons ‘n kwekery besoek, maar die voorvereiste bly ‘n cozy coffeeshop op die perseel of ten minste in die omgewing. Dan kies ons een of twee mooi struikies of bossies en plant dit vol opwinding in sy voorafbeplande plekkie. Ons gee water, hou die onkruid (en Blue en die skilpaaie) sovêr ons kan uit die beddings uit en put totale vreugde uit daardie bossie.

Elke blaartjie wat uitstoot, sien ons raak. As hy ‘n blommetjie maak sal ons totale vreugde daaruit put. Kyk, my Love, die bougainville het ‘n nuwe loot gegroei. Sien jy jou vygie het drie!! blommetjies bygekry!! Maar nee, ons TUIN nie; nie regtig nie. Die meeste van ons plantjies groei waarskynlik slegs omdat ons dit saam in die grond ingedruk het en die ou dingetjie té sleg voel om te vrek, oor dit weet, dis nie BB se roosboom of Helge se Malva nie, maar ‘hulle’ se zebrabossie… dit sál groei en dit sál lewe, want dis gebless met twee paar hande wat dit sáám gekies en saam geplant het.

Die een voorvereiste is natuurlik die plek en voorbereiding daarvan. Die tweede vereiste is gereelde watervoorsiening…

Vanoggend, toe ek die tuintjie so met die uitstapslag aanskou, is dit so asof hierdie prentjie in my hart kom sit het:

God het lank lank gelede eendag op ‘n luilekker Sondag op Sy stoepie gesit en uitkyk en besluit: “Hmmm, dáár, nét dáár gaan Ek ‘n plekkie voorberei. Jip, dáárdie is die ideale plekkie vir ‘n ‘H&B’ liefdesplantjie!!” En HY’t die plekkie omgespit, die onkruid uitgehaal, ‘n gat gegrawe, kompos ingewerk en die saadjie geplant.

En toe daardie plantjie nog jonk was, moes HY kort-kort vir H of B herinner om die onkruid, wat steeds aanhoudend en hardnekkig kop uitsteek en dreig om die plantjie te verdruk, wortel en al uit te roei en aan te hou uittrek, totdat die plantjie sterk genoeg was om te survive ongeag die onkruid. En HY’t vir hulle ‘n bodemlose gieter gegee – die enigste ‘catch’: Hulle sou self die ding moes optel en water gee. Hulle moes heeltyd self die grond se voginhoud en droogte meet en die plantjie se behoefte vir water bepaal. BB het baie keer kop-in-die-wolke vergeet en seker heimlik gehoop dat onverwagse reënbuie genoeg sou wees, maar nie Helge nie. Hy troetel daardie plantjie! Hy gee water. Hy roei steeds onkruid doelgerig uit. Hy bemes die lappie grond rondom die plantjie ywerig. Hy hou die weervoorspelling noukeurig dop en maak voorsiening vir fel sonskyndae en gietende reënbuie – hy sorg dat die plantjie nie skroei of versuip nie. En hy leer vir BB geduldig dat ‘n plantjie eers ‘n behoorlike stam moet ontwikkel voor hy ‘n blarekroon kan dra.

Hy dra nie net die spreekwoordelike broek in die huis nie, maar ook die gieter. Dié dra hy sonder teënstribbeling en sonder huiwering – doelbewus en met toewyding – met die een doel voor oë: om daardie plantjie aan die lewe te hou en te laat groei tot die hoogtes waarvoor dit geplant is.

You my Heart, can teach a few people quite a number of lessons in gardening…  You have proven that one does not need ‘green fingers’ for immeasurable growth of the loving kind.

Love is like a mustard seed ~
planted by God
and watered by man

– Muda Saint Michael –


12 Responses to “‘n les in tuinmaak…”


  1. December 8, 2008 at 11:32 am

    I am speechless!!! BB wat ‘n wonderlike les wat jy vandag vir my geleer het. Hierdie een sal ek NOOIT vergeet nie!

  2. December 8, 2008 at 11:43 am

    Dit is great om te weet dat God ons hier op die aarde geplaas het om daaroor te heers, daarvoor om te gee en te sorg dat dinge reg verloop in God se tuin.

  3. 3 Jaco
    December 8, 2008 at 11:59 am

    Jou Helge kan vir baie van ons jonger generasie manne ‘n paar lewenslessies leer. Ek dink byvoorbeeld aan humility en determination om vinnig twee te noem.
    En terwyl ek nou die heuningkwas uit het, bless you omdat jy vir Helgard die geleentheid gee om te wees wie hy is.

    Julle is albei spesiaal en dit is ons voorreg om julle te ken.

  4. December 8, 2008 at 11:59 am

    Iemand wat ‘n hart het vir die grond, het ‘n hart vir die wereld… xxx

  5. 5 BB
    December 8, 2008 at 12:12 pm

    ((( die Narcies )))😳

  6. 6 Krista
    December 8, 2008 at 9:01 pm

    Julle is amazing! Wat ‘n voorbeeld vir ons “mere mortals” om na te streef . . . !

  7. December 9, 2008 at 7:21 am

    WOW. Vir die wat nog nie het nie, is dit die PERFEKTE tyd avn die jaar om daai vurkies te gryp en al hierdie jaar se onkruid uit ons lewens verwyder.

  8. December 9, 2008 at 10:30 am

    Dagse BB

    Dankie vir die inspirasie wat julle laat vir ander om nie net te sien wat die liefde behoort te wees nie maar ook hoe om ding saam te doen.😉

    Groete

  9. 9 Roer
    December 9, 2008 at 3:04 pm

    Die Joyce Meyer van die blogdorp. Dais jy. Dankie Beebs en geseEnde Kersfees vir julle ook. xx

  10. 10 BB
    December 9, 2008 at 3:25 pm

    Jy honor my regtig deeply Roertjie!! Antie Joyce is my favorite spiritual (en mental:mrgreen: ) guide en mentor – ek luister haar elke middag 16:00 op pad huistoe en kry elke oggend haar inspirationals… ek kan nie vir jou sê hoeveel keer en hoe gereeld daai antie my oor die vingers raps met haar profound truths nie! Daai vrou het my geleer dankbaar wees in die mees ondankbare situasies en happy in die mees sielswroegende oomblikke van my lewe – en nee, sy gaan my nie in die hemel kry nie, maar sy’t ‘n enormous aandeel daaraan dat my lewe op aarde bietjies-bietjies na hemel proe, omdat sy my sintuie help oopmaak het vir die al die joys.
    Dankie weer! xx

  11. December 9, 2008 at 7:03 pm

    Weet nie of jy weet nie Biebs, maar sy is Sondae oggende vroeg (ek het kinders wat baaaaie vroeg opstaan so vergewe as ek nie die presiese tyd weet nie…) op ETV (of all places)! Ek lief ook daardie vrou stukkend. Sy is vir my ‘n inspirasie…

  12. December 10, 2008 at 8:00 pm

    Hoe op aarde het ek hierdie gem van ‘n inskrywing gemis?? 😯 Dis beautiful, Beebs!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


December 2008
M T W T F S S
« Nov   Jan »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: