10
Dec
08

Kersfees Rympie Tyd


jingle_bells

1. Jingle bells, jingle bells,
jingle all the way!
O what fun it is to ride
In a one-horse open sleigh

2. So, I’m gettin’ nuttin’ for Christmas
Mommy and Daddy are mad.
I’m gettin’ nuttin’ for Christmas
‘Cause I ain’t been nuttin’ but bad.

3. O! You better watch out!
You better not cry.
Better not pout, I’m telling you why:
Santa Claus is coming to town!

4. Deck the halls with boughs of holly
  Fa-la-la-la-la, la-la-la-la
‘Tis the season to be jolly
  Fa-la-la-la-la, la-la-la-la

Ok, jou beurt!  Jy vertaal die rympie/liedjie van jou keuse in Afrikaans…

Myne:

1. Klokkies beier, klokkies klingel,

kersfeesklokkies lui…

O, maar dit is groot vet pret

om op ‘n donkiekar te ry! Hey! 

:mrgreen:

(Onthou net: ek moet jou ‘skepping’ darem nog op sy ou bekende wysie kan sing!!)

Voetnota aan Helge:  “Dis al” is NIE ‘n Christmas carol nie!!😉 (don’t go there!!)


23 Responses to “Kersfees Rympie Tyd”


  1. December 10, 2008 at 12:14 pm

    Nee wat. Al instrument wat ek kan speel is die radio in my kar. Ek los dit maar vir die mense met die musiek talent

  2. December 10, 2008 at 12:42 pm

    Tooi die gange met doringtakke
    Fa-la-la-la-la, la-la-la-la
    Want dis Kersfeestyd in Afrikakka
    Fa-la-la-la-la, la-la-la-la
    :mrgreen:

    Ek dink ek moet eerder verby hou… 🙄

  3. December 10, 2008 at 1:21 pm

    Die naaste wat ek kan kom aan een, is die ene wat die kids gesing het toe hulle nog kleiner was:

    Jingle bells, jongle bells,
    Jingle all the way
    Vader Krismis slaan my disnis
    In die Pick ‘n’ Pay!
    😯

  4. 4 Jaco
    December 10, 2008 at 1:38 pm

    Krismis het gekom en krismis het gegaan.
    Dis al:mrgreen:

  5. 5 BB
    December 10, 2008 at 1:55 pm

    Jy sóék vir my Narciepit!!!👿
    (en hoe humm ek nogal daai een???😆

  6. 6 Jaco
    December 10, 2008 at 2:00 pm

    Sorry, ek skoor sommer net. Jy kan daai komposisie humm nes jy wil, brilliant né?

    Ok kom ons traai ‘n ernstiger comment:

    Jy beter wyd kyk!
    Jy beter niks huil.
    Stop die gepruil dan sê ek jou gou:
    Sinterklaas kom ons nog besoek!

    Howzat?

  7. 7 BB
    December 10, 2008 at 2:08 pm

    Hahaha!! Dit rym nie!!!… maar dit humm darem🙄

  8. December 10, 2008 at 2:10 pm

    O nee koek!!!

    Rudie die rooineus takbok
    Se neusie wil nie ophou blink
    Moenie te naby gaan nie
    Dis baie erger as’wat jy dink

    Kyk al die ander bokkies
    Lag vir hom en noem hom dom
    Hy mag ook nooit saam speel nie
    Hulle spot en terg vir hom

    Een aand dit was toe Kersfees
    Kom ‘n vet baardman daar aan
    “Rudie jou blinkneus bokkie!
    Wil jy in die voorry staan?”

    Toes al die ander bokkies
    So jaloers hul kan klippe eet
    Moenie met ander spot nie!
    Dis die les wat ons moet leer!

  9. December 10, 2008 at 2:11 pm

    Dis fun, ek kom netnou weer!!!

  10. 10 Jaco
    December 10, 2008 at 2:14 pm

    Dit is op die wysie is dit nie? Waarvoor moet dit nou nog rym ook?
    Nee wat ek loop eerder, julle arty types is veels te demanding.

  11. 11 BB
    December 10, 2008 at 2:16 pm

    WOW!!😯 Jy is ‘n true poet Pikkie!!

    Aggenee man Narcie! Jy’t dan nou so mooi reggekom!!
    en jy hoef niks te bewys nie – jy’s laaaankal ‘n skrywer van formaat!! (rym of te not):mrgreen:

  12. December 10, 2008 at 3:59 pm

    👿 Ek het so briljante komposisie gehad, en nou le hy en vergaan in jou moderation boksie!!!

  13. December 10, 2008 at 4:37 pm

    Hang kosyne vol van blare
    Fa la la la la, la la la la.
    Roep hul almal bring ‘n skare
    Fa la la la la, la la la la.
    Trek nou aan jou beste klere
    Fa la la la la, la la la la.
    Sing van seisoene wat verander
    Fa la la la la, la la la la.
    Kyk die son hy bly daar stilstaan
    Fa la la la la, la la la la.
    Maak musiek en sing die liedjies
    Fa la la la la, la la la la.
    Wees ook bly en vrolik mense
    Fa la la la la, la la la la.
    Ek vertel die storie van seisoene
    Fa la la la la, la la la la.
    Vinnig sien die jaar sy alie
    Fa la la la la, la la la la.
    Seuns en dogters hiekom die nuwe
    Fa la la la la, la la la la.
    Sing nou saam van pure vreugde
    Fa la la la la, la la la la.
    Ek hoop jou jaar is vol van vrede
    Fa la la la la, la la la la.

    (OK dit rym nie maar dit was damn moeilik, ek moes eers al die Gothic woorde gaan naslaan… 😈 )

  14. December 10, 2008 at 7:50 pm

    Op Jingle Bells se wysie:

    Selfoon lui, selfoon lui,
    selfoon maak my mal
    Wonder wat het hom besiel
    om my so te laat ly…
    O Selfoon lui, selfoon lui
    Santa kort ‘n dop
    as ek hom kry rol ek hom op
    en seël hom met ‘n prop! 😈

  15. December 10, 2008 at 10:09 pm

    Baie geluk!! http://pik234kelik.wordpress.com/2008/12/10/die-drie-nee-vier-goed-en-toekennings/

  16. December 11, 2008 at 7:42 am

    Aanstap rooies
    Die pad is lank en swaar
    ens.

    Dis al

    xxh

    • 17 BB
      December 11, 2008 at 8:28 am

      😆 I give up!!!😕

      (Hierdie man het ‘n krismis spirit soos die paashaas, cupid en die tooth-fairy – als in een – hy is SERIOUSLY con-fu-sed assit kom by die sentimentalities van feesdae – maar die WONDERLIKSTE van als is dit: Waar op aarde kry jy nog ‘n man wat vir jou op VALENTYNSDAG Lebkuchenherzen (eg tradisionele duitse spice KERSFEES!! koekies – sjokolade-coated hartjies) by ‘n Deli loop koop oor hy weet jy vrek daaroor en dis darem heart-shaped!!🙄 )
      Ek MIN jou mein Herz! Soooooo vreeslik baie!! en dis nie AL nie…😳

  17. December 11, 2008 at 8:44 am

    ROFL @ Bad to the bone!!! Biebs treasure hom, hy is priceless!!!

  18. 19 Krista
    December 11, 2008 at 9:57 am

    Ok, hier is my bydrae van “I saw mommy kissing Santa Claus:

    Ek sien mamma soen vir Sinterklaas
    Vreemde man in rooi pak is die baas
    Sy’t my nie gesien afloer
    Dit was ‘n baie groot rumoer
    Ek moes dan in my bed wees
    Sonder ‘n lig om by te lees

    Ek sien mamma kielie Sinterklaas
    Op sy boeppens mooi in rooi geklee
    Wat ‘n grap sou dit dan wees
    As pappa dit kon sien
    Gisteraand sou mamma Sinterklasie oopbek soen

    Jy moet maar opwen en briek waar dit moet om dit te laat pas, maar dis darem daar . . .😉

  19. 20 BB
    December 11, 2008 at 10:13 am

    Heita Vriending!! Jy verstáán dan van Sinterklaas😀 – gaan jy ook Sinterklaas se boepens kielie dié jaar???:mrgreen:

  20. 21 Krista
    December 11, 2008 at 11:24 am

    Nee BB, Sinterklaas verloor nou so gewig, ek sal ‘n ander plek moet kry om te kielie . . .😳

  21. 22 BB
    December 11, 2008 at 11:34 am

    Sinterklaas sonner ‘n boepie is okkie meer Sinterklaas nie😦

    Hmmm… laat my nou wonder… hoekom kan mens jouself nie kielie nie????


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


December 2008
M T W T F S S
« Nov   Jan »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: