11
Dec
08

OG’ge… (Ongewensde geskenke)


OG!! (My kinders het dit altyd gesê as hulle wou sê : “Huh??”, maar hulle moes die ‘pose’  hou – soos in “Ongewensde Geskenke” –  – jy maak oop en dan kom die sug “OG“!! – die klank moet ook reg wees, so tussen ‘ek maak of ek excited is en ek is óf heeltemal verstom en weet nie wat op aarde hiermee moet aanvang nie óf ek het eintlik regtig iets heeltemal wonderliks verwag en ja…wel… OG“‘.

xmas-gift-1

Ok, so ek gebruik ook soms OG! maar my OG sê iets heeltemal anders. My OG beteken gewoonlik ek is sprakeloos dankbaar en mal daaroor, maar die kinders het my OG gemisinterpreteer – dié dat hulle steeds praat van OGs of OGge en so net voor Kersfees begin bespiegel by wie, watter OGge hulle te wagte kan wees.

xmas-gift-2

Wat is dié mees teleurstellende, snaakste “OG” wat jy nog ooit vir Kersfees gekry het?? 

xmas-gift-4


19 Responses to “OG’ge… (Ongewensde geskenke)”


  1. December 11, 2008 at 9:03 pm

    OG!! dis ‘n goeie een. as kind het ek gedink die ultimate OG is: enige iets wat jou lekker laat ruik, any female stuff, dis is ou-tannie-goed gewees volgens my. ek het iets lekker gesoek.

  2. 2 BB
    December 12, 2008 at 9:08 am

    Myne was ‘n buisie anti-selluliet gel van Annique…😯 sien jy hoekom ek altyd sê vrouens is vrouens se grootste vyande? No man can hurt a woman, like another woman…
    Anyways – ek is (nou) oor dit (took me a few years though) – but the revenge was sweet😉

  3. 3 BB
    December 12, 2008 at 9:10 am

    HEITA!!! Raai wie’s weer ONLINE????

    Gaan loer hier: http://stevehofmeyr.co.za/

    Mooi gemaak Harves!

  4. December 12, 2008 at 9:34 am

    Ek dink nou al vir hoe lank oor hierdie ene, maar die enigste ding wat vir my “OG” was, was die blerrie handspieëltjie toe ek ‘n fiets wou gehad het, wel, eintlik was dit nie ‘OG’ nie, ek het sn*t en trane getjank. Intussen het ek agtergekom enige geskenkie is kosbaar…. Al is dit sykouse (my ouma se gunsteling, miskien wil sy vir my iets sê mind you) of bubblebath, wat ek tog nie gebruik nie….

  5. 5 Jaco
    December 12, 2008 at 10:11 am

    Ek weet nie/kan nie onthou van te veel wat ek ontvang het nie. Maar as ek so kyk na Lyfie se bokse vol goed in die spaar(lees stoor/opgaar)kamer, dan vermoed ek sy het ‘n hele paar sulkes gekry. Om die saak te vererger herken ek ‘n hele paar van die goed, want ek het dit vir haar gegee😳
    But I am getting better at giving presents, I promise!

  6. December 13, 2008 at 11:09 am

    ‘n Steve CD😉

    Ernstig, ek geniet Steve se musiek, hoor! Ek kan nie regtig onthou og ek ooit so ‘n OG gekry het nie. Meeste mense skenk vir my boeke, wat ek mos gretig verslind. Miskien was daar wel ‘n boek of twee wat as OG kon deurgaan, iets soos ‘n liefdesdriehoekroman wat volgens die Mills & Boon-formula geskrywe is😆

    Dit is seker oor maar meestal vrouens wat ‘n OG kan kry. Ek dink mans is meer prakties ingestel en kan altyd ‘n plan maak met enige OG /ME *koes:mrgreen:

    Geseënde feestyd vir julle!

  7. December 15, 2008 at 12:08 pm

    n Box Cadbury of selfs Lindt balls sal n OG wees – sal maar vir die Narkies gee x

  8. 8 BB
    December 15, 2008 at 12:23 pm

    LOL! Los maar die Narcies uit – hulle ‘straight-n-narrow’ ook mos nou😦 – ek sal maar die opofferinkie moet maak en joune (én hulle s’n) moet eet.
    /me hoop julle 3 kry baaaaaaaaaaie Lindt vir XMas!!!:mrgreen:

  9. December 15, 2008 at 4:56 pm

    Biebs ek is nie vol fiemies met geskenke nie. Maar toe ek klein was sou of liewer het ek sommer in trane uitgebars as iemand vir my skoolgoed present gee.

    Ek is mal oor Lindt balls! Ek is seker Kersvader gaan vir my baie bring:mrgreen: Dit proe soos feëtjie pp – smelt op die tong!! 😆

  10. December 15, 2008 at 6:35 pm

    Dagse BB

    Great beskrywing

    My OG’s is as ek die een honderdste pak sakdoeke kry of sulke langkouse wat die manne jare terug by Safari pakke gedra het.

    Dit le en stof opgaar en jy kan dit vir niemand anders as geskenk gee nie😦

    Sal ook help eet aan die Lindt balletjies en Kersvaders.🙄

    Groete

  11. 11 BB
    December 16, 2008 at 2:54 pm

    Wipneusie – Vir Helge proe ALLES wat hy nie mag eet nie deesdae soos feetjie ‘pp’ – Hmmm – dink nou net aan die Lindt balls in filo-deeg ge-deepfry & bedruip met Amarula wat ek en die Vriending anderdag gehad het… MAGIC!! 8)

  12. December 17, 2008 at 7:07 am

    😆 Ek het al klaar hierdie jaar ‘n OG gekry, en moes my pose baie mooi hou … wat de fok maak ek met ‘n elektroniese sleutelhouer waarop jy van jou gunsteling foto’s kan laai om dit heeldag en aldag te wil bekyk??????????????? Kan die mense nie oplet nie, my enigste sleutel wat wel ‘n houer aanhet is my kar een met die klein botteloopmakertjie…EISHHHHH

  13. December 17, 2008 at 7:09 am

    Mmmmm, jy kan my enige dag daai Lindt Kersvaders en Bokkies gee!

  14. 14 BB
    December 17, 2008 at 7:30 am

    LOL @ DMI!!! Ek hoop nie my virtual(ly) useless t-shirtgeskenke (sien giving…1 etc) gaan op my eie OG-lys beland nie😆

  15. December 17, 2008 at 2:09 pm

    Die enigste OG wat ek gekry het, was my eks se eerste geskenk aan my. Hy was so opgewonde daaroor, het vir dae lank vertel hoe ek my geskenkie gaan ‘geniet’. Ek was later self in ‘n toestand van opgewondenheid, so, imagine my teleurstelling toe ek die pakkie oopmaak en sien dis ‘n …handstort. Van daai plastiekes wat mens soos ‘n kondoom oor die krane moet wurm. Ek het darem my pose gehou en ‘n over the moon uitdrukking op my bakkies geplak. 😉

  16. December 17, 2008 at 6:30 pm

    😆 @ Boendoe…. Ek is besig om my uit lit uit te lag!!! Whahahahaha, dis skreeusnaaks!!!! Hiehiehie…. /me vee trane af… Whahahaha

  17. December 18, 2008 at 7:02 am

    Nooit nie BB, veral nie met al die denke wat oorlopend daarin gaan nie!

  18. 18 BB
    December 18, 2008 at 7:13 am

    Ja, wag jy maar – joune kom nog…:mrgreen: en dan wil ek nie ‘n “OG” uit jou bekkie uit hoor nie, hoo’ djy vi’ my??!!👿


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


December 2008
M T W T F S S
« Nov   Jan »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: