05
Jan
09

Back to Work…


go_to_work

What happened?? What changed since the days we were little ones and were oh so excited to get back to ‘work’ on the first schoolday of a new year?? What’s the difference? We grown-ups get paid afterall😕

back2school

So, bel Erich oor die naweek om te vra of hy met sy geldjie solank winkels toe kan gaan om ‘skool-goete’ te koop. En toe hy vroegaand kom kuier vir ‘n potjie vingerbord en ons chat, seg hy hy kan nie wag vir die skool om te begin nie…

Ok, so die vakansie raak ‘n bietjie lank. Mens kan seker net só lank swem en playstation en leeglê, of hoe dan?? en Verveling is saam met ledigheid die duiwel se oorkussing…

En al het jy allerhande diepsinnige redes vir die happy kindergesiggies op die PEP, JET en CNA – ‘Back 2 School’ advertensies, is hierdie die naderende eerste Skooldag in menigte kindergedagtes so amper-amper gelykstaande in vreugde en afwagting met Kersfees en Paasfees en ‘n Verjaarsdagpartytjie…

Why? Ek kan jou sê wat ek dink: Attitude. Dit het als te doen daarmee dat ‘n kind in staat is om in sy hart ekstaties te raak oor ‘klein skippies’; om nog te kan rondtrippel en slapies te tel en vreugde te vind in die mundane noodsaaklikhede en vrywilliglike verpligtinge.

Ja, ek weet Mamma en Pappa betaal die skoolfonds, koop die spiksplinternuwe klere, die skryfbehoeftes (ALWEER ‘n skêr😯 ?? Hoevéél Pritt kan ‘n kind opeet in die eerste termyn?? Whatever happened to that Budget-pack 20 HB pencils of last year??🙄 ) en die nuwe lunchblikke (trust me, Tupperware is NIE ‘n opsie NIE!! – koop daai bruinpapiersakke wat so reminiscent is van movie-lunches – en verskoon my, wat wie op dees aarde pak regtig ‘n bakkie jogurt en ‘n lekkende toedraaibotteltjie in? – daai botteltjie pas netjies in die kosblikkie – HUH?? sodat Jannie dit na hy die inhoud verorber het daarin kan stoor om huistoe te bring😀 yeah right!!) – Oops – back to the  subject at hand…

backtoschool

Toe, ek dus vanoggend by die werk instap (mind you, nou nie dié dream-job of jobs nie, maar ‘n nice-enough atmosfeer, good-enough pay en decent-enough kollegas) en ek slof die 2 stelle trappe op (om op te maak vir die snacking oor die feesgety) en ek my handsak op my lessenaar neerplak, my pc op-start en so rondkyk, besluit ek: Wat ek kort is daai “Back 2 School” feeling! Ek het nounet ‘n lysie gemaak van skryfbehoeftes wat ‘n skoolkind sal laat drool!! Ek soek ALS – of ek dit nodig het of nie is nie ter sprake nie – en ons “Office Supplies” gaan my ‘Mamma’ wees vir die dag.

1 lineaal (‘n pienke!)

2 retractable potlote (en 2 pakkies lootjies!!)

2 blou, 2 swart, 2 rooi penne

1 HELE VOLLEDIGE stel Hi-lighters

‘n Uitveër (Hahaha!!)

1 x 10 writable CD’s

1 x 10 DVD’s (stats-grafieke ens😉

1 x 2009 Dagboek!! Jippie!! ‘n Nuwe dagboek is eintlik so super-über-cool – don’t you think???

Hmmm… dalk dink ek aan nog die een of ander noodsaaklikheid wanneer ek nou-nou daar instap – die rakke by ‘Office Supplies’ is nogal soos ‘n ‘Sweets from Heaven’ vir enige kantoorwerker – ‘n dream come true – en op hierdie, die eerste werkdag van ‘n nuwe jaar, is die tight-lipped upstairs ‘administrator’ daar ‘n klein bietjie meer approachable – veral as ek nou ietsie kwytraak soos, “jinne Rina, hoe op aarde het jy dit reggekry om nié gewig op te tel in die feestyd nie – jy lyk damn fantastic man!!!” – Klei, seg ek julle, klei!! :evilgrin:

Anyways – DIS hoe mens dit doen – die eerste dag van werk vir die nuwe jaar!!! Jip!! Man, ek sien so uit na hierdie dag!!

(Oor môre en die res van die jaar, sal ek… uuuuhhhmmmm – wel, my later kwel😆

Maar as ek steeds vir myself ‘n bietjie advies moet en kan gee is dit dit: raak soms soos ‘n kind (al  moet jy self die rekening betaal) en vind ‘n klein bietjie joy in die onafwendbare, en maak soos ek sê:

YOU SPEND MOST OF YOUR WAKING HOURS WORKING – YOU MIGHT AS WELL ENJOY IT:mrgreen:


22 Responses to “Back to Work…”


  1. January 5, 2009 at 7:56 am

    Alle Goeie Wense vir 2009!! Ek kan net nie van hierdie Crestfallen and Overtrotten gevoel ontslae raak nie…. maar ek werk daaraan!

  2. 2 Jaco
    January 5, 2009 at 9:35 am

    Dit help natuurlik ‘n groot klomp as jy actually hou van jou job. Wanneer kan ons jou boekie verwag? Jy weet mos, daai een met die titel “how to do your job and like it”:mrgreen:

    Ernstig nou, waar kan ek my aansoek ingee as professionele vakansieganger en deeltydse niksdoener?

  3. January 5, 2009 at 10:19 am

    Ek is MAL oor skryfbehoeftes. Ek staan vir ure en drool voor die winkels se rakke en rakke skryfbehoeftes!!

  4. 4 Toggs
    January 5, 2009 at 10:37 am

    Ek is ook vandag terug by die werk…in die vlees altans. My hart is nog by die huis.

    Ek koop ook graag en baie skryfbehoeftes. As ‘n mens ‘nice’ skryfbehoeftes het, maak dit darem net die werkery soveel draagliker.

  5. 5 BB
    January 5, 2009 at 10:54 am

    Sien jy nou Narcie – daar het jy die antwoord op “how to do your job and like it” : Kry nuwe skryfbehoeftes!!
    /me maak notas vir die Narcie se Xmas stocking hierdie jaar:mrgreen:

    Ga! @ deeltydse niksdoener!!! ons het ‘n ‘Van’ om te op te tof, onthou jy nou weer?? Nikse vakansie meer vir jou nie!!

  6. 6 Jaco
    January 5, 2009 at 12:09 pm

    Die Van, die heining, die butchers block, die stukkende kraan. Nou daar is werk waarna ek uitsien! Maar wat doen ek na die 2de week in Jan?

  7. January 5, 2009 at 12:18 pm

    I love my job and my job loves me – sorry not job but passion – i am so blessed xxxh

  8. 8 BB
    January 5, 2009 at 12:23 pm

    Hmmm – daar’t jy dit nou uit die perd se bek – sy job ‘min’ hom – wat meer kan ‘n man vra??? (behalwe nice skryfbehoeftes…:mrgreen:
    Wag maar Narcie – teen die tyd dat my butcher’s blok en die heining en die Van se foto’s gepublish word, kan jy elke dag heeldag lank jou passie leef!!

  9. January 5, 2009 at 5:36 pm

    Ek is nog so ekstra rukkie op verlof. Maar ek sal ook vir my mooi blink en helder penne ens gaan soek om die “back to school” feeling te kry!

    Met jou in die rondte bly ons verseker positief! 😆

  10. January 5, 2009 at 10:05 pm

    Hey BB .. wel jy het verseker ‘n permanent marker gebruik toe jy die eerste keer jou naam in my hart geskryf het. Wat ‘n voorreg om nog ‘n jaar saam jou in te gaan en ons daaglikse vitamiene B(B) elke dag in daai lunch box te kry. Jy’s magic jy weet dit né?! xx

  11. January 6, 2009 at 7:09 am

    😆 Ek weetie of ‘n blink pen van hierdie hope werk op my lessenaar gaan ontslae raak nie!

  12. 12 Krista
    January 6, 2009 at 8:20 am

    BTTB – jy is waarlik gelukkig om jou passie te kan uitleef in jou werk elke dag – ek is bly vir jou part en ek beny jou.

    DMI – rooi permanent marker wat strepe deur werk trek of ‘n stamp wat sê: DENIED!

  13. 13 Krista
    January 6, 2009 at 8:22 am

    En ek weet BB sal eerder op die gastehuis innie Kaap se stoep sit en sing/skryf en SO haar brood verdien – hou vas, eendag . . . !

  14. 14 Sammi
    January 6, 2009 at 9:19 am

    Stunning! Kostelik!
    Ek’s mal oor die uber-alles en anyways.

  15. January 6, 2009 at 12:10 pm

    Ja OK Beeps, hier is ekke ook, uitgerus, reg en lus vir die jaar wat voorlê. En lief mos hoeka my ou joppie ook – soveel dat ek besluit het om ‘n paar dae vroeër oop te maak hierdie jaar…:mrgreen: Nee, eintlik het my studente so besluit – het my tot al gebel terwyl ek nog aan my tan op die strand gewerk het!😯 Kan jy dit nou oorvertel? Begin sowaar more met die eerste klasse, ‘n hele week vroeër as beplan!

    Maar ek kort nog een dingetjie vir die nuwe jaar – ‘n kalender! Dink jy ek is te laat vir daai oulikes wat sommige besighede so graag uitdeel aan die begin van die jaar?

  16. 16 BB
    January 6, 2009 at 12:19 pm

    LOL!!! Welkom terug oh bruingebrande sonaanbidder!! Jaja, ek weet, jy en Helge maak my bietjies-bietjies NAAR met julle “my job loves me” attitude…😀 Daar’s ‘n paar stunning kalendars wat jy kan print oppie web – G😯 gle dit!!:mrgreen:

  17. January 7, 2009 at 6:50 am

    Ahh, nou het ek dit, waar is daai skryfbehoeftekas, laat ek hom stormloop. My liniaal is lankal gekraak. ‘n Nuwe een kan goed doen.

  18. January 7, 2009 at 9:15 am

    😆 Ek gaan my ‘n rooi marker koop. Uitstekende idee Krista!
    Ai tog, dit wil nettie lekker nie, die lyk is gewillig maar die brein wil nog steeds nie saamspeel nie!

  19. January 7, 2009 at 12:58 pm

    Dagse BB

    Dankie vir jou positiewe noot, ek raak sommer lus vir werk.😉

    As ek nog skryfbehoeftes ook kan kry, nuwes sal jy eers sien hoe werk ons diekant.😆

    Alles wat jy en jou dierbares begeer, toegedraai met liefde en verdraagsaamheid, verpak in voorspoed en gestrik met vreugde en afgelewer met samesyn vir julle elke een.

    Groete

  20. January 9, 2009 at 9:28 am

    Anty BB…

    Gister in Clicks het ek so aan jou gedink. Hulle het die “allermooiste” pienk stapler, liniaal, punch….. gehad. Was so lus om dit vir jou te koop.

    Ek mis jou pienk skrywe😉

    Mag hierdie jaar net die beste vir jou en die familie inhou!!

    (((BB)))

  21. January 16, 2009 at 10:29 am

    Ek kry steeds, 17 jaar na skool, ‘n pyn skuins oor my derms wanneer ek enige ‘Back 2 School’ advertensies sien!

    Vir my kon die lewe maar net een lang vakansie gewees het – en daar was nie TV of Playstations betrokke nie!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


January 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: