15
Jan
09

Nooit vergeet…


 

‘n Bossie Vergeet-My-Nietjies vandag, vir haar, met die herdenking van haar geboortedag, my Lief.

myosotis

Oor sy gemaak is. Oor sy hier was. Oor sy vir jou geleen is. Vir wie sy was. Vir wie sy vir jou was.

Om dankie te sê. Dankie vir die man wat sy help vorm het.

Dankie vir jou hardnekkige volharding om elke kosbare vrye oomblik in ons-tyd te omskep. Dankie vir jou trots en jou ondersteuning in alles wat ek doen en aanpak. Dankie vir jou weiering om ons verhouding deur ‘n drif van argumente of rusies te sleep en jou liefdevolle geduld om my te wys dat mens ander maniere het om mengingsverskille en klein jakkalsies uit te roei as om trappe en klim en ten hemele te skree dat die engeltjies moet skuiling soek😉 .

Dankie vir jou kinderlike vreugde as ek by jou werk opdaag en jou opgewondenheid oor selfs die kleinste fraksie betrokkenheid met die dinge wat jou na aan die hart lê. Dankie vir jou onverpooste geesdrif om saam ons eie herinneringe te bou. Dat jy my nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Dankie dat jy my in die kar laai waarookal jy gaan – en verseg dat die wiele draai as ek nie op ‘my plek’ sit nie – nooit. Dankie dat jy my toevou in jou totale menswees en my deel maak van jou alles. Dat jy my soms stomslaan oor jy steeds dankie sê vir die selfs mees ooglopend onbenullige, doodgewone, klein dinge wat ek doen. Dankie vir jou dankbaarheid.

Dankie dat jy my in jou “Eendag…” insluit en my daarwees en ons saamwees elke dag opnuut hanteer soos ‘n wonderwerk.

Dankie vir jou, my Lief.

En dankie vir haar.

 


11 Responses to “Nooit vergeet…”


  1. 1 Jaco
    January 15, 2009 at 8:48 am

    BB – In ‘n wêreld van nyd, jaloesie en afguns het ek nog nooit so-iets teegekom nie. Jou lewensuitkyk bly vir my ‘n wow! ondervinding.
    Helgard – As my Lyfie oor 10 jaar so van my kan praat soos BB oor jou, then I will die a happy man. Jy is die verpersoonliking van die woord “partner” en bly ‘n kolos vir ons jonger manne om na op te kyk.

    Welgedaan. Welgedaan albei van julle.

  2. January 15, 2009 at 12:22 pm

    Dankie my lief xh

  3. January 15, 2009 at 7:01 pm

    Dagse BB

    Uitstekend is al wat ek kan reageer op dit.

    Groete

  4. January 16, 2009 at 7:08 am

    Sprakeloos

  5. 5 Krista
    January 16, 2009 at 9:15 am

    Julle is albei van die mees amazingste peoples wat ons nog ooit leer ken het . . .

  6. January 16, 2009 at 10:15 am

    Vertel ons waar was jy Vrydag 16/1/09 die hele dag – seker almal sal dit graag wil hoor !!

  7. January 16, 2009 at 11:01 am

    Baie spesiaal!🙂

  8. 8 Jo-Ann
    January 16, 2009 at 4:47 pm

    🙂

  9. January 16, 2009 at 4:49 pm

    Wat ‘n pragtige ode.

  10. 10 Tersia
    January 16, 2009 at 6:52 pm

    WOW! Baie geluk! Julle IS spesiaal!

  11. 11 ding
    January 25, 2009 at 3:25 pm

    Gits, Beeps, Ding is seker jou man verdien elke woord wat jy gespreek het, maar Ding moet vir jou sê dat min mense sover vorder soos om dit so neer te pen. Min mense waardeer dit soos jou waardering blyk uit hierdie inskrywing. Kennelik het julle die wenresep beet – volg dit net so! Dis so ‘n voorreg om sulke rolmodelle te kan hê.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


January 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: