22
Jan
09

Arm, Armer, Moerarm…


 

arm

Nou ons was moer-arm. Agt kinders. Daai tyd was ek in Std 2 en moes ons van daai glas bottelkies gom met die rooi proppie en rooi kwassie hê vir skool.

My Ma het amper flou geval toe ek haar vra vir gom. “Waar dink hulle moet ons die geld vandaan kry?”

Maar natuurlik – Boere maak ‘n plan. En Ma was nie stupid nie. Sy kon tot gom maak. Ruk daar flour uit, gooi suiker by en kook die spul op die stoof. Ek staan eenkant, baie impressed met my slim Ma.

Laat dit toe effens afkoel en sit dit in ‘n ou NCR Yeast Blikkie wat so bietjie “verblyk” was.

Ek was die enigste kind met ‘n Yeast Blikkie op my tafel. Al die ander kinders het die regte bottelkies gom gehad. Ek het nie baie omgegee nie, want my gom was baie beter as hulle sin en het geplak soos Superglue nie kan plak nie!

So drie weke later, terwyl die biesies buite bewe van die hitte, sit ons klas in doodse stilte, besig met eksamen.

Fokkit mense, een moerse ontploffing ruk die hele skool tot aandag. Daar trek my donnerse blikkie se deksel en hy agterna tot teenaan die sielieng. Dis net gom wat neerkom op ons soos ‘n donnerstorm! Alles is wit. En dit stink ongelooflik – suurhol se moses! Ek’t nog nooit iets in my hele lewe geruik wat so gestink het nie.

Die Juffrou se brille is vol gom. Haar hare spierwit. Dit drup van haar af asof sy in ‘n shower staan. Tot in haar kliewitch by haar borste. Ek kon nie glo dat sy soos ‘n beeld lyk nie.

Oral waar ek kyk in die klas is almal faaktap van die gom. Almal is wit en gil van die skrik. Ons boeke is faaktap. Ons klere is faaktap. Ons stink!!

Juffrou wip toe haar gat en jaag ons almal uit en sê ons kan maar huis toe gaan. Van die kinders wat bus gery het se gom het goed drooggeword van al die gewag.

Ek was woedend toe ek by die huis kom. My Ma het gedink dis ‘n moerse grap en het haar dinges amper geskeur van die lag toe sy my sien EN ruik.

Die klaskamer moes uitgeverf word om van die suurholreuk ontslae te raak, maar ons kon dit nog vir weke dwarsdeur daai PVA ruik.

Ek was glad nie gewild nie. Niemand wou eers meer met my speel nie…

Dis nou wat gebeur as jy Moer-arm is! 


14 Responses to “Arm, Armer, Moerarm…”


  1. January 22, 2009 at 4:33 pm

    Dagse BB
    Aai BB, dis darem nie jou skuld nie maar almal het jou behandel asof dit jyself was wat dit gedoen het.😥
    Die ergste is dat kinders is bliksems op hulle beste as daar nydig met iemand gewees is.😦
    Groete

  2. January 22, 2009 at 5:35 pm

    Jy beskryf die ontploffing baie goed! Alles was faaktap geskiet! Whahaha! Ek kan net dink watse gemors dit moes wees.

  3. 3 Zee
    January 22, 2009 at 8:50 pm

    Whahahahahaha sh!t BB, wat ‘n moewiese gemors…. 😆 ek het nou lekker gelag!

  4. January 23, 2009 at 12:08 am

    Hiehiehahahahohoho….!!!! 😆😆

    BB! Jy’s ‘n ou grapgat! :mrgreen:

  5. January 23, 2009 at 8:24 am

    Whahahaha! Tussen jou en Boendoe, begin my naweek honnerd bedonnerd!😆 “suurhol se moses!” whahahaha!

  6. January 23, 2009 at 9:04 am

    Moerarm is ook as beet op jou toebroodjies skool toe kry – of is dit net arm, want jy het darem nog brood – moerarm dan seker nie beet of brood – shame my lief ek ken nie deel van jou history nie xh

  7. 7 BB
    January 23, 2009 at 9:07 am

    LOL@ B2theB!! Beet op brood!! (jaja ek ken jou ‘droewige’ verhaal:mrgreen: ) (Ek deel net selektief so met die jarre dié deeltjies van my history – as ek jou als van my vertel het, was jy laaaaaaaankal nie meer ‘met my’ nie😉 xx

  8. January 23, 2009 at 9:23 am

    Whaahahaaaaaaaaaaaaaaaaaahaaa ek lê soos ek lag, die trane loop van my wange af!!! 😆

  9. January 23, 2009 at 1:25 pm

    😆 Dankie BB, ek het nou so gelag… my dag voel sommer tonne beter!

  10. January 23, 2009 at 1:52 pm

    Whahahahahahaha! Ek weet eintlik nie of ek moet lag nie! Jy’t dit sooo damn cute geskryf dat ek my vrek wil lag, maar in dieselfde tyd voel ek sooo bitter jammer vir kindertjies wat daagliks deur hierdie dinge gaan!
    Waar ek bly is baie mense moerarm, en dit maak my sleg hartseer om te sien hoe hulle swaarkry, en as ek dink aan wat ander kinders se reaksies sou wees, word my hart sommer seer. Kinders is sooo cruel!

    Lekker naweek BB!

  11. January 23, 2009 at 3:19 pm

    Ok… ek is dan ook nogsteeds arm!!!!
    Ek eet nogsteeds beet om my broodjies🙂

  12. 12 Jo-Ann
    January 23, 2009 at 4:59 pm

    Ek less van Readomatic af die opskrif en ek reken stilletjies…. arm, armer, moeram, Jo-Ann… en nou lê ek soos ek lag en ek dink… ek is skatryk, want ek lees stukkies soos hierdie en ek lag dat ek skud en besluit dat die enigste ou met worries my bankbestuurder moet wees.

    Lekker naweek!

  13. January 26, 2009 at 11:58 am

    Dis daardie armste arm tye wat die lekkerste en gelukkigste was…… Mens onthou dit met ‘n trotshied iewers in jou! So ‘n lekkerkry-trots! Vandag se kinders ken dit nie meer nie, dis vir hulle ‘n verleentheid. Lekker week vir jou!

  14. January 27, 2009 at 9:12 am

    Verskoon my gelag – en dit was hardop en serieus. Dis is een van die mooiste stories wat ek ooit op ‘n blog gelees het.

    Flippit, ek moet nou eers koffie kry en die ding oordink!

    Het jy nie nog sulke juwele nie??


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


January 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: