07
Feb
09

Dag 3… D’day!!


Duisend Dankies Ding!!!

dankie-ding

Die Allermooiste Kapenaars!! Julle verstaan nie wat julle kuier vir my beteken het nie!!

En ekke is bederf!! (suig juis as we speak aan ‘n klein weerlose rooi saligheidjie:mrgreen: )

Dankie dat julle vir my tyd gemaak het! En dankie vir julle ongelooflike wye oop harte en arms!!  

bloggers-7-feb

Dearest, dearest Elf…

ct-7-feb-007

Mooiste Elf en ehhhhhhhm… some guy with funny hair in the background…:mrgreen: (Son, jy’t jouself oortref – die is een van die mooiste pics ever!!! )

elf

“Spier” – letterlik en figuurlik!! Helge het xtra handbagasie bygekry:mrgreen:

ct-7-feb-014

…en toe’s ons Somerset-Wes toe… (Skoortjie!!! jou se founkie was AF!!! wou jou gedruk het, maar nou ja hier’s hy dan nou maar virtual: ( ( ( Skoor ) ) ) … anyways – ons is toe virre moerkoffietjie by Koos, maar daar vra mens nou nie soos’n orige fan vir foto’s pose nie:mrgreen: – jy sit rond en chat met die nederigste en down-to-earth people en jy kry so ‘n oorweldigende humility wat oor jou spoel oor hy jou vra of jy nie by sy volgende show ‘n song of twee wil doen nie – en jy sit tjoepstil en al is dit nie die eerste keer nie, voel dit elke keer steeds groter as jy en Helge neem oor (dankie tog vir ‘n agtermekaar (en nugter/denkende) liefie) en sal die reelings behartig, want ek’s besig om met die hond te speel en met die vrou te kuier en as usual ‘not all there’ – but I will be on the 20th – dankie Koos, disse plesier Koos en ‘n voorreg soos altyd Koos😳

Laaste aandjie hier… darem ‘n klein donderbuitjie gehad vroeer vanaand – ek hoop die brande is nou geblus!!

Ek gaan die plek mis – maar ek moet nou bietjie husitoe gaan – ‘n girl het haar slaap nodig, magtig man!!


19 Responses to “Dag 3… D’day!!”


  1. 1 ELF
    February 8, 2009 at 12:01 am

    Please don’t wake me from this dream. Die woorde en emosies oor vandag stamp koppe teen mekaar soos die donderweer daarbuite, en tog, al wat in my opdam is daai feel-good gevoel, soos toe daai einste somer-reen vanaand op die snikhete Kaapse grond stukkend gespat het en mens daai reuk net inasem om in jou longe vas te hou, te savour. Dis hoe dit was, met BB. Dankie .. dankie vir vandag. Dankie vir jare, millenniums.

    My horlosie se middernag. 8 Feb .. H A P P Y B I R T H D A Y B B !!

    Mag hierdie spesifieke lewensjaar vir jou groot, groter, grootste, BB spel. Mag jy hande gestrek na bo die sterre pluk wat jou SO toekom. Sterre, hmm .. soort soek soort. Go figure precious. Jy weet my respek en bewondering vir jou as mens, come what may, sal nie – kan nie, in hierdie leeftyd opraak nie. Lekker verjaar en dankie, nogmaals!

    Love you, always. xx

  2. February 8, 2009 at 3:17 am

    Ag, ja, ek wens ook ek was daar! Maar verduidelik bietjie wie almal op die foudie is? Ek dink ek sien vir Roertjie en Son? 😉

    En is jy tog nie ‘n verjaarsdagmeisie nie???? Baie geluk, BB! Hoop hierdie jaar gaan vir jou sommer groot en mooi dinge inhou. Dankie vir jou ou sonstraaltjies elke dag!
    xxx

  3. February 8, 2009 at 8:56 am

    Heerlik ….. ek kan sommer sien julle het baie lekker gekuier!

    Baie geluk met jou verjaarsdag BB! Mag die jaar vir jou mooi dinge inhou en mag al jou drome waar word! Liefde “ons twee”
    x x

  4. February 8, 2009 at 10:28 am

    ♪ ♪ ♪ Happy Birthday BB ♪ ♪ ♪

    Die Kaap het spesiaal gisteraand vir jou ‘n reëndans gedoen🙂

    Dit was ‘n “magic” oggend saam met jou en ek sou graag eendag baie langer wou kuier. As ek weer my kar se neus Noorde toe draai, is jy eerste om te weet😉

    Mag jou CD launch al jou mooiste verwagtinge oortref. Ek wil vreeslik graag ‘n youtube van een van jou liedjies maak, maar ek sal jou nog ‘n tinkle gee daaroor.

    Veilig terugreis!

  5. February 8, 2009 at 12:04 pm

    Lyk of dit ‘n baie lekker kuier was en ek stem saam, die Kapenaars is BAIE special😉

    BTW, happy-happy! Alles wat mooi en goed is vir die nuwe lewensjaar en mag jy verveeld raak met al die blessings wat jou kant toe kom!

  6. 6 Zee
    February 9, 2009 at 8:28 am

    BB…. rather late than never!!

    ♪♪♪Happy birthday to you, happy birthday to you BB ♪♪♪

    (En ja, ek is nog steeds:mrgreen: )

  7. February 9, 2009 at 10:39 am

    Ook liewer laat as nooit:

    Baie geluk met jou verjaarsdag BB, hoop jy het ‘n wonderlike jaar wat wag.😉

  8. February 9, 2009 at 12:12 pm

    Jy is geTAG BeeBee, en heppie birthday of een van jou eie nommers tel nie!

    Geluk. Vrede. Voorspoed.

    Liefde

  9. February 9, 2009 at 2:24 pm

    Mhmm, ek sien ek is nie daar nie😆

    Geluk, jong! Hoop jou kuier was subliem!

  10. 10 Roer
    February 9, 2009 at 4:04 pm

    Emil, hoekom was jy nie daar nie?

    Boends, kloksgewys van 12uur af: Sanet (Suzanne se dogter), Suzanne, Sonkind, Beebs, Helge neem die kiekie, Jo-Anne, Elf en die uwe.

    Beebsie, daai gentle giant van jou het darem maar baie geduld. Om na so ‘n gekekkel vir 3 ure lank te moet luister, kon nie maklik gewees het nie. Se^ vir hom baie dankie. Volgende keer braai ons.

  11. 11 ding
    February 10, 2009 at 6:14 am

    Beeps! Dit was net Ding se grootste plesier en voorreg. Dankie ook vir die hulp wat Ding se arms langer gemaak het – daarsonder sou dit ‘n gedagte gebly het. Eendag, eendag, Beeps, bring Ding self die verjaarsdagsdruk wat daarmee saamgegaan het😉
    Beeps, dankie vir dit wat jy gesê het. Ding waardeer jou begrip en aanvaarding.

    Ding se wens vir hierdie jaar vir jou: dat jy, wanneer jy in die spieël kyk en soms bietjie moeg word, sal onthou die Lig wat jy reflekteer, is nie van hierdie wêreld nie. Jy sal altyd weer krag kry om daardie Lig te laat skyn. Beeps, Ding weet wat Ding weet en Ding sê vandag vir jou dat jou oë en jou glimlag dwarsdeur manman kyk en warm maak daar diep in die hoeke waar siele partykeer koud en donker word. Beeps, jou siel vaar besonder goed – dankie dat jy gehoorsaam aan jou lewensroeping is.

  12. February 10, 2009 at 8:13 am

    Issit nie weer bietjie tyd virri update nie? Hê?

  13. 13 BB
    February 10, 2009 at 8:51 am

    😳 D~A~D~E~L~I~K !!

  14. February 10, 2009 at 10:20 am

    Hoop jy lekker gebirthday daar in die mooie Kaap!
    P.S Aquarians is die beste mense!😉

  15. February 10, 2009 at 10:27 am

    Iemand se vandag vir my dat ek en jy [BB] soos Ebony en Ivory is .. en ek picture die yin yang .. en hoe twee siele mekaar aanvul en somehow unspoken complete. Ek smile toe maar net stilweg by myself .. want ek weet mos wat ek weet met jou.😉

  16. 16 BB
    February 10, 2009 at 11:06 am

    Elf – daar is waarskynlik nie twee méér teenoorgesteldes op hierdie woeste wye wêreld as ek en jy nie. Dis so. Maar ek reken ons is so vêr verwyderd soos oos en wes – and then when you go far enough either east or west – somewhere in ‘eternity’ the two DO meet – and it’s there, at that place where we started off the same – one going east and the other venturing west. But that’s why we already knew each other the day me met – ‘coz we come from a place called “There”.

  17. 17 BB
    February 10, 2009 at 11:12 am

    Og wat práát jy DMI!! Ek was ‘n firm believer en ‘n kenner in die wonderlike eienskappe van sterretekens!! Ek was so eerily akkuraat met my uitsprake oor mense en die zodiac – dit was seriously scary… eendag sal ek nog daaroor ‘bieg’… maar dankie! ek waardeer regtig!!!

  18. February 12, 2009 at 2:09 pm

    😆 Roer, skynbaar is die posduif afgeskiet!!

  19. 19 BB
    February 12, 2009 at 2:58 pm

    Shame!! Emil!! Sou jy gekom het as ons geweet het om jou te nooi?? En heng, het jy nie geweet ons plan ‘n kuier nie?? Kon jy nie maar ge-‘gate-crash’ het nie???:mrgreen:


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


February 2009
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: