12
Feb
09

Koos…


 

Koos Kombuis 

20 Februarie 2009 – Centurion Teater – Pretoria 

 

koos-bb

Plat-oppie-aarde Koos  het my gevra om tydens sy show op die 20ste Feb ‘n song of twee te sing (enigste voorwaarde: die repertoire moet my engelse weergawe van “Lisa” insluit en ek MAG NIE my Koos tribute doen nie!:mrgreen: (ek dink, nee ek wéét hy’s vreeslik chuffed daarmee, maar vrek humble en hy weet nie wat om met sy arms te maak en hoe om te staan tydens die ‘akkolade’ nie :oops:  )

Hier’s ‘n foto van ‘n vorige uitvoering daarvan, waar die meester van die woord en pen sommer kaplaks net daar op die verhoog sitplek loop soek het (ek’t amper my draad (en my woorde) verloor!!!😯

koos

Ek koester hierdie as een van dié spesiale oomblikke in my lewe! (een van die toeskouers daardie aand het vir my kom sê dat hy nog nooit as toeskouer so ‘n hoendervleis oomblik beleef het as met Koos só nederig  tydens die aanhoor van ‘n totaal onbekende (en amateur:mrgreen: ) ‘artist’. Die man was diep geraak – en ek… dit raak my steeds, élke keer as ek daarna kyk…

 


9 Responses to “Koos…”


  1. February 12, 2009 at 2:08 pm

    Spesiale oomblik, beslis. Koos is ‘n baie decent ou! Daar kom nog dinge, BB. Kyk maar!

  2. February 12, 2009 at 3:11 pm

    Koester dit, BB! Een van die dae moet JY ‘n ‘onbekende amateur’ oplig. :mrgreen: En, jy sal moet ophou met die…ehe..gifpyltjies? Dit lyk nie goed om ‘n celeb so te sien nie, ne… 😯

    Bwhahahahahahahaha…… 😆

  3. 3 RB
    February 12, 2009 at 4:16 pm

    Geniet, geniet en geniet dit!
    Ai ek wens ek kon daar wees.
    Geniet dit!!!

  4. February 12, 2009 at 5:01 pm

    Jy kan my mos bel en vir my die liekie sing!

    Ek hakkel nou wel, maar ek sal darem ‘dankie’ kan sms agterna!😆

  5. February 12, 2009 at 5:53 pm

    Synde dat ek nou bietjie innie bek geruk is oor ek opgewonde is oor jou en Koos en oor jou launch, sal ek nou maar hier innie verte staan en net sê:

    Jolly good!😉

  6. 6 BB
    February 12, 2009 at 9:45 pm

    Skoortjie, ek het met jou cd allie pad vannie Kaap af teruggekom😦 Jy kan hom kom haal as jy lus het👿 (of jy moet maar vasbyt en wag vir my volgende kuier:mrgreen: , waarvan jy soos belowe HEEL EERSTE in kennis gestel sal word😉 (Alternatiewelik kan jy vir Krista ‘n posduif stuur en kyk of jy haar hart kan week maak, want sy’s baaaaaaie kwaai met my!! (Tussen haar en Helge word ek nie toegelaat naby die cd voorraad nie!!!)😆

  7. 7 BB
    February 12, 2009 at 9:50 pm

    Dankie julle Allermooistes vir julle goeie wense!! Ja tog Boends… gelukkig sing ek gewoonlik eers teen middag of aand, want soggens noem hulle my soms “Meneer B” as ek die foon antwoord:mrgreen: But I ain’t proud of my addiction😦😉 Vriending x

  8. February 12, 2009 at 10:24 pm

    Wow ek kan sommer op die foto sien dit was ‘n hoendervleis oomblik!

    Skielik onthou ek nou hoe jy daai oggend vir my oor die telefoon gesing het! Dit was so mooi, ek tjank sommer weer van voor af!!!

  9. February 13, 2009 at 7:22 am

    Koos is n groot fan van my BB – hy is absoluut mal oor haar stem – ek weet want ek was daar – gaan weer baie special wees om twee mense met sulke talent en passie vir woorde op een aand te sien optree – daardie foto is wat hulle noem ” priceless ” – kannie waggie xxh


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


February 2009
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Archives

Blog Stats

  • 153,361 hits

%d bloggers like this: