12
Mar
09

What you think of me…


What you think of me is none of my business… or is it?

And does it matter? Does it really matter after all?

Hmmmm….

seal-of-approval

 Maak dit nou saak of nie, BB??, vra ek myself af… (jip, ek praat met myself😳 – nogal gereeld… ek regverdig dit half-en-half so: daar’s niemand wat vir my dinge so reguit sal sê soos ekself nie; ek het nogal ‘n ‘ding’ met die ‘self’ – dis daardie een wat jy ten minste eenkeer per dag moet face as jy jou hare kam of jou roompies aansmeer. Iewers, gedurende die dag kry jy ten minste één geleentheid om jouself in die oë te kyk – en gewoonlik ignoreer jy die woede, hartseer, teleurstelling en ja, selfs soms diep versugting van die groter ‘ek’ binne-in jou vir aanvaarding van juis die een met wie die hele spul moet saamleef – die hele jy.

Voel vir my so ek’s dalk van my topic af – maar, bear with me for a moment…

Wanneer iemand ‘n opinie oor jou vorm of het en jy is saliglik onbewus daarvan is als mos nog honky-dory, reg?

Wanneer iemand sy/haar opinie oor jou uitspreek (hetsy teenoor jou persoonlik of iemand anders en dis ‘n negatiewe standpunt) moet jy eers die volgende bepaal: KEN daardie mens my?? Of is daardie opinie slegs gebasseer op (moontlike eerste) indrukke? Weet daardie persoon wat in my binneste aangaan? Gee sy/hy om? As die antwoorde op daardie vrae “Nee” is… wel, nee, dan maak dit nie saak nie, maak dit?

If it’s what I wear or how I comb my hair🙄

– then my ‘friend’, I really couldn’t care.

If it’s my weight, my age, my looks😕

well, that seems cool in other’s books:mrgreen:

If it’s my voice, my way, my ‘me’

Heck, that’s what I will always be…😳

All you see

is the outside of me

All you know

is what I care to show

And you say you might take the time someday

to get to know me in a better way??😯

Oh…  spare yourself the time and effort please!!

‘Coz I just found out: Cruelty is a most wicked disease…😦

 


22 Responses to “What you think of me…”


  1. March 12, 2009 at 9:52 am

    Ek praat ook met myself… het nogal baie met myself gepraat en raas die laaste paar dae😳
    Dit maak vir my saak wat ander moontlik van my “mag” dink, maar nie te veel nie. Gelukkig is daar nog ‘n hele aardbol vol mense! 😉 Mense is cruel!! Wat egter baie saak maak is: Wipneus wat dink jy van jouself!😈 Is jy nog op die regte pad? Het jy dalk alweer of nogsteeds die pad gemis en is in die bosse in…. Sal ek myself as beste vriendin kies??? 😯

    Beebs jy het my seal of approval!! Jou mooi binnekant straal na buite!! Vir my… is dit soos die lig aan die einde van die tonnel…. soos volmaan op sy blinkste, ‘n verskietende ster!! Dis fantasties om te weet daar is iemand soos jy in my lewe wat al die kwaliteite het, om ook ‘n “beste vriendin” plakkertjie te dra. (ek is baie suinig met die plakkertjies:mrgreen: ) Hang nie heeldag in mekaar se laaie uit nie, maar jy weet net op haar stil manier is sy daar, net ‘n oproep weg! Dankie.
    Lekker dag
    x x

  2. March 12, 2009 at 10:31 am

    Ek praat ook met myself… Ek dink soms my hele sanity hang daarvan af, maar die punt is, ek is tevrede met myself, ek hou van myself, ek lief myself en ek weet ek is ‘worth it’. So as ander ‘n onrealistiese beeld van my vorm, of ‘n onnadenke, krenkende iets sê of my selfs beledig is my eerste vraag: ‘Myself verdien jy dit? Het ek dalk daardie persoon op een of ander manier te na gekom? Kan jy met alle eerlikheid sê daar steek nie waarheid in nie???” As my antwoord aan myself, nee, nee, nee is. Sit ek dit agter my en gaan aan met jy lewe. Nie almal kan van almal hou nie en nie almal is gemaklik met almal nie! Ek is lief vir myself want my Pa is die Koning…

    Dankie BB – ‘n kosbare skrywe…

  3. March 12, 2009 at 12:12 pm

    Okay . . .!!??
    Ek dink op ‘n manier maak dit tog saak wat mense van jou dink, en ons wil tog maar hê mense moet van ons hou. Jy weet die hele selfbeeld ego ding.

    Maar sê nou eers vir my wie is die mens wat nie van jou hou nie, en kan ek die persoon self gaan regsien of moet ek hulp saamneem?:mrgreen:

    • 4 BB
      March 12, 2009 at 12:16 pm

      Thanks Narciepit!!! Mag die Vriending weer uit haar hok uitkom? Of is sy nog in staat om fisiese skade aan te rig??🙄

      • March 12, 2009 at 12:26 pm

        Nein!!!! She’s an animal daai een, sy mag uitkom maar dit is op eie risiko. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid nie.

        • March 12, 2009 at 8:08 pm

          *ggggrrrrrrr* *snarl*

    • 7 Zee
      March 12, 2009 at 1:34 pm

      Jaco…. van wat ek gesien het nou die aand kan ek nie verstaan hoekom jy so aanhou om jouself af te kraak met die gewig issue nie!! Jy lyk vir my heel cool!

  4. March 12, 2009 at 1:15 pm

    Net so terloops!!! Myse moutjies is ook opgeskuif met Ouboet se kettie in die gatsak en bokshandskoene aan die hande… Ek sal saam met Jaco die wurms aandurf… Rig ons net in die regte rigting!! 😉

  5. 9 Zee
    March 12, 2009 at 1:36 pm

    BB, ek kyk baie innie spieël en ek sien niks wat ek like nie, nou hoe moet ander mense dan iets sien wat hulle like?

    Maar jy praat so waar hierso…. “Weet daardie persoon wat in my binneste aangaan? Gee sy/hy om? As die antwoorde op daardie vrae “Nee” is… wel, nee, dan maak dit nie saak nie, maak dit?”

    • 10 BB
      March 12, 2009 at 2:18 pm

      Jy is über-pragtig Zzz’tjie – maar hier by my kan enigiemand enige tyd kom fish… ek compliment vir my lewe graag!!! (I make it my business to find something to like in just about everone I ever meet:mrgreen:

      • March 12, 2009 at 8:09 pm

        Ja, en sy doen regtig! Dit kan partykeer groot pyninnieg@t wees . . .😉

        • 12 BB
          March 13, 2009 at 6:55 am

          LOL @ Vriending!! Jy’t by default een dié tyd vannie maand – ain’t nothing I can do to increase that😆

  6. March 12, 2009 at 1:38 pm

    Wie praat nie met hulsefl nie??? Ek sort dinge met myself vir myself so uit.
    Ek dink die belangrikste is om met jouself tevrede te wees en dan eers kan jy dalk worry oor wat ander dink.

  7. March 12, 2009 at 3:19 pm

    Ai, ek dink ek het in Matriek laas geworry oor wat mense van my dink. Ek is op ‘n sleg stadium in my lewe, ek kan nie worry nie, jy laaik my of jy like my nie. Jou pyne. Ek het wyn om te drink en dinge om te doen, gaan nie sit en tone vleg oor wat mense van my dink en of hulle approve nie.

    Maar ou BeeBee, jy worry my: dis okay as jy met jouselwers prate praat, maar o wee, ek hoop nie jy ANTWOORD jouself ook nie, want dan is jy naby jou sell-by date😆

    But I guess it is human to seek approval. Dis tog nie lekker om uitgeskuif te voel nie. Gelukkig is ek as introvert en met al my gebreke, geseend dat ek dinge en mense het wat my besig hou, en wat my nie judge nie.

    • 15 BB
      March 12, 2009 at 3:46 pm

      😯 “Sell-by-date”… (jy ‘n siener, Skoortjie??) – einste amperse expression wat só wicked was…

      Without explaining too much… ek is regtig ook nooit vrek bekommerd oor ‘wat die mense dink nie’ – sien, ek reken ek doen g’n vlieg skade nie, gedra myself (ok, dis nou buite my 4 mure):mrgreen: , probeer my bes om altyd darem iewers ‘n bietjie smile en cheer te saai, accommodate die hele wye wêreld se groot verskeidenheid karakters en laat die son op almal skyn – so NEE, ek weet vir ‘n feit dat niemand reg of rede het om enigiets negatief van my te ‘dink’ nie.
      Suffice to say – I need to learn that now, more than ever, people who have never given a rat’s ass about my doing, being, looking… now suddenly seem to have acquired a ‘taste’ or even a qualification for criticism that comes from seemingly ‘out-of-nowhere’.
      Die ding wat pla is nie die ‘dink’ nie of die persoon wat ‘dink’ nie – wat pla is, dat een persoon se opinie juis soos ‘n disease is – it does spread! en binne ‘n oogwink kry jy ‘n skewe kyk uit ‘n heel onverwagse source, omdat iemand by iemand gehoor het dat jy sus en so…
      Ek sal maar net noord kyk😉 en onthou: die enigste een wat ‘hulle’ verkeerd kan bewys
      is ek en juis dit wat ek doen en wie ek is – past ‘sell-by’ or not…

  8. March 12, 2009 at 3:38 pm

    Ek worry nogal oor wat iemand van my dink…as daai iemand iemand is van wie EK hou. Vir die res – ek’s seker maar redelik coldblooded, but if you don’t add value to my life, dink van my wat jy wil. I couldn’t care less. 😉

    • 17 BB
      March 12, 2009 at 3:48 pm

      And if that ‘value’ helps pay the bills or the ‘dream’ Boends?

  9. March 12, 2009 at 4:41 pm

    My ouma het my twee goed geleer – moenie iemand anders oordeel voor jy nie in sy skoene gestaan het nie.

    En nommer twee – maak nie saak wat ander mense van jou dink nie, solank jy jouself elke oggend in die spieël kan kyk, met OOP oë, en nog hou van wat jy sien, aan jou binnekant sien, sonder om vir jouself te lieg.

    BB – net vir die rekord – ek dink “you are cool as a slush puppy”😉

    • 19 BB
      March 13, 2009 at 6:53 am

      Og, fanx Sons!😳

  10. 20 BB
    March 13, 2009 at 11:26 am

    Ek looooooove my B(l)ogger maaikies
    Ja’k lief hul’ – élke een!!
    Hul giggel en mooipraatjies –
    al kla ek steen en been
    Hul vul my hart met blydskap
    Hul laat my tone krul,
    en selfs as een my g@t krap…
    loooooooove ek die hele bleddie spul!!:mrgreen:

  11. March 16, 2009 at 7:25 am

    Daar is net een reël – Stay true to yourself….. en fok die res, solank jy nie een dag laat verbygaan sonder die strewe om ‘n beter mens te wees nie. Dit is op hierdie punt waar jy nie hoef te bekommer oor wat ander dink nie, want jy hoef nie te wonder nie. Jy weet.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


March 2009
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: