21
Apr
09

Stem’reg’…


As dit nou van my persoonlik afgehang het, sou ek sooooo graag vir ‘n party wou stem soos “Die Groenes” – iemand wat seriously issues het met ons omgewing, besoedeling en fauna bewaring – maar helaas – daar’s misdaad om aan te dink… (en daar kry ‘die Groenes’ meteens ‘n heel ander betekenis:mrgreen: ) – 

of KISS (Keep it Straight and Simple) 

kiss

Die hemel weet waarvoor hulle staan – ok, en ‘straight’ is dalk ook ‘n bietjie politically incorrect en hulle mag dit dalk later onder ons aandag bring dat hulle letterlik ‘straight’ bedoel het en nié soos ek graag wou verstaan ‘the long and narrow road’ nie – en as ek later op ‘the simple life’ aandring kry ek dalk my gewese (straight) buurvrou en my seuntjie se (straight) rugbyafrigter👿 as mede partylede, want ‘simple’ kan seker as  kommin ook vertolk word…😉

Ek wens dit was so maklik!! Dat ons die real issues kan aanspreek. Dat oorlewing ‘n gegewe is. Dat die wet ieder en elk by default beskerm teen diskriminasie, werkloosheid, armoede, misdaad en verkeersoortreders. Dat jy nie hoef te stem vir bestaansreg nie. Dat velkleur, ouderdom, sosiale stand en geslag nie op verkiesingsplakate hoef te feature nie.

Hier’s nog ‘n paar wat ek eerder uit sou wou kies terwyl ek geheimsinnig staan en potlood kou in daardie boks-hokkie… (ok, MOENIE daardie potlood kou nie!!! anders gaan jy dalk nie die volgende verkiesing haal nie!!😆 )

party-for-the-animals

Ek het ‘n Vriending – ek wéét vir wie sy sou stem…:mrgreen:

whatwomenwant

Well ok, so ons weet self nie aldag nie – maar ten minste kan ons ‘n party stig en dan sáám besluit daaroor – ‘n koek en tee, ladies cocktail, koeksister en Vodka (😉 @ Whoopsie – ja, ja vra haar gerus – dit gaan lekker af saam!!)

Punt is dit: Ek wil stem vir dit wat vir my sáákmaak – die dinge waarvoor ek hart en siel bereid is om te swoeg en te sweet voor – dit wat ek wil nalaat vir ‘generations to come’ – ek wil NIE stem oor my lewe daarvan afhang nie😦

country 

Giving every man a vote has no more made men wise and free than Christianity has made them good.

Sad but true😦 …

vote

Constantly choosing the lesser of two evils is still choosing evil.

keep-right

Sink or swim, live or die, survive or perish, I give my hand and heart to this vote!!

 dontvotedontbitch

I say: VOTE EARLY and vote often:mrgreen:


20 Responses to “Stem’reg’…”


  1. April 21, 2009 at 10:50 am

    So sad but so true….. Ek sal early vote Biebs maar van die often weet ek nie so lekker nie!!! 😆

  2. April 21, 2009 at 11:07 am

    Ek beter vinnig besluit vir wie ek moet stem!! Miskien is dit tyd vir ‘n glasie vodka en ‘n koeksister…. help altyd om die dinkproses bietjie aan te help:mrgreen:

    “Ek wil stem vir dit wat vir my sáákmaak” – laat ek gaan kyk waar trek ek daai belangrike kruis!! Ek is soooo nie into politics nie. Maar deesdae kan en mag mens nie meer langs die kantlyn sit nie.

    Ek sê nogsteeds ons moes ‘n party gestig het. Miskien volgende keer….. Nie onmoontlik nie Beeps!! Ek dink nogal ons sal baie populêr wees. Ons sing en lag hierdie land aan die brand!!

  3. April 21, 2009 at 11:22 am

    Ek vote vir brekfis by F$V, want voting maak my honger

    • 4 BB
      April 21, 2009 at 11:33 am

      Og Narciepit whatta grrrrrrrrreat idea!! Bring maar vir my ‘n take-away, sal julletjies?? Die HHH of triple-H of soos ek hom graag noem “Hottas-hell-Helgie”:mrgreen: het gróót planne met my môre oggend – en ek sal nie van die plafon mag afkom TOT ek nie klaar is nie! (ek stem by LS Saamspan – daar doen hulle nog ‘n boerestemdag : koffie EN koeksisters – gratis en verniet – ek weetie wie dit borg nie, maar ek glo dis nie die ANC nie – dus kan ek ongelukkig nie vir hulle vote nie – No koeksister, NO VOTE!!👿😛

  4. April 21, 2009 at 11:31 am

    😆 Early is een ding BB, hoop die daar is te veel oftens more nie!

  5. April 21, 2009 at 11:55 am

    Hier is ‘n even greater idea. Synde dat mens mos nou enige plek mag vote gaan ons daar by julle kom stem (vir koffie en koe’sisters) Dan gaan ons oppad F&V toe by Wimpy stop en onse gratis koffie collect (as advertised) en dan uiteindelik brekfis (brunch) eet by F&V. Dan sal ons laatmiddag by jou aandoen vir (you guessed it!) koffie en om jou masterpiece te kom bewonder.
    Stemdag might just be ‘n festive affair after all!

    • 7 BB
      April 21, 2009 at 12:13 pm

      What happened to: “Neeeeeee BB!! jou arme ARME girl!! Ek sallit nie toelaat dat H3 jou teen die ceiling vasmaak nie!! EK, Narcie, sal in JOU plek die ceiling trotseer en dan kan julle allermooiste girls gaan koffie EN SHOP na hartsbegeerte – vir SOLANK as julle wil of totdat H3 MY, die Narcie van die ceiling afhaal!!”.😀

    • April 21, 2009 at 12:24 pm

      Izzit? Free coffee?? 🙄 Wimpy is op ons pad terug van die voting station…

  6. April 21, 2009 at 12:49 pm

    BB: Wat staan hier op my voorkop? Stooopid? Ek begin nou eers oor die trauma kom van die 2 dae wat jy my saam met HHH in die van opgesluit het. Netnou mors ek op die vloer en dat klap hy my weer soos laaskeer😉

    Boendoe: Gratis en verniet. Kyk op hulle website http://www.wimpy.co.za/cupsforvotes.html

    • 10 BB
      April 21, 2009 at 1:24 pm

      Sjjjjjuuuuuuuut Narcie!!! (ons willie voornemende barmhartige samaritane afskrik nie!!😉

      ‘n Cup a vote??!!😯

      So dis bottomless vir ‘often’??!!:mrgreen:

  7. April 23, 2009 at 8:03 am

    Narcie het my met n skroewedraaier gegooi en met die grinder op my duim gesny – toe breek ek sy leer !!

    • 12 BB
      April 23, 2009 at 9:00 am

      I was stuck in die leer!!😳 – toe’s dit either my vingers óf die leer!! My ridder!!
      (ons het hulle nog nettie vertel watter gesig dit was toe JY emmer en al van einste leer af-dinder nie:mrgreen: ‘n ‘leer’same ondervinding daardie, hm??
      Hy’t jou wragtig met die skroewedraaier ook gegooi??😯 Ek het die snymerk op jou duim gesien ja!! Maar jy weet mos om hom nie te pla wanneer hy balke saag nie??!!🙄

  8. April 23, 2009 at 11:28 am

    Die grinder was self defence, BTTB wou my weer klap, toe lem ek hom. But I have no recollection of the alleged screwdriver insident

    • 14 Krista
      April 23, 2009 at 5:03 pm

      Mens kan julle ook nie vir ‘n oomblik alleen los nie!😉

      Dis hy!
      Nee, dis nie ek nie, dis hy!😀

  9. 15 Krista
    April 23, 2009 at 5:04 pm

    Mens kan julle ook nie vir ‘n oomblik alleen los nie!😉

  10. 16 Alta
    April 23, 2009 at 7:06 pm

    O my soul, toe lem julle mekaar, klap mekaar en dit alles in die proses van balke saag. Vreemd!😆

  11. 17 krista
    April 24, 2009 at 11:03 am

    Ok, so stemdag is verby en BB het die scars en kneusplekke om dit te bewys. Wat van ‘n nuwe post antie-BB?

  12. 18 Roer
    April 28, 2009 at 9:56 am

    Hoe’s hierdie vir bright? Ek het ‘n uur voor die stembus oopgemaak het, daar aangekom en was 2de in die ry, sodat ek nie ‘n uur later in ‘n ry moes staan nie. Brilliant huh?🙄 Liefie het my van club duvet gesms en gevra of ek toe 1ste is, toe sms ek hom terug, “nee hier het ‘n ou omie my gebeat”. Wat doen mnr saligheid (botter kan nie in my mond smelt nie) toe? Hy sms my terug “moer hom”. Ek het al my koffie gespoeg van die lag/skok. Dat so ‘n woord nou van my man se ‘mond’ moet kom!! Ou oom net-net gemis, maar sy vuil kyk was erg genoeg. Volgende keer gaan ek maar laat slaap en ‘n uur of wat in ‘n tou staan. Ek leer maar swaar.

    • April 28, 2009 at 1:39 pm

      “Club duvet” 😆 Jy’s snaaks, Roertjie!

  13. 20 BB
    April 28, 2009 at 10:59 am

    LOL!! ou Botterbek…😛


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: