07
May
09

Who…


sussies-van-der-sandt

Who will be your smiles tonight

and who will hug you tight

Who will be your little girls

in this now big and empty world?

Who’ll love you no matter how

Who’ll share their innocent charms

Who will call you “Mommy” now

and Who will fill your arms?

😦

Toe ek die hoofopskrifte teen die lamppaal lees vanoggend, het my oë toegewasem en al wat kon uitkom was: “Ag, Here!!!” En ek het in die spitsverkeer gesit en huil.

En toe ek by die werk kom, sit liewe ou oom Sarel daar by sy lessenaar (hy wat sy dogter ‘n ruk terug ook moes afstaan aan die dood) – en toe ek instap, toe weet hy ek weet dat hy dit ook gelees het – en toe sê hy saggies, met sy eie verlies nog blink in sy oë:

“Mens het nét 24 uur per dag om seer te hê, BB.  Maar hóé deel jy dit deur 4???” 😦


14 Responses to “Who…”


  1. May 7, 2009 at 3:05 pm

    Dankie dat jy iets hieroor geskryf het, BB. Ek was so hartseer vanoggend toe ek lees die vierde sussie is ook weg. Ja, ek weet nie hoe deel jy jou hartseer deur vier nie. Ek voel so, so jammer vir daardie ouers. Loutere hel, dis waardeur hulle moet gaan.

  2. May 7, 2009 at 3:06 pm

    BB, toe jou blog begin oopmaak en ek sien die fototjie en ek besef waaroor dit gaan was my heel eerste gedagte om se skel en skreeu oor die onbesonne mens wat verantwoordelik was hiervoor. Maar wat sal dit tog help . . .
    Om een kind, wat nog van 4 kinders aan die dood af te staan kan ek kan nie eers begin om te “comprehend” nie. Dit is nie regverdig nie . . . dit is nie regverdig nie . . . dit is nie regverdig nie . . . DIT IS NIE REGVERDIG NIE

    R.I.P Lynette, Miranda, Marissa en Estelle van der Sandt. Vir Mamma, Pappa en familie het ek nie woorde nie, want woorde bestaan nie hiervoor nie.

  3. May 7, 2009 at 3:27 pm

    Ek dink nie daar is woorde om dit beter te maak nie PJ.
    Dis net ongelooflik hartseer…ek weet ook nie hoe verwerk mens so iets nie, regtig, ek weet nie.

  4. May 7, 2009 at 4:42 pm

    Dis on-comprehendbaar (flip, ek glo nie daar is so n woord nie! Ek weet nie hoe daai ouers dit sal verwerk nie…seker nooit nie!Dis wreed dat een gesin so iets moet oorkom. My hart is baie seer vir die ouers en familie.

  5. May 7, 2009 at 10:32 pm

    BB ongelooflik hartseer. Ek weet regtig nie hoe bly mens staande na so iets nie.
    My simpatie aan die naasbestaandes!

  6. May 8, 2009 at 8:26 am

    Ek huil al een stryk deur van gister af… Ding is, dit kon enige een van ons gewees het…. 😥 Ek weetie van ander nie, maar ek sal mal word… Die gedagte is selfs vir my te veel om aan te dink…

  7. 7 Zee
    May 8, 2009 at 9:07 am

    Ek wil nie graag in daardie mamma of pappa se skoene wees nie…. NOOIT nie. Mens kan maar net bid dat die Here sy waakende oog oor hulle moet hou sodat hulle die krag kan kry wat hulle nou so bitter nodig het.

    Alle simpatie aan die twee ouers.

  8. May 8, 2009 at 2:21 pm

    Dit is so verkeerd, so onnodig

  9. May 8, 2009 at 3:57 pm

    Deel deur 4! 😦

  10. 10 Zee
    May 9, 2009 at 2:37 pm

    BB, gelukkige moedersdag môre!

  11. May 9, 2009 at 10:43 pm

    Ek dink wat Oom Sarel bedoel het is….. Die seer in 24 uur MAAL 4!
    Jissie dit is regtig baie sleg.

  12. 13 Roer
    May 11, 2009 at 12:32 pm

    😥 😥 😥 😥

  13. May 12, 2009 at 2:23 pm

    Hi BB

    Dis by verre die treffendste possie wat ek nog raakgeloop het die maand.

    My seun is nou 14 maande oud en as ek aan hom dink dink ek aan velcro drukkies, stadigbewegende hande op fyntjies raak te vat, ‘n gespring, kekkellaggies, ‘n sin vir humor beter as baie volwassenes wat ek ken…

    Die gedagte dat hy more van my af weggeneem kan word bring ‘n vuishou na my maag…dan moet ek eers my selfoon se screen beloer waar sy gevreetjie vir my wag om my gerus te stel.
    Vier kinders, sommer net so? Vat my dan maar eerder saam!!


Leave a reply to Pagoda32 Cancel reply


May 2009
M T W T F S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Archives

Blog Stats

  • 186,352 hits