01
Jul
09

Faith – I Dare You!!


 faith1

Faith…

I’m finished fighting or arguing over why I believe and I’m finished hearing clever talk about why you think God does not exist.

Well non-believer, it’s as simple as this: do me a favor and test Him this once:

Just ONCE talk to Him ‘as ifHe IS. You don’t need to kneel, close your eyes or fold your hands – you need to just talk to Him. Say something like :

Prayer

 

GOD, I don’t believe in You and I feel like an utter fool actually talking to someone or something I don’t believe in, BUT, God, You know BB – well at least she says You do. And she says that she knows You. Now, I do think she’s a bit crazy at the best of times… but IF You exist, Father, would You show me, so that I might see You the way she does – even if only for a moment? IF You ARE – Would You speak to me or plant a seed of faith in me, in that almighty powerful way that those that call themselves Your children talk of so reverently? I can appreciate that they also say that Your time is not my time- and they say, that apparently You always pick the right time – but I’m in no hurry, God, since I don’t believe in You in any case, but IF You ARE, would You then please show me before my life on earth is through, coz it seems like that’s a really BIG concern for ‘Your kids’ for some reason.

Oh and God, while I’m at it… IF You DO reveal Yourself in a day, a month, a year, a decade – and I do happen to find Faith, help me to contact at least one of the people whom I may have ridiculed in this regard for so long, to let them know… And if You don’t God – well then, I’m sure they won’t mind either, but apparently they’d be glad to hear it. Now, ……. what ‘s that word those silly Christians use at the end of a prayer again😕 – Oh yes, AMEN! …”

…or whatever else you might say to get over the akward feeling of having spoken to someone who is not.

Why you would want to do this? Wait!! I hear you saying : “ok, I’ll do it – IF YOU, BB, just ONCE act as IF He ISN’T – or DOESN’t exist!! 

Easy!! I’ve been there, I’ve done that too – many countless times, repeatedly, gone rushing in where angels feared to tread – got the bruises and the scars – and that is why I can choose to keep the faith and LIVE the Faith.

Because it KEEPS me.

Please remember to try to communicate with God earnestly and respectfully (it’ll only be this one time – and nobody needs to know except for Him and you😉 , if You ridicule Him face to face in that which I call ‘prayer’ – please don’t hold it against Him, me, or Christianity as a whole, should you meet Him on your way down one day😦 (and by that I certainly don’t mean ‘hell’, dearest reader, coz who am I to (a) judge you or (b) prove its existence – no, I merely mean the ‘6 foot under’ kind of ‘down’)

Be Blessed Allermooistes!! (ja, JY ook – want of jy dit wil glo of nie, van Hom af kom jy en na Hom toe sal jy terugkeer – en wanneer jy eendag voor Hom staan wens ek dit eerlik en opreg met my hele hart, sonder enige beterweterigheid of voorbarigheid, maar nederig en opreg: dat nie net jy Hóm sal ken nie, maar Hy vir JOU!!)  xx

As jy tot hier gelees het, sal jy tog dalk my ‘dare’ uitoefen – indien nie, is dit regtig ook jou keuse… Ek dink ek is op hierdie stadium in my lewe te veel deur hoog en diep, dat jou persoonlike sinisme en/of intelligensie en/of ontnugtering  my bootjie nog kan ‘rock’.

NB: (Amen DOES NOT MEAN ‘ten-four’ or ‘ciao’ or ‘Aufwiedersehn’ or ‘Cheers’!🙄 , it means : “It shall be so”😉 )

Pray

LW!! : Hierdie is NIE!! person-specific aan enigiemand gerig nie!! (En moet asb nie woorde in my mond loop lê nie!! – dis eerder kommentaar by meer blogs as wat ek care to remember waar ek toelaat/toegelaat word om verbaal te ná gekom te word oor my geloof – wat per slot van sake slegs veronderstel is om jou so om te krap ás ék en slegs ékself jou al ooit reg bewys het m.b.t. jou opinie oor godsdiens en geloof).

 Hoekom dit ‘ok’ is vir ‘n ateïs of dan nou ongelowige om my geloof in God en dan spesifiek my God te question of te ridicule (in wie hy/sy in any case nie glo nie😕 ) gaan my verstand te bowe.

Hoekom dit ‘ok’ is om te vra: “Wat doen jou God??” of “Waar’s jou God??” as jy nie self een het nie (en dit duidelik maak dat jy ook nie een benodig nie), is beyond me. (Maybe is dit juis jou innerlike dieper self (jou spiritual being) wat tog maar soek na een???


42 Responses to “Faith – I Dare You!!”


  1. July 1, 2009 at 7:49 am

    Ek verstaan presies waaroor jy praat. Dit is my persoonlike besluit waarin ek glo… Moenie goed in my keel afdruk nie, en ek sal dieselfde respek toon. Each to his/her own seg ek. Live and let live. Ek ignoreer sulke gesprekke, want hulle word gewoonlik uitgelok juis omdat mense reaksie gee.

  2. July 1, 2009 at 11:06 am

    xxxx ♥♥♥ xxxx Dankie BB! Dankie die jy die moed van ‘n leeu het…. Dankie dat jy genoeg omgee…

    • 3 BB
      July 1, 2009 at 11:58 am

      Jong Pikkeliks – there’s a fine line between courage and fear – you know that courage is fear that has said its prayer😉

  3. July 1, 2009 at 2:46 pm

    So ja, nou’s ek vir ‘n slag hier by jou ook!🙂 Ek glo nie ons as Christene moet Hom “uitdaag” om Homself te “reveal” nie, Hy is daar en die ou wat nie om hom kan rondkyk en die wonderlike dinge kan raaksien nie, moet vir hom kry. Geen boeda of whatever kan daardie goete maak nie. Mens moet net geloof hê en soms is my geloof maar klein, moet eerlik sê en dan moet manlief my weer herinner aan dinge en laat ek my kop in skaamte sak.
    Ek wil ook nie met mense redeneer nie, as hy nie bereid is om te luister – soos ek bereid is om te luister as hy oor sy geloof wil iets sê nie, dan moet hy verby hou. Gewoonlik loop sulke gesprekke op onmin uit, want mense weet nie hoe om dit te hanteer nie, hulle kan nie soos volwassenes oor die onderwerp “praat” en mekaar aanhoor nie, dis gewoonlik ‘n geval van die een wil die ander oortuig en basta. Ek hou van jou inskrywing, ek het presies so image, maar ek wil my amper verstout en sê dat myne se kleurskakerings anders is, ek weet ook nie, maar ek onthou dit goed, ek het dit ook van iewers so ‘n paar maande terug op my pc gesave. Baie mooi!

    • 5 BB
      July 1, 2009 at 3:30 pm

      Welkom Nikita!! Ek het darem ook reëls in my lewe: ek argumenteer en redeneer nie oor Godsdiens nie. En ek loop nie na ‘verlore’ siele en soek nie. Gewoonlik stuur Hy hulle sommer so oor my pad – oor hulle Hom nodig en oor hulle dalk iets in my ou lewetjie sien wat gaan sinmaak wanneer ek dan my geloof oordra. Maar sommer trompop mense loop bekeer?? Nee wat!! Dit sit hulle eerder af as ‘aan’…
      En nee, skat – ‘ons Christene’ weet mos darem van beter as om Hom uit te daag😉 dink ek…. hmmm dis nou as ons die dag kan saamstem oor alle aspekte betreffende ons geloof.

  4. July 1, 2009 at 4:35 pm

    Het ook al opgegee om mense te probeer oorreed. Dit werk nie. Ek glimlag gewoonlik net, want ek weet van beter. God sal wel hulle oë self oopmaak. Ek was aan die ander kant van die lig, in die skemer van demone en sonde. Ek het gesien wat min sien. Ek weèt God is daar. Jy is reg, ons kan Hom nie sommer net vra om Homself te openbaar nie, maar ons kan vra dat ons oë (sowel as diè van die ongelowiges) sal oopgaan vir God se versteekte Paaseiers – subtiele tekens van Sy bestaan wat Hy orals vir ons los in sy skepping. Selfs ons wat glo kyk somtyds verby dit en ek dink God gebruik somtyds die ongelowiges om ons te herinner om dieper te kyk. Wat dink jy?

    • 7 BB
      July 2, 2009 at 6:49 am

      Solank daai glimlag een van nederigheid en dankbaarheid is – en nie voorbarigheid re ‘ek weet tog van beter, na-na-na-na’ is nie, Dion😉 Ek ken té veel hooghartige Christene – dié wat vergeet het dat dit ook maar net deur Sy Genade is dat hulle in die geloof kan staan. en dan staan en neerkyk op ongelowiges in hulle nuutgevonde ‘holyness’…😦
      Jip, Dion, jy’s so reg!! Hy herinner my constantly daaraan om ‘dieper’ te kyk – verby die maskers en die hardeg@tgeit (skuus my frans) en audacity en voorbarigheid en dis juis hoekom my motto ‘n baie humble “there, but for the Grace of God, go I” is.
      Dankie vir jou inloer!

      • July 2, 2009 at 10:21 am

        Dankie vir die verwelkoming! Nee, dis beslis ‘n glimlag van: Dankie Vader dat U alreeds in U genade my oë laat oopgaan het. Ek is dankbaar dat U dieselfde vir hierdie ongelowige voor my gaan doen. Hooghartige en neerhalige Christene is die rede hoekom my kerk is waar ek en my familie saamkom om die Woord – nie die gebou waar almal vroom sit en sing en bid en sodra hulle uitloop, spreek hulle lewenswyses anders nie. BTW, as enigeen bietjie meer wil weet oor die “ander kant”, gaan lees gerus my getuienis op my blog. Ek sê mos altyd “Know thy enemy…”.
        Seën aan jou, BB, mag meer jou blog raaksien.

        • 9 BB
          July 2, 2009 at 11:16 am

          Know thy enemy – Is goed om VAN hom te weet ja Dion – maar daar’s te veel mense wat meer van hom af weet as van hulle God – en soms kry hy meer eer vir dinge wat skeefloop as wat hom toekom… die mens was te maklik en te vinnig sy hande in die onskuld en reken “the devil made me do it”. Of hy jaag teen 180km/h en iemand draai voor hom in – “the devil made him do that”🙄 – of hy snuif ‘n strokie babapoeier😯 , of sy spandeer die broodgeld op ‘n paar Prada’s, of die man los sy vrou en babaseuntjie virre stripper omdat sy dan altyd so ‘happy’ en sorgeloos is en sy vrou net heeldag moan en kerm, of die vrou val virre laventelhaan wat haar om elke hoek en draai compliment terwyl haar man saans te moeg is om nog ‘n halfuur met haar te chat… ag noem maar op – nobody wants to own up to their own choices and decisions – coz somehow “the devil makes them do that”.😦

          • July 3, 2009 at 9:17 am

            Einste. Vermoor jou kinders of familie – “The devil made me do it!” Mense aanvaar net nie meer verantwoordelikheid vir hulle eie dade nie. Accountability. Dink net hoe baie van ons land se probleme sal daarmee heen wees as net die politici verantwoordelikheid vir hul dade en besluite aanvaar, en vandag se jeug neem kennis…

  5. July 1, 2009 at 10:14 pm

    Beeps, mag ek jou opinie vra so van die os op die jas, amper nie….

    Hoe beleef jy Jesus se liefde? Is dit ‘n wete of ‘n emosie wat jy ervaar want ek sukkel.

    • 12 BB
      July 2, 2009 at 7:16 am

      Girly, dis vir my meer wete as emosie, miskien juis omdat ons as mense, emosie anders ervaar as wat ek dink ‘spiritual emotion’ waarskynlik is. Wanneer iemand my vra “How does one love the Lord?” dan kan ek mos nou nie my eie ou klein verwysingsraamwerk van emosie gebruik om dit te verduidelik nie – dis nou emosie teenoor my familie, vriende, geliefdes, WANT emosie is mos maar baie afhanklik van nie slegs jou bui en jou gesondheid en jou finansiele toestand nie, maar ook ‘n refleksie vir dit wat vir my aangebied word deur ander mense en dit wat na my toe terugkom. Maar emosie is uiteindelik slegs ‘n sensasie en baie baie wisselvallig en onbetroubaar – juis omdat dit so afhanklik is.
      Slegs wanneer jy mense beyond ‘verdienstigheid’ liefhet, soos jou ouers of kinders – die een emosie wat meer consistent hoort te wees as teenoor ander mense (bloed is dikker as water kinda effect, nê?) – sal die emosie jou nie sommer faal nie (alhoewel jy dalk boetietjie se nek wil omdraai of jou ma stel jou teleur) – lief sal jy liefhê.
      Dis die naaste wat jy kom in jou mensvorm aan ‘wete’ van liefde. Jy wéét jou ma is lief vir jou. Jy weet jou kind dink jy’s is die allermooiste, allerbeste, allersterkste, aller wat-ook-alste ooit…
      En dis hoe ek die liefde van Jesus ervaar. As ‘wete’. Hy is lief vir my. Meer as my ma. Meer as my kinders. Meer as wat ek vir my kinders kan wees. Hy is vêr beyond emotion. Sy liefde is vir my waarskynlik veral hierdeur duidelik Girl: My liefde en omgee en deernis vir just about anybody who walks this earth; my hardnekkigheid om iets goeds in iemand te loop soek, al lyk dit asof daar ‘nie meer salf aan te smeer is nie’; daai liefde is nie uit my en van my nie, Girl – dis Syne. Dit het maar net in my plek kom kry. Dit is totaal en al vry van emosie; dit gee nie om hoeveel keer die persoon my ‘snub’ nie, of hoeveel keer hulle aanvallend is, hoe hulle uitvaar en hoe hulle optree nie – ja, my ‘menswees’ wip haar deeglik vir die een of die ander se optrede en reaksie, maar Sy liefde, hou my onwillekeurig ‘sag’ en approachable en forgiving en sterk. En DIS hoe ek Sy liefde ervaar.

      • July 2, 2009 at 10:49 pm

        Joe, dan het ek nog vrek baie om te leer. Ek is eintlik nou half teleurgesteld want ek het gewag vir hierdie WOW oomblik waar ek dit emosioneel gaan ervaar. Daar is nog baie breiwerk aan die girl.

        • 14 BB
          July 3, 2009 at 7:21 am

          😛 @ Girly!! No fear!! You’ll have those moments too!! But they will be at times of worship and in times of prayer en in times of communion and sharing with others. Jy sal wel by tye BAIE WOW oomblikke ook ervaar, maar ek het beslis nie consistently 24/7 so gevoel nie.

          • July 3, 2009 at 6:45 pm

            Dan is die saak reg. Ek gaan worship dat die biesies bewe!

            Dankie vir jou geduld.

            • July 11, 2009 at 4:46 pm

              Liefde is ‘n emosie, maar ek verstaan liefde as die emosie wat beleef word in reaksie op ‘n lewenslange “commitment” omdat ek glo dat die ander (E)een iemand is saam wie ek my lewe wil deurbring en wat ek glo waarde kan toevoeg tot my lewe.

              Sulke “liefde” is dan ‘n liefde wat bly, selfs al gebeur alles nie soos ‘n mens gedink het dit moet wees nie.

              Liefde is dikwels “ten spyte van” en nie “as gevolog van” nie.

  6. July 2, 2009 at 9:15 am

    10/10 vir jou, BB. Ek was ook al stomgeslaan oor die comments wat sommiges los oor God, Christene en hoe stupid dit actually is. Dankie dat jy die moed gehad het om namens baie van ons te praat.

  7. July 3, 2009 at 9:46 am

    Dis eintlik maar tit for tat, sou ek dink. Party mense voel genoop om hulle geloof te bely teenoor ander wat weer die sinlikheid daarvan betwyfel, of selfs wil ontken. Nieteenstaande dit alles is ek op my beurt genoop om vrae te vra en sal dit seker nooit verander nie, ongeag wat of waarin ek glo, al dan nie.

    Dit is natuurlik almal se volste reg om hulle mening en gedagtes te opper, maak nie saak of dit saamstem of verskil nie. Die punte wat jy aanraak oor respek is natuurlik belangrik. Dit is waar ek soms probleme met baie ateiste optel (soos natuurlik Nathan Bond) wat voel hoe krasser hulle die kwessie van godsiens kan aanvat, hoe beter. Dit is maar op sy beurt eintlik niks meer of minder dít waarvan hulle die wêreld religië beskuldig nie – net nog onverdraagsaamheid. Maar dan is daar van my tydsgenote wat weer aanvoer my beskouing van verdraagsaamheid is oud-modies, dat in hierdie kwessies van geloof ek minder verdraagsaam moet wees, omdat die verdraagsames nie onvedraagsaamheid moet aanvaar nie. Wat hulle miskyk, is natuurlik die feit dat baie gelowiges juis vanweë hulle geloof altoos verdraagsaam is – en dit is reeds ‘n stap in die rigting van die goed. Daar is natuurlik die Phelps in Amerika, ‘n skreiende klad op die naam van godsdiens en ‘n uitbeelding van die erns wat godsdienstige onverdraagsaamheid tot gevolg kan hê.

    Eweneens, soos demoerin aanvoer, dit is ‘n persoonlik aangeleentheid … en immers ‘n saak van geloof. Waar ander dit meer gelate en sonder vooroordeel kan aanvaar, is ek nou eenmaal die ondersoeker, die reisiger, en sien ek die wonder van dinge in dinge, soms met ‘n intense bewustheid van iets groots, en dan ook daarsonder. En ek sien ook die gevalle toestand van die skepping in die euwel van die wêreld, en weet dis eintlik maar net “the horror, the horror” van menswees. As geloof in ‘n bonatuurlike wese vir baie mense die verlate, wanhopige en waansinnige toestand van die mens versag, gun ek hulle daardie berusting. Moet net nie vir my kom sê die Here bepaal vrouens mag nie in die kerk diens doen nie, soos onlangse deur die sinode van die Doppers versin is. Dan is my vraag willekeurig en sonder voorbehoud: sê wie!

    Ek is bly jy bely jou geloof. Dit beteken baie vir baie wat hier lees.

  8. 19 BB
    July 3, 2009 at 10:36 am

    Om my geloof te bely is een ding Emil. Dis die maklike deel… die praat. Die doen, veral betreffende verdraagsaamheid, is die proof in the pudding.
    Ek het eerlikwaar, netsoveel of dan nou eweveel ‘probleme’ met gelowiges as met ongelowiges. ‘n Gelowige meet ek teen ‘n heeltemal ander ‘waardestelsel’ – veral dié van wie ek wéét wat hulle oortuiging is. Jy’t by my minder van ‘n kans om sagkens en verdraagsaam behandel te word as jy as self-confessing Christen ‘onchristelik’ optree as andersom.
    Ek reiterate: ek is nie verdraagsaam in my eie-ek-menswees BB nie – ek is verdraagsaam deur Hom of in Hom of Hy dan nou in my😕 so iets…
    Vir ateïste het ek regtig nie veel te sê nie – behalwe: “get a life – your own!”. Los my uit dan los ek jou uit. Of nee: los my uit, punt. Want ek het my nog nooit met hulle bemoei om mee te begin nie. Ek pla hulle nie. Ek preek nie vir hulle nie. Ek glo wat ek glo en jy wat jy glo – vat my vas as ek ‘onchristelik’ optree, ja – any time!! Maar moenie op my neerkom soos ‘n ton of bricks omdat ek glo in ‘n onsigbare God nie. Dis daardie God wat van my ‘n beter mens gemaak het. Dis daardie God wat my lewe betekenis gee. Wat my ‘n gevoel van security gee, wat die SAP nie kan nie😉 – wat my deernis en liefde gee. Vir wat sal ek dit ruil?? Vir ‘n leë gevoel van woede om op ander te loop uithaal om elke hoek en draai, omdat hulle glo dat hulle lewe slegs sinvol is, omdat hulle dalk met ‘n doel op hierdie tyd en plek op aarde is en nie by some accident of nature, per abuis vir 80 jaar hier is om wat nou weer presies te doen??
    Og, en so dwaal ek alweer van die punt af, Emil – sorry!! Maar dankie dat jy tog soms nog inloer – en dankie vir juis daardie verdraagsaamheid wat so spiritually visible aan jou kleef.
    Ek verstaan en hoor almal se standpunte m.b.t die doppers se sinode se besluit. Maar ek is nie ‘n dopper nie en in my kerk mag, nee word daar van vrouens verwag om diens te doen – rephrase: van MENSE verwag om diens te doen. En al die geskree rondom dit? Ek weier om een asemteug te mors op ‘n objection oor iets wat my nie in die minste raak nie en waaraan ek niks kan doen nie en waar niemand wat saakmaak my gaan hoor of aanhoor nie. Gaan die kerk leegloop? Dalk. Dalk nie. Dis soos ‘n mishandelde vrou wat by haar man bly… her choice. But will they make the right choice?? Time will tell…

    • July 3, 2009 at 11:11 am

      Omdat geloof van ‘n mens ‘n beter mens kan maak, kan daardie ingryping nie onomwonde verwerp word nie. Dit maak nie vir my saak of die bloot die neurologie van die brein is, of werklik ‘n spirituele ingryping – kyk ons nie na die resultaat daarvan nie? Dis tog wat saak maak, regardless van waar dit kom. Hier verskil ek van die hoofstroom ateis deur die erkenning wat ek daaraan gee. Die Doppers se sinode bepaling is eerder ‘n voorbeeld van die stryd waarmee ek my besig, as wat dit kritiek is. En dít is dat elke Jan Rap en sy maat hulle die uitsluitlike reg kan toeien om te verkondig wat die Here nou kwansuis sê. Dit is wat my pla van godsdiens, want elke ou se god sê iets anders. Dit maak die konsep van “right choice” dubbelsinnig – vir my dan, in ieder geval.

      Daai leë gevoel is ook ok😉

      Dis die filter waardeur ek die wêreld sien, maar anders as Kurtz in Conrad se “Heart of Darkness” verval ek nie totaal in daardie wanhoop nie. Soos ‘n baie wyse geesgenoot vir my vandag laat besef het: “My hart sê vir my daar is meer as net donkerte, meer as pyn.”

      En die teenoorgestelde van wanhoop, is hoop. En dít beskaam nie.

      • 21 BB
        July 3, 2009 at 12:28 pm

        Jy weet wat het ek so mettertyd agtergekom Emil?? Ook maar mens ook maar eie-selfsugtige-ek het ek altyd gedink Hy sal die ‘ander sondaars’ aan my uitwys en vir my sê: “help hulle bietjie reg daar, BB, aangesien jy dan nou so mooi ‘bekeerd’ is en soveel van ‘beter’ weet:mrgreen: “. Maar néé jong!😳 As die Here met my praat, is dit baie meer gereeld ‘n teregwysing op myself as oor of betreffende enigiemand anders – selde ‘n uitsondering op daardie ‘reël’ – en dis juis hoekom ek weet Hy praat met my – per slot van rekening is dit ‘n saak tussen Hom en my waar dit my betref…
        As ek vir Hom (selfs nou nog – jaja ek seg mos ook maar mens…) iemand point en sê: “Ag Here, práát tog daar!!” of “Here, kyk wat vang hulle aan!!!” of “Here, hy/sy maakie reg (met my) nie” – time and time again draai Hy die fokus terug op my. “En wat doen jy, BB??” “Wat dink jy, BB” “Wie is jy, BB??” “Wat maak jou allknowing? All wise?? en All that ‘right’??”
        My God – of soos ek Hom ken, gee nie vir my rules om op ander af te forseer nie of toe te pas nie. Sy ‘rules’ is lankal neergelê (geskryf) – in so ‘n eenvoudige, kort en kragtige manier moontlik vir selfs my om te verstaan. Wanneer Hy met my praat, wat ‘nuwe’ rules betref is dit selfs op MY en my beswil van toepassing. Wanneer ek ‘dink’ ek het Hom gehoor praat en ek wil dit as Sy Wil proklameer en toepas en dit raak enigiemand na aan of om nie en dit kom hulle te na of maak ander de moer in (😉 ) moet ek weer loop dink of ek Hom regtig ge’hoor’ het en of dit nie dalk my eie-selfsugtige-ek was wat myself probeer oortuig dat Hy so sê. Turns out 10 out of 10 times that I had great ideas that suited me quite well, but were definitely not of or from Him.
        Dis soos wanneer ek op ‘n stout website afkom – man, ek g😯 gle ALTE graag!!😛 Slaan my oë op na waar my hulp vandaan kom!! en skree: “Here, kyk hier!!!!!” (want ek loer so deur my vingers😉 – “KYK, die vieslike goed!! Ag Here, hoekom spaar U my dit nie!?!”🙄
        Ek dink Hy voel soms om my hard en aanhoudend teen die kop te klap!!! “Maak tóé daai window, BB!!!” “Ja, maar…” “EK sê MAAK TOE DAAI WINDOW, BB!!!” “Gaan U hulle nie straf nie?????” “Ek gaan JOU straf, ja! As jy nie nou luister nie!!” “Maar……”
        Sien – die saak tussen Hom en ‘hulle’ is NIE MY saak nie. Now, THAT took me a while to grasp. And once in a while when I come running and pointing at someone else, He still has to tell me the same thing again.
        Ja, dit pla van Godsdiens – but never will men or ‘a’ man who has gotten ‘word from God’ to do a, b or c influence me negatively if my own spirit, who is connected to God’s Spirit tells me otherwise. And tell me, it will. And in this case it’s telling me that He will handle it in His way – and that I am not at all equipped to supervise or control this process. But there will be people who are. And they will handle it. Godsdiens as I know it is not God serving me – it’s me serving God – or me serving people and in that way serving God. Die kerk is supposed to be a congregation of people serving God. If my church doesn’t do that – I make the ‘right choice’. I get outta there!! But it doesn’t make me want to serve God less. I’ll find another way to do that – and thát will (hopefully) still be the ‘right choice’ – Jip, dankie tog vir hoop!! Dit beskaam inderdaad nooit nie. En Geloof is mos maar juis the substance of things HOPED for…

  9. July 3, 2009 at 2:56 pm

    Stunning woorde BB! As ek NIE geglo het nie, sou jy my wragtig hier baie diep laat dink het!

  10. July 7, 2009 at 5:38 am

    My eerste comment hier by jou. Moet se nadat ek altyd op baie blogs van die vreeslike fights lees is dit wonderlik om te sien hoe die “blogs draai na Jesus”🙂 en dat mense nou wil se hoe hulle oor hulle verhouding met God voel. Dis ‘n wow!

    • 24 BB
      July 7, 2009 at 6:57 am

      Welkom Sandra!! Ek kan ongelukkig nie van die werk af blogspot toe nie – sal vanaand daar kom draai maak, ja?!

  11. July 8, 2009 at 11:55 pm

    En nou sit ek in groot afwagting en kyk of ******* gaan kom… 😆

    fixed Boends – no offence😉

    • July 9, 2009 at 9:17 am

      Ok, BB, maar ek dink nie hy sou omgee nie. 😆 Ons het al so bietjie hieroor gechit-chat…

  12. 27 BB
    July 9, 2009 at 7:13 am

    These days even good ol’ atheists are becoming rude & intolerant… I expect the first atheist suicide bomber any moment now…

    • 28 Andrew
      July 9, 2009 at 10:17 am

      Boom.😯

      Hi BB en Boendoe, ek het gelees dankie. Eish daar is soveel druk op my om ‘n performance te lewer ek kry skoon stage fright.😆

      • 29 BB
        July 9, 2009 at 10:54 am

        Dis KA-boom vi jou Andrew!!😀
        Maar baie BAIE welkom hier, nê?! Ek is nou seriously hoogs impressed dat jy juis op hierdie post tot heel onder (al issit net) gescroll het!!😯

        en stage fright?? I know for a fact you’re not afraid of the stage… it’s the audience that’s scary sometimes, I know, but you’ll get used to them like I did… they’re actually really nice people – mostly😉

        Btw Andrew…no pressure… no diamond!:mrgreen:

      • July 9, 2009 at 5:39 pm

        Kom, kom, Andrew! Jy’s baie dinge, maar jy’s nie bang nie, is jy? 😯

        • 31 Andrew
          July 9, 2009 at 11:08 pm

          Boendoe jy is ‘n regte shit stirer, ek gaan jou oë omdop.😀 Ek dink ek is te dom-astrant om bang te wees.

          Nou ja, nou moet ek myself seker sielkundig begin voorberei vir my gebed aan God, ek kan darem nie ‘n “dare” laat verby gaan nie. Maar dis ‘n moeilike besluit om een te kies aan wie ek dit gaan rig. Decisions, decisions. Dis seker wys om die mees populerste een te kies. Sal more laat weet hoe dit gegaan het.

          • 32 BB
            July 10, 2009 at 7:25 am

            My money is on my God😳 – og, amper vergeet ekke – ‘ons’ mag nie dobbel of wed nie…😉 ok, then, jy kan met myne praat, Andrew – dis al een wat ek wéét en kén van, wat luister én antwoord. Ek kan nie die ander aanbeveel nie – ek is sublimely oningelig en unacquainted met hulle – en dus kan ek jou nie waarborg dat daar kommunikasie gaan plaasvind nie.
            Myne…ja. Hy antwoord wel. Elke keer.

            • July 10, 2009 at 7:45 pm

              Ek gaan nie meer stir nie. Net terugsit en my oe wawyd oop hou. 😉

  13. July 10, 2009 at 1:52 pm

    Is die God wat deur ateiste verwerp word, die God van patriarge, die God van die profete, die God van die filosowe, die God van die mistieke, of die God van die 18de eeu? Al hierdie gode is as die God van die Bybel en die Koran deur Moslems, Christene en Jode beskrywe deur die verloop van die geskiedenis. Hulle verskil van mekaar. Deur die “geskiedenis van God” te lees in ou geskrifte anders as die Bybel, is dit duidelik dat self Christene al as ateiste beskou is. Is dit ‘n fase, ‘n transisie? Is moderne ateisme ‘n soortgelyke ontkenning van God, waar laasgenoemde dalk nie meer ‘n antwoord is om die probleme van ons tyd nie?

  14. July 10, 2009 at 1:54 pm

    Ag, ek wou byvoeg: we are all watching a daily fight between the darkness and light. What we want, but may never get, is assurance that the light will prevail. Elke individu sal vir hom/haarself moet uitklaar of God ‘n toekoms het.

    • 36 Andrew
      July 10, 2009 at 6:10 pm

      Emil en BB,

      Vir mense soos ek is ateisme nie ‘n bewustelike besluit nie. Al dreig iemand om my oe toe te box kan ek net eenvoudig nie glo in ‘n Skepper nie. I know we have evolved brains that explain the world in terms of agency … the complexity of the human eye, the meaning of life ect, yet I am more than happy to accept a natural explanation even if it unsettles me. What set off the big bang? We don’t know, that’s all, there is no default explanation.

      Reality is so many times more exciting and amazing when compared to fiction, that a life without it would seem like a life not worth living. When I am in nature I find proof of a process, others find proof of a creator. When you are in love you want to share it with the world.😉

  15. July 11, 2009 at 9:27 am

    Al wat ek kan sê, is dat ek niks verloor deur te glo nie, maar wel baie gaan verloor die dag as ek uitvind dat ek moes geglo het en nie het nie. En intussen wen ek baie meer deur aan God te glo en te vertrou.So, ek gaan myself nie slim hou en als te wil ontrafel en bevraagteken nie, sal maar soos n kind glo, dit werk nog altyd vir my.

    • 38 Andrew
      July 11, 2009 at 10:23 am

      Dis nie ‘n slegte redinasie nie “play it safe” maar dit sal nie vir my help nie. God kan volgens Bybelse skrif ons gedagtes lees en Hy sal weet dat ek nie regtig glo nie. Indien ek verkeerd is oor Sy bestaan kan ek maar net hoop dat Hy my genadig sal wees omdat ek eerlik was en nie louwarm was nie.

      • July 11, 2009 at 10:55 am

        …en ook sal jy nie kan sê: “maar ek het nie geweet nie”🙂

  16. July 11, 2009 at 4:55 pm

    Well done “BB” dit was nou vir my lekker om hier te lees en veral die gesprek te volg. Al deie ander ouens ook, sinvolle insette. Andrew, ek gun jou jou verskil met Christene en ek het waardering vir manier waarop jy aan die gesprek deelneem.

    Ek kyk ook in die natuur en sien sekere prosesse en ek laat toe dat die prosesse my geloof versterk. ‘n “Amazing” God wat dit alles aan die gang sit en in stand hou.

  17. 41 Andrew
    July 12, 2009 at 10:44 am

    Jy is heeltemaal reg Nikita, die Woord van God is om elke hoek en draai aan my bekend gemaak, amper op ‘n daaglikse basis, sover terug as wat ek kan onthou en tot vandag toe nog. Ek verwag dat die Jehova getuies enige oomblik aan my deur gaan klop … dis weer Sondag en vir een of ander rede is my huis ‘n trek pleister vir hulle.😀

    • July 12, 2009 at 4:13 pm

      Sterkte, Andrew! Hulle klop gedurig aan almal se deure, selfs hier waar ons is was hulle al hier ook.🙂 Jy sal dalk soos die Romeinse heerser – Attie sal kan sê wat sy naam is, ek kan nie nou onthou nie!🙂 – begin sê: “Jy beweeg my om ‘n Christen te word” (Paulus toe hy ‘n gevangene was)


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


July 2009
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: