03
Aug
09

♪♫ Die Tyddeel Verjaar ♫♪


 

Op die wysie van “Die byeboerwa” – met apologie aan Anton Goosen 😉

 

BB's trailer

 

 Die Tyddeel Verjaar

 Vers 1 :

30 JAAR GELEDE HET PA AANDEEL GEKOOP

IN ’N PLEKKIE BY DIE SEE

ELKE JAAR DIESELFDE MAAND VIR MOOIWEER GEHOOP

EN DAAR GAAN DIE TREK ALWEER

 

DIE WIELE ROL ~

DIE VENTERTJIE KREUN EN HY KLA

GELAAI MET ’N WAVRAG VOL

HY KAN DIE SWAAR LAS NET-NET DRA

 

Refrein :

DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR

DIS ‘N HELE JAAR SE WAG

EN ELF MAANDE SE SPAAR

DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR

DIS SWEET, BAKLEI EN LAG

MAAR AS JY SIEN IS ONS DAAR

 

Vers 2 :

10 JAAR LATER WAS PA GATVOL GERY

NA DIE AFGELEEFDE PLEK

ELKE JAAR SE WIND EN REËN EN PAKKERY

EN NET DAAR BOIKOT HY DIE TREK

 

DIE VENTERTJIE SKREE

WAS MY ASSEBLIEF”  IN STOF-TAAL

EN PA BEGIN TYDDEEL UITDEEL

MET DIE PLEK NOG NIE EERS AFBETAAL!

 

Vers 3 :

SO 5 JAAR TERUG – NET VOOR SY AFTREETYD

KAN PA SY G@T SKOP OOR SY BESLUIT

EK STUUR VIR HOM EN MA EN BOET OP ’N OORSESE REIS

BLY MET DIE VENTERTJIE BY DIE HUIS

 

DIE VENTERTJIE  HUIL

EN EK PIK ’N EENSAME TRAAN

EK HET SO AMPER ONS SLEEPWA GERUIL

VIR ’N LENDELAM KARAVAAN!

 

Refrein :

DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR

DIS ‘N HELE JAAR SE WAG

EN ELF MAANDE SE SPAAR

DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR

DIS HUIL EN STRY EN LAG

MAAR AS JY SIEN IS EK DAAR

WANT: DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR!!

 

VriendingTrailer

Ek sal nog terugvoer gee oor die lysies, maar assit van die Vriending afgehang het, het ons trailer seker só ↑ gelyk:😯

…want dis koffie en flesse en blikkies en bottelsvol koeldrank en water en coolbokse en en en….

…en ‘k wonner maar net of sy brieke gaan hê as sy eers weggetrek het🙄

 

Eeeehhhhmmm: Allow me to introduce the prototype that PJ built for us over the weekend::mrgreen:

PJTrailer

Jip, al wat nog kortkom is die deksel, dalk😕

Then again – die PJ verstáán nog nie regtig van skoene en ‘n Big Jim Makeup tassie nie😉

As ons die wiele afhaal kan ons dalk dune-riding doen??😆

 

En laaste, maar nie die minste nie: Die H3 se voorstel!!

Hy reken hy kan hierdie tipe sleepwa so-te-sê virre bargain aanskaf😯

(én ons kan hom ná die vakansie veelsydig andersins aanwend🙄 –

én hy’s lig genoeg dat ons ons shopping daarmee kan doen –

en boonop maak hy blykbaar ook ‘n excellent beach chair😕

H3trailer


17 Responses to “♪♫ Die Tyddeel Verjaar ♫♪”


  1. August 3, 2009 at 3:15 pm

    Damn jy is oulik ( en nog n ander klomp goed ook, maar gaan nie hier noem nie ) xxh

    • 2 BB
      August 3, 2009 at 7:33 pm

      😳
      I love you too😉 xx

  2. August 3, 2009 at 4:28 pm

    😆 Ek het nie woorde nie! 😆

    • 4 BB
      August 3, 2009 at 7:35 pm

      Boends!! jy hoefie woorde te soek nie, maar my??!!
      Sing nettie tune-tjie!!:mrgreen:

  3. August 3, 2009 at 6:45 pm

    trek julle of gaan julle vakansie hou🙂

    • 6 BB
      August 3, 2009 at 7:36 pm

      Dryf u dalk die spot met my, Me. Franklin??🙄

  4. August 3, 2009 at 10:49 pm

    Jislaaik, ou Beeps. Jy is voorwaar enig in jou soort!

    • 8 BB
      August 4, 2009 at 7:08 am

      Uuuhhhmmm dankie Girly, ek dink😕
      We should always remember that we are unique!! …just like everybody else:mrgreen:

      • August 4, 2009 at 12:14 pm

        Dis verseker ‘n goeie ding… Jy is net ‘n inspirasie oor verskeie redes.

  5. 10 Krista
    August 4, 2009 at 7:38 am

    Oi! Enough already!🙄

    Jy kan altyd ‘n ander travelbuddy kry . . . die agtergeblewenes sal dan maar die rescue mission dryf . . .👿

    • 11 BB
      August 4, 2009 at 7:50 am

      Nee hel Vriending??!!😯 Ek bedoel brieke virre ‘pp’ nie brieke oor ek bekommerd is oor jou bestuursvermoë nie?! Ek het die allergrootste vertroue met jou agter die stuur! (Piksteel ‘n-all-‘n-all…:mrgreen: )

      • 12 Krista
        August 4, 2009 at 8:53 am

        Ek belowe ons sal nie ‘n waterplek verby ry nie . . . ok?😉

  6. August 4, 2009 at 10:12 am

    😆 Ek hoop julle gaan virre maand weg om die beplannery die moeite werd te maak.
    Sjoe, ek raak moeg net om dit te lees!

    • 14 Krista
      August 4, 2009 at 12:27 pm

      Details, DMI, details . . .

  7. August 4, 2009 at 1:44 pm

    Whahahahaa! Briljant Beeps!😆

    Die pienke behoort die ding te doen – lyk of daar darem genoeg plek is v jou skoene!:mrgreen:

  8. 16 Jo-Ann
    August 4, 2009 at 5:57 pm

    Nou steek ‘n ou deuntjie met nuwe woorde vas! Ek hou van daai pienk enetjie…. ek het ‘n ou waentjie wat kan doen met ‘n make-over…

  9. 17 Krista
    August 5, 2009 at 7:37 am

    Nog net 6 slapies . . .


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


August 2009
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: