Op die wysie van “Die byeboerwa” – met apologie aan Anton Goosen 😉
♫ ♪ Die Tyddeel Verjaar ♪ ♫
Vers 1 :
30 JAAR GELEDE HET PA AANDEEL GEKOOP
IN ’N PLEKKIE BY DIE SEE
ELKE JAAR DIESELFDE MAAND VIR MOOIWEER GEHOOP
EN DAAR GAAN DIE TREK ALWEER
DIE WIELE ROL ~
DIE VENTERTJIE KREUN EN HY KLA
GELAAI MET ’N WAVRAG VOL
HY KAN DIE SWAAR LAS NET-NET DRA
Refrein :
DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR
DIS ‘N HELE JAAR SE WAG
EN ELF MAANDE SE SPAAR
DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR
DIS SWEET, BAKLEI EN LAG
MAAR AS JY SIEN IS ONS DAAR
Vers 2 :
10 JAAR LATER WAS PA GATVOL GERY
NA DIE AFGELEEFDE PLEK
ELKE JAAR SE WIND EN REËN EN PAKKERY
EN NET DAAR BOIKOT HY DIE TREK
DIE VENTERTJIE SKREE
“WAS MY ASSEBLIEF” IN STOF-TAAL
EN PA BEGIN TYDDEEL UITDEEL
MET DIE PLEK NOG NIE EERS AFBETAAL!
Vers 3 :
SO 5 JAAR TERUG – NET VOOR SY AFTREETYD
KAN PA SY G@T SKOP OOR SY BESLUIT
EK STUUR VIR HOM EN MA EN BOET OP ’N OORSESE REIS
BLY MET DIE VENTERTJIE BY DIE HUIS
DIE VENTERTJIE HUIL
EN EK PIK ’N EENSAME TRAAN
EK HET SO AMPER ONS SLEEPWA GERUIL
VIR ’N LENDELAM KARAVAAN!
Refrein :
DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR
DIS ‘N HELE JAAR SE WAG
EN ELF MAANDE SE SPAAR
DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR
DIS HUIL EN STRY EN LAG
MAAR AS JY SIEN IS EK DAAR
WANT: DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL – DIE TYDDEEL VERJAAR!!
Ek sal nog terugvoer gee oor die lysies, maar assit van die Vriending afgehang het, het ons trailer seker só ↑ gelyk: 😯
…want dis koffie en flesse en blikkies en bottelsvol koeldrank en water en coolbokse en en en….
…en ‘k wonner maar net of sy brieke gaan hê as sy eers weggetrek het 🙄
Eeeehhhhmmm: Allow me to introduce the prototype that PJ built for us over the weekend:
Jip, al wat nog kortkom is die deksel, dalk 😕
Then again – die PJ verstáán nog nie regtig van skoene en ‘n Big Jim Makeup tassie nie 😉
As ons die wiele afhaal kan ons dalk dune-riding doen?? 😆
En laaste, maar nie die minste nie: Die H3 se voorstel!!
Hy reken hy kan hierdie tipe sleepwa so-te-sê virre bargain aanskaf 😯
(én ons kan hom ná die vakansie veelsydig andersins aanwend 🙄 –
én hy’s lig genoeg dat ons ons shopping daarmee kan doen –
en boonop maak hy blykbaar ook ‘n excellent beach chair 😕
Damn jy is oulik ( en nog n ander klomp goed ook, maar gaan nie hier noem nie ) xxh
😳
I love you too 😉 xx
😆 Ek het nie woorde nie! 😆
Boends!! jy hoefie woorde te soek nie, maar my??!!
Sing nettie tune-tjie!!
trek julle of gaan julle vakansie hou 🙂
Dryf u dalk die spot met my, Me. Franklin?? 🙄
Jislaaik, ou Beeps. Jy is voorwaar enig in jou soort!
Uuuhhhmmm dankie Girly, ek dink 😕
We should always remember that we are unique!! …just like everybody else
Dis verseker ‘n goeie ding… Jy is net ‘n inspirasie oor verskeie redes.
Oi! Enough already! 🙄
Jy kan altyd ‘n ander travelbuddy kry . . . die agtergeblewenes sal dan maar die rescue mission dryf . . . 👿
Nee hel Vriending??!! 😯 Ek bedoel brieke virre ‘pp’ nie brieke oor ek bekommerd is oor jou bestuursvermoë nie?! Ek het die allergrootste vertroue met jou agter die stuur! (Piksteel ‘n-all-‘n-all… )
Ek belowe ons sal nie ‘n waterplek verby ry nie . . . ok? 😉
😆 Ek hoop julle gaan virre maand weg om die beplannery die moeite werd te maak.
Sjoe, ek raak moeg net om dit te lees!
Details, DMI, details . . .
Whahahahaa! Briljant Beeps! 😆
Die pienke behoort die ding te doen – lyk of daar darem genoeg plek is v jou skoene!
Nou steek ‘n ou deuntjie met nuwe woorde vas! Ek hou van daai pienk enetjie…. ek het ‘n ou waentjie wat kan doen met ‘n make-over…
Nog net 6 slapies . . .