16
Sep
09

…and Nothing But The Truth…


 

2

 

1. Wat doen jy vir ‘n lewe – dis nou as jy nie sing nie?

Ek is ‘n programmer (ehm deesdae noem hulle ons allerhande wonderlike naampies o.a. software developer, software engineer, computer scientist, of software analyst), maar ek is maar net ‘n ‘hêppie techie’ solank ek kan programme skryf, statistieke onttrek en ontleed en foute soek (en opspoor/oplos) in ander geeks se coding :mrgreen: Quite UN-glamorously Nerdy, huh?😉

2. Sê jy kan een aand voor jy gaan slaap vooraf bepaal waaroor jy wil droom die nag, wat sal jy wil droom, waar sal jy dat jou onbewuste jou neem, wat moet in die nag gebeur.

Eendag was daar… dis hoe dit gaan begin… in die tyd toe ek omtrent 11/12 jaar oud was. Ek gaan tussen my pa en my ma sit terwyl hulle vir my vertel dat hulle besluit het om tog bymekaar te bly. En ek gaan my hele lewe voor my sien afspeel uit daardie angle. (Ek weetie of een nag genoeg gaan wees om 30+ jaar deur te draf nie, maar dis ‘n droom, so dis seker possible?) Sien, ek soek baie na myself as kind van ‘n ‘heel’ gesin. Ek kan en sal nie kla met hoe dinge uitgedraai het nie, maar ek sou so bitter baie graag net wou weet wie ek dan sou wees. En of ek steeds ek sou wees… Ek sal seker met ‘n moerawiese draai (as ek dit kan wheedle) steeds by my Helge uitkom – I can work that in, it’s my dream, right? En oordat hy ook maar eers vir ‘n hele lang ruk ander dinge en mense moes deurleef, sou die einde van my droom just about dieselfde tyd wees as die begin van my realiteit nou – so, sal ek hom deel wil maak van die conclusion of dan die awakening uit my droom.

3. Hoeveel ure slaap kry jy in elke aand?

Presies so-te-sê amper oppie kop 8 ure elke nag. Ek kan dalk een of twee aande in ‘n ry later gaan slaap, maar ek haal dit nie sommer weer in nie – en moegheid vir my is erger as PMS😉

4. Gooi jy dikwels jou toys uit die cot?

Nee!😯 ek dink nie so nie🙄 Nee, seriously nie. Ek kan my wip, ja. Kort en kragtig. Maar dis vinniger verby as wat jy kan sê “mes”. En ek het die ongelooflike gawe om ‘n ding agter my te sit. If it doesn’t feed me, it has no reason to stay…

5. Sou jy weet dag en datum wanneer jy die hiernamaals sal ingaan?

Nee… Ja? Hmmm… wee’ jy, in a way sou ek graag dalk wou weet bloot om alles te doen en te sê wat ek so lekker uitstel… Ek dink ook nie dit sou my negatively beinvloed om te weet nie. Ek het beslis geen deathwish nie, maar ek sien alles behalwe op daarna.

6. Wat van liefde is vir jou mooi?

Die kyk, Girly, die kyk. Dis alles in die kyk. Eyes don’t lie. Ever. You can say and write and do a million things, maar as ek iewers instap of verbystap – as ek die trappe afkom, as hy die hek vir my oopmaak – dis net in die kyk wat my hele waarheid van die liefde lê. (dis hoekom dit soooooo moeilik is om van liefde finaal afskeid te neem – your reflection of what love is, is gone. You might have letters and cards and photos as reminders, but you can’t see it in the eyes no more.😦

 7. Het jy al ooit honger gaan slaap?

Ja, ek het. Derduisend jare terug toe my eerste twee klein was… Ek het seker gemaak hulle kleuterskool gee ontbyt én middagete met snacks tussenin – dit was die allerbelangrikste deel van my budget. Ek het vreeslik geleer improvise in daardie tyd met ‘aandetes’ – ek het bv. broodjies met koekiedrukkers uitgedruk en die vormpies in eier en melk gedoop en elke aand met iets anders of op ‘n ander manier voorgesit. (Ek het die korsies gebêre vir die volgende dag en dan dalk ‘n eier in die middel breek en dit panbraai, of dit laat droogword en met die crumbs die ongelooflikste pastei-krummel-degie gemaak, wat ek net met blomkool geserve het. (tot vandag toe vra Georg gereeld wanneer ek weer vir hom blomkool so sal maak). Ek kan een vienna rék dat dit genoeg is vir 2 honger kinders😉 . Ek het daai tyd nogal geleer om selfs dit nie depressing te laat word nie en ‘honger’ het amper meer ‘n fasting of sorts geword. I had just found some faith then and I somehow still believe in a way that since then I had learnt to be master of my food (and therefor maybe my body, too). It only goes in when I say so, when I choose to or when I’m really hungry.

8. Wat is die eerste vraag wat jy sal vra wanneer die poorte se deure agter jou toeslaan?

What have I done to deserve this?!

9. Huil jy ooit?

Heng, ek huil soos ‘n skoothondjie! Ek huil vir ALLES! Ek huil tot soms as ek ‘n nice bloginskrywing lees. Ek huil my oë uit by ‘n skool konsert of meriete aand. Ek huil oor die Home Makeovers oppie Lifestyle Channel. Ek sit en chat met God in die oggende voor ek moet werk toe en dan moet ek soms die make-up weer fix. Ek huil oor die flimsy paar woorde wat ek skryf vir iemand… en ek huil soms as ek net vir iemand kan dankie sê. (Helge het nou die dag my nuwe licencedisk in die kar met ‘n Namibia sticker geplak – spesiaal vir my. En toe’s ek snot-en-trane.) So, ja – ek is amptelik ‘n ware pissie:mrgreen:

10. Dink jy, jy is ‘n goeie eggenoot? Hoekom?

Nee, ek is nie. Dalk relatief ‘goed’. Ek het ‘n simpel ‘spreekwoordjie’ wat sê: “I mean it in the nicest possible way”, but that only gives me some kind of permission to say or do whatever I think is right😉 – however selfish it may seem. Ek dink ek is nogal baie accommodating – met mense oor die algemeen in any case ook. Ek weet ek verwag slegs dit wat ek self het om te bied of self kan gee en wees. No more. No less. Ek is loyal en devoted. Ek is as partner moerse extreme. I want more. But then, I also always want more from most things in life – en niks het met materialism te doen nie. Ek is nogal ‘n anti-materialist. I can live with (or without) most things in life. So, I’m not demanding in that regard, which probably makes me an ‘easy’ partner. Ek is demanding as dit kom by affection en devotion. All the time. Ek wil altyd en aanhoudend weet (al is dit net in my hart oortuig wees) dat ek Numero Uno is. But it costs just about nothing to keep me happy and content.

11. Jy wat so brag met jou platgeit… wats jou borsmaat? Wat sou jy wou gehad het?

Uhhhmmm – truth or dare:mrgreen: ek dink dis tans ‘n 32A😳 – ek sal graag virre vol B (en as ek dan maar mag greedy wees ‘n C cup gaan). Sometyds is ek vuur en vlam om dit te laat doen en dan weer dink ek daar is soveel ander dinge wat ek ook baie eerder wil doen – veral vir Helge nog Frankryk toe vat en/of Spanje en lots and lots of weekends away… but if I had the funds, I’d have it done sonder ‘n second thought.

12. Wat is jou gunsteling kos?

Og! Ek love platters! Klein happies van alles. Ek hou van ‘skoon’ kos. In die sin van: paar slices goeie kaas, salami, tamatie en basil, met ‘n focaccia en ‘n botteltjie droë rooi. In my pa se area in Duitsland is hulle tradisionele ete sommer ‘n “Zwiebelkuchen” – amper soos ‘n brosdeeg (pizza shape) met hope en hope gebraaide uie bo-op (partykeer spek ook), klits eier met ‘n bakkie suurroom en gerasperde Emmentaler en gooi bo-oor – bak ini oond virre 45 min. Bedien met ‘Neuer Wein’  of Apfelmost of ‘n Kleine Helle. Simpel. Plein. Ek bestel in ‘n pizzeria maklik net ‘n focaccia met ‘n Caprese salad en dis al. Ek is nie ‘n rys vleis en aartappel girl nie. Ook nie souse en dips en goed nie. ‘n Bottel Mayo en tamatiesous hou vir maande in die yskas – as dit nie voete groei en self ontsnap nie. (My grootste irri in die lewe is mense wat souse oor hulle kos gooi voor hulle nog daaraan geproe het – ek sloof my nie vir ure af aan finely spiced menu en jy dunk als in Worcesteshire of Tamatiesous of Aromat nie!!)  :evil:

13. Hoe het jy en daai spiertier van jou ontmoet?

Jinne Girl, ek kan partykeer self nie die ‘aanloop’ onthou nie😕 By coincidence more than anything. My meisiekind se beste skoolvriend en Helge kom ‘n laaaang pad saam. Ek het hom én uiteindelik vir Helge toe ge’erf’ by sy ma en Helge se lifepartner. Maar ek weet as ek met my bakkie verby sy shop gery het op pad Spar toe, sou die man die een of ander tyd seemingly from ‘out of nowhere’🙄 langs my by die vleisrak opeindig. En dan was hy te skaam om selfs te groet:mrgreen: – en as ek by die kassier kom, staan hy langs my met ‘n bottel Coke ini hande (en hy het ‘n yskas in sy shop ;) . Eendag het ek hom gesms en gevra of hy weet wat die mense agter sy rug sê (klein voorstad waar ons bly en almal het geweet van die “Leeu…”. Hy wip hom soos net hy kan en sê: “Sê maar”. En ek sê: “Nice ass”.😳 – en toe’s die koeël deurie kerk so to speak. (Het my steeds ‘n rukkie gevat om hom te oortuig dat ek seriously ‘n great catch is😆 )

14. Dink jy enige iemand kan sing?

Nee. Maybe. Depending. Daar is mense wat nie behoort te sing nie. Nie solo in elk geval nie. Harmonies is soooooo forgiving, though… I certainly don’t think I should be paid for singing. En ek kan beslis ‘n noot hou – maar dit maak my nie ‘n great soloist nie. I have more heart than voice, I think and I try to give more than just some repetitive aframmeling van ‘n refrein wat aanhou en aanhou.

Nee, ek dink nie enigiemand kan sing nie, Girl, maar elkeen behóórt beslis te sing – ongeag.

 15. Wat, volgens jou, is die mooiste song wat jy nog ooit gesing het? En wat is jou fans se gunsteling?

Die mooiste song wat ek nog ooit gesing het, of sing, is en bly alliepad “Amazing Grace” – (ek isse ‘ou’ bagrafnissanger😉

It so totally depends on the ‘fan’, DMI. It depends on what speaks to them. Ek weet bv. Whoopsie hou van “First I am a Woman” en die Vriending het haar eie song, maar of dit regtig haar gunsteling is, weet ek nie? Ek vrek daaroor om “Hey Koos” te sing en al skryf ek hoe graag lovesongs sing ek baie eerder die meer pub-vibe kinda songs soos “Wag!” en “Dis makliker as wat jy dink”. Maar my alltime favorite song om te sing bly seker “Lili Marlene”.

16. As jy iets in jou lewe kon verander, wat sou dit wees?

Og! Sê my jy ken iemand by “Reach for A Dream”😯 ??!!😉

Ek sou aktrise geword het. Ek het die ATKV toekenning in my matriekjaar gewen vir die beste aktrise in die Nasionale toneelkompetisie. Carel Trichardt en Trudie Taljaard was hoofbeoordeelaars. Ons het elke streek en provinsie uitdunne gewen. Dit was awesome! Ek het Trudie se toneelskool bygewoon vir ‘n ruk. Het nog ‘n beautiful brief van haar wat ek soos goud bewaar (in my dream-box). Trudie wou met alle geweld vir my ‘n beurs reël. Was by tannie Carike op Kraaines virre onderhoud. Het ‘n hele album vol koerant uittreksels en foto’s en die stuk is toe as deel van die wenprys deur die SAUK opgeneem en uitgesaai. (Ek het vir lank probeer om die video of copy uit hul argiewe te laat grawe). Die experience was a-m-a-z-i-n-g en die droom…. het maar net ‘n droom gebly).

Life happened… Jou ma glo jy moet ‘n ‘ordentlike’ werk loop leer én doen… and who will ever know?? Unless I can get to Rosie’s question on my dream ↑↑↑ soon, dan kan ek dalk feedback gee op daai een😉

 

Last but not least: My EMM (Enigste Mooiste Meisiekind) se vraag:

Mamma: Watter belangrikste lewensles/boodskap kan jy uit al jou ervaring aan my oordra?

Sjoe! As jy my kans gee kan ek vir jou ‘n boek skryf, maar die short en sweet daarvan:

It’s all to do with ATTITUDE, my liefkind. Towards your partner. Your family and friends. Your work, your colleagues. Strangers. Anything and everything you do. And most of all towards yourself (don’t allow others to do unto you that which you wouldn’t even contemplate doing unto others – EVER!

Don’t be too hard on people – they’re human afterall. And don’t be too hard on yourself either, ’cause you’re definitely no angel either (not yet anyways😉 – Either you control your attitude or it controls you… It’s só hard when I have to, and só easy when I want to. A lack of positive attitude is the greatest disability in most people’s lives.

Abraham Lincoln het eendag gesê: “I don’t like that man. I must get to know him better“. Give each person you meet at least a fair chance.

Also – Do NOT ever believe that you can change someone. The only one you can change is YOU.  If you’re willing to do that, do NOT blame someone, who you’ve chosen to change for, later on. Blame yourself if need be – never someone else. Niks is so sieldodend uitputtend as unforgiveness en blame.

And lastly my baby, a positive attitude may not solve all your problems, but it will annoy people that really irk you, to make it worth the effort. Trust me on that one!

 :mrgreen:

I think I am a glow worm,
A glow worm’s never glum
‘Cos how can you be grumpy
When the sun shines out your bum?! 
😉
~Author Unknown

 

Oja – how could I forget???😯

Net gou-gou nog hierdie, my EMM:

Of jy gaan dans… of nie. Of jy uitgevat word op ‘n classy date… of nie. Of jy kan paaldans… of nie. (Of jy ‘n paal het of nie). Hel, of jy daarmee kan loop, nevermind dans of paaldans, of nie – Every girl should own at least :

red-stiletto

one sensational pair of heels!! 

:mrgreen:


13 Responses to “…and Nothing But The Truth…”


  1. September 16, 2009 at 10:48 am

    Amazing Grace is ‘n hoendervleis song. Sal altyd wees.

  2. 2 monique
    September 16, 2009 at 2:57 pm

    Mamma: Watter belangrikste lewensles/boodskap kan jy uit al jou ervaring aan my oordra?
    Love YOU! Mwah

  3. 3 Krista
    September 17, 2009 at 4:36 am

    As “fan” is AL BB se songs vir my heart-songs. Daar is ‘n paar absolute favourites of course, maar sy het die amazingste ability om woorde saam te ryg sodat jy die prentjie kan sien.

    Ek kan nie wag om die nuwe songs te hoor nie . . .

  4. September 17, 2009 at 6:33 am

    Hiehiehie…. Ou Beeps! Lekker leesstof!

    So… Wanneer is daai show van onse Steve?

  5. September 18, 2009 at 4:22 am

    Vraag 13 hierbo my lief – gaan jy nou n bietjie uitbrei daarop of moet ek MY weergawe hier neerskryf ? Vra maar net xxxh

    • 6 Krista
      September 18, 2009 at 4:39 am

      Oeeeeee, gee ons jou weergawe asb!!!!!👿

      • 7 Krista
        September 18, 2009 at 4:40 am

        😀

    • 8 BB
      September 18, 2009 at 5:06 am

      Vir wie gaan my Allermooiste b(l)oggermaaikies nou glo, my Love, hm? Vir jou?!?!🙄

      • September 18, 2009 at 5:22 am

        Dit is altyd beter om albei kante van die saak aan te hoor😆

  6. September 18, 2009 at 5:51 am

    Ek sal maar my weergawe hou vir later , dit het dalk n ouderdomsbeperking en n klomp sulke letters namekaar SNL 21 of so iets ? Hulle sal jou glo my lief , ek weet xxh

    • 11 BB
      September 18, 2009 at 9:18 am

      BB 3:1-3
      There’s a time to fall in love
      A time to eat and a time to sleep
      A time to lift weights too:mrgreen:

      And then, my Love, in the words of Ecclesiastes 3:7a time to keep silence”😉

  7. September 30, 2009 at 2:23 pm

    Biebs ek het nou so bietjie opgevang en sommer so in reverse gelees en hierdie is een van jou beste inskrywings ooit. Maar weer, BB = Truth…. Dis hoekom jy so special is, jy is altyd, altyd eerlik EN wat mooi is aan jou eerlikheid is dat jy altyd ander se gevoelens in ag neem met jou eerlikheid. Jy maak nooit seer net om te kan sê ‘ek is eerlik’ nie… ((((((BB))))))

    • 13 BB
      October 1, 2009 at 4:54 am

      Thnxxx Pikkeliks😳


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: