18
Sep
09

My Leenkind…


Ek wou nie nog ‘n ‘baba’ hê!

Hel, drie is mos genóég?!🙄

Maar HY’t net stil vir my gesê:

“Hier’s hy” en hom by my kroos gevoeg.

Hy hét ‘n ma gehad, dié seun

 – ‘n ma fenomenaal –

maar sy het hom vir my geleen

toe die Vader haar kom haal…

En soos die tydjie aanstap

het ek gereeld gefaal

in hierdie leenkind-ma-skap

nie een-, maar menigmaal.😳

Soms wonder ek wat sy sou doen

en wéét ek keer op keer

sy sou sy sorge beter soen

en hom van deernis leer…

~ @ ~

My B-kind, my leenkind, ons kom al so ‘n lang pad, nê? Ek weet dit was nie vir jou maklik nie. Ek weet als van jou my kind. Ek weet van jou swakhede en van jou krag. Ek ken jou verwarring en jou kwaad en jou vrae en jou groot seer. Ek lief jou soos my eie. Ek weet van jou teleurstellings – in die lewe, in mense en in my. Veral in my. Dat ek moed opgegee het en myself by tye so vêr verwyder het, bloot omdat ek nie opgewasse was teen jou probleme en jou struikelblokke nie.
Ek wil net sê dat ek altyd altyd daar was, B. Altyd daar is. En altyd daar sal wees. Dat ek vir jou bid elke liewe oggend, soos vir elkeen van my kinders. Vir jou beskerming en leiding. Vir blessings en vir genade oor jou. En ek wéét dat jy ultimately deur alles gekom het en behoed en bewaar is, slegs en alleenlik omdat HY jou nog nooit gelos het nie.

 

B

 

Met die herdenking van jou geboortedag, B, onthou net dit:

Dit gaan nie oor die hoeveelste jaar mens oud is nie. Dit gaan nie oor hoeveel verby is en hoeveel daar nog voorlê nie. Dit gaan oor vandag. En vandag is jou dag. Vandag herdenk ons God se gawe van lewe aan jou. Dit wat jy in jou lewe doen, B, is vir Hom dank genoeg. Ek wens vir jou bo alles in die lewe, om tevrede te kan wees. Om dankbaar te kan wees. Om te wees, wie jy geroep is om te wees. Om te word, alles wat jy van droom. En om te weet: ek is hier, B. Sal altyd wees. x


8 Responses to “My Leenkind…”


  1. September 18, 2009 at 8:11 am

    Ek dink die kosbaarste geskenk wat B vir sy verjaarsdag het (maar seker al lankal weet) is die feit dat jy hom lief het Beeps.

    Dis mooi wense daai! As hy dit nie nou verstaan nie is ek seker hy sal wanneer hy ouer is… Maar ek glo hy doen want hy klink soos ‘n ou siel in ‘n jonge lyf!?

  2. September 18, 2009 at 8:17 am

    Vir jou my Lief , kan ek nooit genoeg dankie sê nie xh

  3. September 18, 2009 at 8:24 am

    Ai, BB, jy skryf die mooiste goed op die belangrike dae. Baie mooier as ‘happy birthday’ en ander ge-ykte goed. Geluk, Leenkind, met jou verjaardag. Mag al BB se wense en drome vir jou waar word. 😉

  4. 4 Zee
    September 18, 2009 at 10:22 am

    BB se B-kind, mag jou geboortedag wonderlik wees, maar met ‘n leen moeder so BB, sal dit nie anders wees nie!

    ♪♪ Happy birthday B-kind ♪♪

  5. September 18, 2009 at 10:25 pm

    Pragtige inskrywing van ‘n pragtige mens. Ek glo hy waardeer jou sakke vol! Baie geluk aan ‘B’ ook!

  6. September 20, 2009 at 7:20 pm

    Baie geluk! September babas is spesiaal! (Ek is dan ook een!)

  7. September 21, 2009 at 6:52 am

    Vreeslike mooi stukkie leesstof.

  8. September 23, 2009 at 9:10 am

    Jy klink asof jy nie te ‘n bad leen-ma is nie! Ek wens meer seer kinders was so gelukkig om by iemand soos jy te land.

    Mag julle pad vorentoe, veilig en lig wees.

    xxx


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: