11
Oct
09

My Vriending…


 

Bday

Eendag…

terwyl GOD op Sy wolktroon sit

en kyk hoe die eng’le die wolk afwit

gaan SY gedagtes oor die aard’

en HY dink: “Almal is tog só standaard…,

dis weer tyd dat EK iets spesiaal

op daardie plekkie neer laat daal”.

En sonder aarsel, sonder skroom

asof HY lankal dit gedroom

bou HY net daar ‘n meisiekind

(ek weet nie hoe’t dit plaasgevind ;) 

Al wat ek weet is, daardie dag

het HY geweet dat mense wag

vir juis dáái een, waarsonder hul

maar op hul eie aan moes suk-kel (ok, dit rym wragtig nie, maar dit dig:mrgreen: )

~ ~ ~

Hoe en waar sal ek begin

My woorde is beslis te min

Om te verduid’lik, te vertel…

Maar hierdie, Vriending, dit weet ek wel:

Die dag toe GOD jou neer laat daal

is vir my só vrééslik spesiaal,

Want ek wéét net (HY’t my dit gesê) :

“Dis dié beste Vriending wat jy óóit sal hê!!”

Ek dank HOM gereeld en aanhoudend vir jou bestaan. Met die herdenking van jou geboortedag, dank ek HOM éérs!

Veels Geluk met jou Verjaarsdag, Vriending. Mag GOD jou seën en nog baaaaaie jare vir ons spaar!

Liefde

BBxx

happy-birthday


8 Responses to “My Vriending…”


  1. 1 Krista
    October 12, 2009 at 6:33 am

    Baie, baie dankie!!! Ek is geseënd om ‘n beste vriendin soos jy te kan hê!😀

  2. 2 Sammi
    October 12, 2009 at 9:09 am

    Baie BAIE BAIE nice Beeps!!!

    Geluk Krista!!!

  3. October 12, 2009 at 9:27 am

    Baie geluk en mag daar nog baaaaiiieeee wees

  4. 4 Plaasjuppie
    October 12, 2009 at 11:52 am

    What she said😉
    Om te dink I,m the lucky one she picked to marry😆

    • 5 BB
      October 12, 2009 at 12:57 pm

      Dit is en bly wragtig vir my die mooiste kompliment van alle tye Narciepit!

  5. October 13, 2009 at 11:11 am

    Pragtig BB!! Baie geluk Krista, al is dit laat, mag daar net geseënde jare vir julle voorlê!!!

    • 7 BB
      October 13, 2009 at 11:43 am

      Welkom terug Pikkeliks!!! So goed om jou gatsiggie weer ini rondte te sien!:mrgreen:

  6. October 13, 2009 at 11:11 am

    BB, amper vergeet ek! Jy het huiswerk!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


October 2009
M T W T F S S
« Sep   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: