16
Oct
09

Jy is Alles in Een Mens…


 

Happy Birthday, mein Herz

~ ♥ ~ I love You ~ ♥ ~

~ ♥ ~ 

MY LIEF JY’S NIE ’N DIGTER

WAT MET WOORDE VEEL KAN TOOR

JOU LIEFDE IS STOM-SKUGTER

MAAR DIS JUIS WAT MY BEKOOR

JY WEET NIE VEEL VAN RYM EN KLANK

MAAR JOU BEELDSPRAAK OP MY LYF

EN JOU HANDE PRAAT IN WOORDE

WAT ‘N DIGTER NOOIT KAN SKRYF

~ ♥ ~

JY HET NIKS OM TE BEWYS MY LIEF

JY HET ALLES REEDS GESÊ

JY HET NIKS MEER OM TE GEE MY LIEF

EK HET ALS WAT EK WOU HÊ

JY IS MEER AS WAT EK OOIT KON DROOM

ALS WAARVOOR EK KON WENS

JY IS ALLES

ALS IN EEN

ALLES IN EEN MENS

~ ♥ ~

MY LIEF JY’S NIE ’N SKILDER

WIE SE WERK TEEN MURE HANG

JOU LIEFDE IS SELFS STILLER

AS ‘N FOTO IN DIE GANG

JY WEET NIE VEEL VAN TINT EN KLEUR

MAAR AS JY VIR MY KYK

‘KAATS DAAR IN JOU OË SKAKERINGS

WAT SELFS SKILDERS NIE GEBRUIK

~ ♥ ~

GEEN BEELDHOUER – NIE ‘N ARGITEK

NIE ‘N SANGER OF AKTEUR

MAAR JY IS ALLES ALS IN EEN ALLES EN VEEL MEER

JY IS ALLES – ALS IN EEN – ALLES IN EEN MENS

~ ♥ ~ ♥ ~ ♥ ~

 

 

Wipneus, my Whoopsiemaaikietjie – duisend dankies vir die samestelling en uitbeelding van die liedjie hierbo en juis dit wat my só na aan die hart lê… Bx

Notified @ SAMRO


12 Responses to “Jy is Alles in Een Mens…”


  1. October 16, 2009 at 5:18 am

    Dankie my Lief – jy maak dit so spesiaal – dankie dat ek die dag met jou kan deel – dankie Wippie vir die video – Lief xxxh

  2. 2 Krista
    October 16, 2009 at 5:57 am

    ♪ Happy birthday to yoooooouuuuuuuuu . . . ♪

    Mag al jou wildste drome bewaarheid word!

  3. 3 Plaasjuppie
    October 16, 2009 at 6:10 am

    Happy Birthday Big Man!

  4. October 16, 2009 at 6:18 am

    JY WEET NIE VEEL VAN RYM EN KLANK; MAAR JOU BEELDSPRAAK OP MY LYF; EN JOU HANDE PRAAT IN WOORDE

    WoW Beeps…. dis darem maar baie mooi gese! Veels Geluk B2B!

  5. October 16, 2009 at 6:19 am

    Hi Helge

    May your birthday bring you as much happiness as you give those who know you. Baie geluk mag dit vir jou ‘n wonderlike jaar wees. Liefde D & M
    ps: Dis ‘n groot plesier🙂

  6. 6 Sammi
    October 16, 2009 at 9:06 am

    Beeps
    Hierdie liefde wat jul het, DIS ‘n inspirasie. Was nog altyd en sal altyd wees.

    Baie, BAIE geluk Helge! Jy het REEDS jou grootste geskenk – elke dag! Bly haar geniet!

    En Wippertjie, JY is net HART – Ek’s darem so flippen lief vir JOU!!

  7. October 16, 2009 at 2:29 pm

    Baie, baie geluk Helge. Dis pragtig en amazing! Ek is geroer…

  8. October 17, 2009 at 8:09 am

    *bloos* Biebs, ek kry nie die video so dat ek na die musiek kan luister nie…. Dis net ‘n snaakse geraas… Beleef ek ‘n blonde oomblik? *bloos*

  9. October 17, 2009 at 8:28 am

    Pikkie ek het nou seker gemaak en die video werk!! :mrgreen: Probeer op BB se Youtube channel ingaan: http://www.youtube.com/user/bbsongwriter

  10. October 17, 2009 at 8:39 am

    Sal so probeer, dankie Siamesie!

  11. October 17, 2009 at 9:36 pm

    Dis vreeslik mooi! Happy Birthday to you, Helge🙂

  12. October 22, 2009 at 1:47 pm

    Dis laat, ek weet, vergewe my. 😳 Baie geluk, Helge!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


October 2009
M T W T F S S
« Sep   Dec »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: