Archive for December 7th, 2009

07
Dec
09

Liewe Pokkeljonsie…


 

Allerliefste Pokkeljonsie 

Kom kyk gou hier!!!

Ek het gistermiddag die verrassing 😯 van my lewe gekry! 

Ek sukkel nog bietjie om die regte woorde te kry, Pokkel – maar jy verstaan dit mos amper beter as enigiemand wat ek ken, nê? Daar is net nie genoeg woorde in my kop se woordeboeke om te sê wat in my hart aangaan nie; maar ek is seker as ek tot een-miljoen-en-10 tel en rustig asemhaal sal ek nou-nou als kan sê wat ek graag wil sê.

In die tussentyd wil jy dalk solank ‘n speletjie speel?

Ons noem dit “raai-raai-riepa” en dit werk so:

Kan jy raai WAT dit is?

En as jy dalk nie kan raai wát dit is nie,

wil jy miskien raai WIE my so verras het?? 🙄

Ek’s nou weer terug dan kyk ons of jy reg is? Reg? Reg!! :mrgreen:

NS. Baie BAIE dankie vir die mooi briefie wat jy vir Kersvader geskryf het! Ek hoop al jou wense word waar 😉




December 2009
M T W T F S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Archives

Blog Stats

  • 184,304 hits