07
Dec
09

Liewe Pokkeljonsie…


 

Allerliefste Pokkeljonsie 

Kom kyk gou hier!!!

Ek het gistermiddag die verrassing😯 van my lewe gekry! 

Ek sukkel nog bietjie om die regte woorde te kry, Pokkel – maar jy verstaan dit mos amper beter as enigiemand wat ek ken, nê? Daar is net nie genoeg woorde in my kop se woordeboeke om te sê wat in my hart aangaan nie; maar ek is seker as ek tot een-miljoen-en-10 tel en rustig asemhaal sal ek nou-nou als kan sê wat ek graag wil sê.

In die tussentyd wil jy dalk solank ‘n speletjie speel?

Ons noem dit “raai-raai-riepa” en dit werk so:

Kan jy raai WAT dit is?

En as jy dalk nie kan raai wát dit is nie,

wil jy miskien raai WIE my so verras het??🙄

Ek’s nou weer terug dan kyk ons of jy reg is? Reg? Reg!!:mrgreen:

NS. Baie BAIE dankie vir die mooi briefie wat jy vir Kersvader geskryf het! Ek hoop al jou wense word waar😉


13 Responses to “Liewe Pokkeljonsie…”


  1. 1 Pokkeljonsie
    December 7, 2009 at 6:33 am

    Haai tannie BB, ek wetie wat die issie. Ek sien dit het wieli, so dit kan sekir ry. En 2 laaie, so mens kan iets daarin bêri. En dis van mooi houd gimaak, sjoe, dit blink baia. Ek het in my woordiboek gikyk wat prenkies het, maar daar is nie iets so mooi in my boek nie.

    Was Kersvadir vroeg hierdie jaar? Het hy wraggies by tannie BB begin? Eersti? Njannies?

    • 2 BB
      December 7, 2009 at 7:06 am

      Kersvader is dalk toe alliepad nooit wie ons gedink het hy is nie Pokkel😕
      Ek wonder nou net🙄 Kersvader was so besig met my persent – hy sal aan die werk moet spring en sy litte roer!! Daar is nie eers meer 3 weke oor om die hele res van die wêreld se soet tannies se persente betyds reg te kry nie!!:mrgreen:

      • 3 Pokkeljonsie
        December 7, 2009 at 8:20 am

        So sê ons tog wie Kersvadir is, toe tannie BB?

        Ek wil ok silki mooi bêri plek hê, my pa sê ek het ti veel goetirs, daar is nie ginoeg plek vir allis nie.

  2. December 7, 2009 at 8:00 am

    Oe, nou’s ek nuuskierig! 😆

    BTW, is jy nou weer terug, BB?? :Roll: Ek hoop tog van harte so!!!!!!!!!!

  3. December 7, 2009 at 9:32 am

    Sjoe… dit is baie mooi, watookal dit is…. as dit egter ‘n butchers-block is beter jy hom wegsteek, want dan mag hy dalk net vanaand verdwyn… hehehehehe

    • 6 BB
      December 7, 2009 at 9:35 am

      😯 is jy met die helmet gebore??:mrgreen:
      Ag ok, wait for it… ek net gou keel skoonmaak vir die bedankings… eeehhhhhmmmm…

      • December 8, 2009 at 4:58 am

        Ja… en kristalballe…
        Die feit dat die foto in die kombuis geneem is het so bietjie gehelp…😉

  4. December 7, 2009 at 11:54 am

    Jinne ek het ‘n gevoelente dat dit dalk ou Plasie se handewerk is? Is dit ou Beeps?

    Vrek maar dis mooi hoor!

    • 9 Plaasjuppie
      December 7, 2009 at 12:31 pm

      I didn’t do it. Nobody saw me do it. Can’t prove a thing.

      • 10 BB
        December 7, 2009 at 12:52 pm

        😉 I’ll just call the LLWD Ms. Claus henceforth:mrgreen:

        • 11 Plaasjuppie
          December 7, 2009 at 2:34 pm

          Hmmmm. I have this image in my head . . . maar dit is definitief nie children friendly nie 😉 👿

  5. December 7, 2009 at 6:40 pm

    BB – jy lewe nog!!! Jippie! Dankie PJ (of wie ook al die present gegee het) dat jy BB teruggebring het!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


December 2009
M T W T F S S
« Oct   Jan »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: