Archive for December 8th, 2009

08
Dec
09

Vriende…


Friends are family you choose for yourself. :mrgreen:

Soos ek vroeër vir Pokkeljonsie gesê het – ek het laat gistermiddag een van dié mees WONDERFUL, AWESOME, AMAZING verrassings OOIT gekry!

Wie? EK? 😯 Hoekom ek??

Wat het ek gedoen om dit te verdien? 🙄

How could I EVER truly be worthy of such a gift? 😕

So, without further ado, allow me to introduce to you the ONE & ONLY, incomparable, unparalleled,

most EXCLUSIVE

 piece of Heartwork (Art… HEArt – get it?? 😉 )

that I have EVER had the privilege to call my very VERY OWN  

(have I mentioned ONE OF A KIND? :mrgreen: ) :

‘Hulle’ noem hom “die BB” – dis nou as hulle vir Helge skelm sms’e en eposse stuur met updates oor die vordering en planne beraam rondom die logistics daaragter. :mrgreen:

Die “BB” is einste hierbo  of dan nou hieronder ↓ – LW – nie BB, die uwe nie – maar “dié BB” !

NETSOOS ek hom myself voorgestel en gewens het voor – net mooier! en beter! en asemrowend PRESIES en meer as wat ek van kon droom!

Ek het dit al gesê – en ek gaan dit weer (en weer… en WEER sê):

Julle 2 Allermooistes het vir my van altyd af SOVEEL onverklaarbare liefde en omgee gegee dat dit alleen vir my alreeds as “heaven sent” gegeld het.

Maar hierdie ‘klein’ood sal ALTYD as my tasbaarste en kosbaarste reminders aan God se geskenk van vriendskap dien.

Ek verdien dit nie, maar my hart huil van groot GROOT dankbaarheid!

Dankie DANKIE liefste Narciepit – ons weet hoeveel ‘blood, sweat and tears’ hierin moes gegaan het. Ons weet van al die (vrywilliglik) verpligte ure op die elyptical, die broccoli, die toetse, die swart hond gevegte, die werk! EN tyd en aandag aan die LLWD wat moes gejuggle  word – en ons staan klein voor jou – voor julle, vir nie net die groot moeite en oënskynlike picture perfect handewerk en vakmanskap, maar vir die liefde wat uit hierdie meesterstuk uitstraal.

En Vriending, DANKIE vir die onbaatsugtigheid waarmee jy die Narcie deel – as ek vir jou een geskenk kon gee, was dit die vermoë om jouself deur my oë te sien – only then would you know how extremely magnificent you are.

Thank you for chosing us to be your friends!

~ ♦ ~

Het ek al gesê dat ek nie éénkeer verby ‘die BB’ kan stap sonder om daaraan te vat nie? 😳

Het julle die chopping bord gesien?? 😯 Dié was sommer óók nog daarby!

Het ek al vertel dat ek ‘n stupid smile op my bakkies kry elke keer as ek vir my eie-eie BB kyk? :mrgreen:

Het ek al genoeg dankie gesê? Sal ek ooit genoeg dankie kan sê??

 ~ ♥ ~

Pokkeljonsietjie, as daar ‘n oom in julle oprit inry, met ‘n silwergrys bakkie en ‘n oulike tannie met ‘n bril op die punt van haar neusie en ‘n stout-stil glimlag in die oë – en hulle spring daar uit en begin die bakkie se seil agter losmaak, moet jy móói dink en jou verbeelding gebruik…

Daardie oom, Pokkeltjie, het net ‘n rooi hoed, ‘n wit baard en ‘n verekussing onder ‘n rooi jas nodig…

Ek wonner tog soms oor al die nagte wat hy so sleg slaap 🙄 dalk is hy dan besig in droomland, hard aan die werk om vir iemand te kom báááie blydskap bring hierdie tyd van die jaar 😉

~ ♣ ~




December 2009
M T W T F S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Archives

Blog Stats

  • 184,304 hits