Ek het HIER reeds na hulle verwys – my gunsteling diere op aarde
(dis nou behalwe die skilpad en my Blue baba 😉 )…
~ ♥ ~
Het jy al ooit mooi na ’n donkie gekyk?
Die kruis-streep – † – wat op sy grys rug pryk?
Ken jy die storie van die donkie se kruis?
En weet jy wat dié merk op sy rug uitwys?
’n Ou-ou verhaal deur my Ouma vertel
Beskryf alsbehalwe ’n steekse rebel
En sien ek steeds in my geestesoog:
Dié ned’righeid stap deur ‘n palmboog
Gevorm deur skares wat lofprys en sing:
“Hosanna!!” – terwyl hul’ die Ruiter omring.
Sien jy dit ook? Die stilstomme dier
~ sonder fanfare, sonder banier ~
Deur ons Koning gekies om HOM te dra
Soos ook voor SY geboorte, SY ma Maria…
En só, volgens Ouma, is donkie bedank
Met ons Heiland se merk oor nek en flank
Om ons te herinner en te laat onthou
HY’t in deemoed gekom ~ en gesterf vir jou.
~ ♥ ~
en hier, so verneem ek, een van my beste foto’s ooit 😕
(‘n fotograaf het onlangs liries geraak oor die ‘komposisie’ daarvan… 😳 )
Recent Comments