17
Feb
10

Ode aan die Donkies van Kransvley


 

Ek het HIER reeds na hulle verwys – my gunsteling diere op aarde

(dis nou behalwe die skilpad en my Blue baba😉 )…

 

 

~ ♥ ~

Het jy al ooit mooi na ’n donkie gekyk?

Die kruis-streep – † – wat op sy grys rug pryk?

Ken jy die storie van die donkie se kruis?

En weet jy wat dié merk op sy rug uitwys?

 

’n Ou-ou verhaal deur my Ouma vertel

Beskryf alsbehalwe ’n steekse rebel

En sien ek steeds in my geestesoog:

Dié ned’righeid stap deur ‘n palmboog

Gevorm deur skares wat lofprys en sing:

Hosanna!!” – terwyl hul’ die Ruiter omring.

 

Sien jy dit ook? Die stilstomme dier

~ sonder fanfare, sonder banier ~

Deur ons Koning gekies om HOM te dra

Soos ook voor SY geboorte, SY ma Maria…

 

En só, volgens Ouma, is donkie bedank

Met ons Heiland se merk oor nek en flank

Om ons te herinner en te laat onthou

HY’t in deemoed gekom ~ en gesterf vir jou.

~ ♥ ~

 

en hier, so verneem ek, een van my beste foto’s ooit😕

(‘n fotograaf het onlangs liries geraak oor die ‘komposisie’ daarvan…😳 )


42 Responses to “Ode aan die Donkies van Kransvley”


  1. February 17, 2010 at 7:34 am

    Dit is n mooi foto beebs, daar is balans so met die berg in die een boonste hoek en die donkies in die onderste teenoorgestelde hoek, dis wat ‘n foto van ‘n goeie foto onderskei. Dis regtig goed gedoen!!

    • 2 BB
      February 17, 2010 at 7:45 am

      Dankie skat! U het nogal hin ‘oog’ vir so iets, hê Flitsie??😉

  2. February 17, 2010 at 8:06 am

    Dis ‘n be… baie mooi foto daardie. (Amper gebruik ek weer ‘n onaanvaarbare woord hier😆 )

    • 4 BB
      February 17, 2010 at 8:14 am

      LOL!! Jy weet nettie hóé op hete kole ek reg sit mettie Tippex, vir as jy comment!!!:mrgreen:

  3. 5 die skim
    February 17, 2010 at 12:38 pm

    die arme ou baba donkietjie, shame

    • 6 BB
      February 17, 2010 at 12:58 pm

      Hy was darem nog nie opgeblaas nie, skat… maar at least weet hy van niks – die arme, arme mamma donkie!!!😦

  4. 7 Krista
    February 17, 2010 at 1:35 pm

    Gelukkig rus hy net en IS ek voor die tyd gewaarsku . . . annirs het ek nou snot en trane aan die grens gegaan oor die oorle baba-donkie en die mamma-donkie wat treur . . .😳

    • 8 BB
      February 18, 2010 at 5:01 am

      Ja, tog ou ‘pissie’ – ek moes jou waarsku – arme Vriending sal nooit weer dieselfde gewees het nie.😆

  5. 9 CHAOS
    February 17, 2010 at 1:38 pm

    Baie mooi pic my love – baie opvoedkundige naweek gewees, jy het my bv so baie van die donkies geleer x

    • 10 BB
      February 18, 2010 at 4:59 am

      😉 Nê?!😳 Mens kan nooit genoeg naweke weggaan om iets nuuts te leer nie…:mrgreen:

  6. February 17, 2010 at 9:19 pm

    Haai nee, ek het nie geweet van die kruis nie? 😯

    Dis is rerig ‘n baie mooi foto, Beebs. Weet nou niks van komposisie en so aan nie, maar hy lyk vir my sommer net reg. 😉

    • 12 BB
      February 18, 2010 at 5:02 am

      Og fanx Rooies – coming from you it means a lot – jy neem quite awesome pics – ek’t al menige male in van jou nature shots ‘verdrink’…

    • 13 BB
      February 18, 2010 at 5:05 am

      Die kruismerk op die donkie se rug is net legend – but it is a beautiful depiction, nê? Het dit nooit vergeet in al die jare nie – en somehow change mense wat dink die donkie is die luiste mees halstarrige (hy haal starrig asem😉 ) en boring dier ever ooit – hulle mind oor dié nederige skepsel once you tell them this. It just is such a special animal… en gladnie stupid nie…

      • February 18, 2010 at 12:12 pm

        Maar dit is ‘n cool legende.

  7. 15 die skim
    February 18, 2010 at 9:45 am

    new post !! F5 F5

    • 16 BB
      February 18, 2010 at 11:24 am

      🙄 @ F5 – is jy dalk ‘n Bosparra, Skim?? Toemaar, dis ok – ek rooflees ook baie lekker daar…:mrgreen:

  8. 17 die skim
    February 19, 2010 at 9:26 am

    bosparra of bosmossel ???

  9. 18 BB
    February 19, 2010 at 10:39 am

    😯 Bosprawn:mrgreen:

  10. 19 Jade22
    February 20, 2010 at 12:46 pm

    Rerig net baie mooi! Dankie Beebs..

  11. February 22, 2010 at 12:00 pm

    😆 Dink nou net… nogge song wat jy kan opneem
    O die Donkie
    O die Donkie
    O die Donkie isse wonderlike ding…. la la la la

    • 21 BB
      February 22, 2010 at 12:55 pm

      How original:mrgreen:

      • February 23, 2010 at 5:04 am

        Jy kan hom altyd na Engels vertaal… dan is hy original😆

  12. 23 BB
    February 23, 2010 at 7:23 am

    Oh the donkey, yeah the donkey
    the donkey is an awe-inspiring thing
    the donkey is no fool
    just ‘coz he’s brother to a mule
    the donkey is an awe-inspiring thing

    Oh the donkey, yeah the donkey
    the donkey is an awe-inspiring thing
    if he could speak
    you’d swear he spoke greek
    the donkey is an awe-inspiring thing

    Oh the donkey, yeah the donkey
    the donkey is an awe-inspiring thing
    he won’t trott for none
    in the scorching sun
    the donkey is an awe-inspiring thing

    Oh the donkey, yeah the donkey
    the donkey is an awe-inspiring thing
    he’s a happy ass
    chews on rags and glass
    the donkey is an awe-inspiring thing

    Oh the donkey, yeah the donkey
    the donkey is an awe-inspiring thing
    he’s not in a hurry
    lets the others scurry
    the donkey is an awe-inspiring thing

    Oh the donkey, yeah the donkey
    the donkey is an awe-inspiring thing
    he’s a stubborn clown –
    nothing gets him down
    the donkey is an awe-inspiring thing

    Nog ‘n nice storie wat ek nou onthou:
    Die donkie het eendag in ‘n put geval. Lank, lank gelede, ja. En die dier het vir ure daar gestaan en skree soos net ‘n donkie kan. Die boer besluit to dat die donkie reeds oud is en dit nie die moeite werd sou wees om te betaal vir ‘n reddingspan nie. Ook was die put jarre lank al uitgedrook en so laat weet hy sy bure om te kom help om die put te kom opvul – donkie ‘n all ‘n all…😦

    Almal pitch met grawe en emmers en begin om die grond in die put af te gooi – so mettertyd kom die boer agter die donkie skree nie meer nie… kyk af in die put en sien elke keer wat ‘n emmer vol grond op sy rug val, skud hy dit af – en hoe meer grond hulle ingooi hoe meer kry die dier kans om utieindelik na ‘n dag se geswoeg uit die put te klim…

    Jip, jip – Oupa het vir my gesê, al lyk dit soms vir jou of jy onder die grond is – of die lewe jou toegooi, my kind – skud dit af. Elke emmer pyn en probleme en hardships en struggle maak jou put vol en word ‘n steppingstone. Jy kan altyd uit die diepste put uitklim. Skud dit net af en staan bo-op dit!

    Nice nê?😉

    • February 23, 2010 at 7:28 am

      Baie nice!

    • February 25, 2010 at 7:17 am

      Maar jy ne, jy is darem VOL stories! Jy’s soos die Storieman tapies van desjare. Mens druk net play, en sit terug. Wow!!!

  13. 26 deurdiewoes
    February 24, 2010 at 2:36 pm

    Nice!

  14. 27 BB
    February 25, 2010 at 10:47 am

    Ek het my eie storieman gehad – hy’t saans in sy reuse wingback chair gesit en ek het ure en ure op sy benerige knieë gesit en al sy stories verslind. Soms was die reminisce en die legends en die mites inmekaar verweef… stories oor seevaarders en die vikings en die ridders – geskiedenis en aardrykskunde was vir my ‘n awesome adventure – is steeds… en Ouma… wel, Ouma het altyd gesorg virre “Moral of the story” (inge-chip as hy klaar vertel het – sy’t gereken ‘n storie is van geen nut en waarde as hy nie message of significant lesson het nie. Ekke het nie omgegee nie, solank hy net vertél!! Ek het vir my oudste twee stories uit Grimm Brüder en ander kinderverhale gelees waarmee ek self groot geword het. Teen die tyd dat Era gekom het, was ek goed sat vir prinse, parras en wit perde en het ek begin stories opmaak…
    Eendag is eendag, dan publish ek nog ‘n hele avontuurboek met illustrations oor Era Wolf en sy nagtelike uitstappies back in time, into fairyland, to the moon – maar ek het nie nou tyd nie – ek’s besig om Herman Charles Bosman (Mafikeng Road) in duits te vertaal… en songs vir weddings…
    Ehhhhmmmm wat ek eintlik wou sê is – Helge sal daai rephrase… Hy sê nie ek is VOL ‘stories’ nie – hy noem dit ‘issues’😳 – en terwyl jy so lekker die ‘play’ button druk, sal hy dalk net nounou kom vra waar die ‘stop’ button dan sit???:mrgreen:

    • February 26, 2010 at 5:16 am

      Ons like jou stories baie! Hoop ons gaan eendag oor Era Wolf kan lees!

      • 29 BB
        February 26, 2010 at 5:32 am

        Ja, vir die DMI nageslag – die DeBl!ksempies:mrgreen: – ek sal my bes probeer dat hy teen daai tyd (hopelik) gepublish is…
        Heit, ken iemand ‘n oulike illustrator?? iemand wat met die prentjies kan help?? My Era Wolf lyk soos ‘n skaap met hairstraightener op😳

        • March 2, 2010 at 4:53 am

          😆 ‘n Skaap met hairstraightener…bwahahahaha.. Daai picture!

  15. March 1, 2010 at 6:27 am

    En daar loop die maskara strepe… daai kiekie is hartroerend!

  16. 32 CHAOS
    March 1, 2010 at 12:55 pm

    Nuwe post !! Wat van die storie van die 2 slange wat so baklei het tot die dood intree ??

    • 33 BB
      March 2, 2010 at 5:05 am

      Jy soek vir my, my Lovey – en jy gaan vir my kry!!!👿

  17. 34 CHAOS
    March 2, 2010 at 9:54 am

    Kransvley 19-21/3 – ons gaan kyk hoe lyk jou donkietjie, dalk kan ek hom al ry – volspoed swembad toe en terug – hy sal sy wortels verdien die keer !!

    • 35 BB
      March 2, 2010 at 1:25 pm

      Jy gaan hom WAT???😯 jy gaan lyk soos Dumbo in ‘n loopring!!!😆

      • March 3, 2010 at 5:25 am

        😆 Dumbo in ‘n loopring bwahahahaha…
        Nou wonder ek weer oor die storietjie van die 2 slange….

  18. March 4, 2010 at 8:10 pm

    Vannie os oppie donkie… 😉

    Ek het nou die dag ‘n foto van ‘n donkie gesien waar die kruis mooi duidelik sigbaar is. Jy’t toe sowaar nie gejok nie, Beebs! 😆

    • 38 BB
      March 5, 2010 at 11:20 am

      Sal ek dan nou ooit vir jou jok Rooies??😕 Jy sal nie ‘n donkie kry sonder daai kruis nie. Selfs op die donkeres kan jy dit uitken!

  19. March 5, 2010 at 10:43 am

    Ek is mal oor donkies. Dit was ‘n baie interessante post.

    • 40 BB
      March 5, 2010 at 11:19 am

      Dankie! Watch my volgende een!!:mrgreen:

  20. March 25, 2010 at 12:16 pm

    Pragtige foto en toe is dit Kranskop in die aftergrond. Die kop, die donkies, die wolke en die hele komposisie… pragtig.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


February 2010
M T W T F S S
« Jan   Mar »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: