Archive for March 5th, 2010

05
Mar
10

Die Donkie, die Perd en die Muil…


 

‘n Perd is ‘n Perd. En ‘n Donkie is ‘n Donkie.

‘n Perd is ‘n trotse ding. Hy laat nie met hom mors nie.

‘n Donkie is ‘n halstarrige ding. Hy laat ook nie met hom  mors nie. (En hy haal starrig asem :mrgreen: )

Hy lyk maak net so geduldig en gedwee.

Hy is wel vrek nederig.

Want hy weet hy’s nie ‘n perd nie.

‘n Manlike Perd is ‘n HINGS of STALLION

‘n Vroulike Perd is ‘n MERRIE of MARE

‘n Manlike Donkie is ‘n ESELHINGS, JACK of ASS (of JACKASS 😉 )

‘n Vroulike Donkie is ‘n ESELIN of JENNEY of JENNET


 
NOU:

‘n MUIL is ‘n kruising tussen ‘n Perd en ‘n Donkie – meesal ‘n Mamma Perd (Merrie) en ‘n Pappa Donkie (Eselhings). Blykbaar is ‘n kruising tussen ‘n Pappa Perd en ‘n Mamma Donkie uiters raar – (seker soos mans maar is, ook maar sy trots :mrgreen: ), maar dié kruising word ‘n Botterkopmuil genoem (of HINNY). ‘n HINNY is kleiner as ‘n muil en ook nie so sterk nie.

Beide MUILE en HINNY’s kan nie aanteel/voortplant nie. Dis omdat ‘n perd 64 chromosome het en ‘n donkie 62. Muile en Botterkopmuile het 63 chromosome. Hulle is dus steriel. En hulle word ook nie (soos die Perd en Donkie) as spesie geag nie. MUILE is in grootte groter as donkies – lyk meer na perd, wel met langer ore maar dieselfde vorm as die perd s’n, maar geneig om ‘n donkie se kort maanhare en ‘n donkiestert te hê – ‘n ‘kwas’ amper soos ‘n bees s’n. ‘n HINNY is kleiner as ‘n donkie, lyk wel ook meer na perd, maar ook met perd se maanhare en ‘n perdestert.

Donkey

Sedert die 16de eeu is daar omtrent slegs 60 gedokumenteerde gevalle van Muile wat wel voortgeplant het. ‘n Vroulike Muil wat met ‘n Perdehings, is bevind, dra 100% haar vroulike voorgeslag (wat ‘n Perd Merrie was), se gene oor aan haar nasaat.  Baba van ‘n Muil Merrie gekruis met ‘n Perde Hings, is dus sonder uitsondering 100% Perd.

Van hierdie gevalle was ook Vroulike Muile wat met Eselhingste gekruis is – hierdie kruising het 75% Donkie en 25% Perd gene opgelewer.

Blykbaar is die perdagtiges (equine – genus: equus) makliker om te kruisteel wanneer die hings (die pappa) se chromosoom telling die laer een is. Omgekeerd is dit meer ‘hit-and-miss’ as ‘way-to-go!!’ 😆

(Issit nie maar so met die mensdom ook nie, hm? 🙄 – hoe laer die IK hoe hoër die drive – deste groter kans op meer nasate… grappie, julle!! ek weet ons het (eeehhhmmm altans ek dink tog so…  almal dieselfde chromosoom telling 😕 , nê?? Nê??!!!)

Daar is slegs een aangetekende geval waar ‘n Botterkopmuil Merrie voortgeplant het – Anders as die Muil Merries wat 100% van hulle vroulike voorgeslag (Perd) oordra, het die Botterkopmuil Merrie 75% van haar vroulike voorgeslag (Donkie) en 25 % Perd Gene oorgedra. Daar was nog nooit weer ‘n aangetekende geval nie – en dus geen vergelyk om te tref verder nie.

Nog ‘n Donkie ding:

~@~ CLEOPATRA het wel in Donkiemelk gebad ~@~

 

Donkie tydens die melkproses : 

 

:mrgreen:

 

Opgedra aan : Vlam 

 

Advertisements



March 2010
M T W T F S S
« Feb   Apr »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Archives

Blog Stats

  • 174,842 hits
Advertisements