18
May
10

Ge(k)skeer…


 
Sit ons nou die dag en eet
in die Wimpy op Parys
(jaaaa!!! maar hoe moes ek ook weet
daar’s beter eetplekke gelys???)

Ewenwel, toe ek so oorleun
om die soutpot by te kom
het ek hierdie prop bejeën
en dit slaan my dronk én stom:

Wie op deeske aarde dink
Hierdie idee is uiters blink?
Watter mens by vol’ verstand
Eet sy ontbyt, skeermes in die hand –
So tuis soos hy nie eers tuis mag wees
Want ek sweer sy vrou sal sy leviete voorlees…

Ek het toe maar net al gigg’lend vir die kelnerin gewink:😉
“Ag, wil jy nie tog maar virrie oom sommer ‘n glasie mondspoel ook skink?”:mrgreen:

 

 


7 Responses to “Ge(k)skeer…”


  1. May 18, 2010 at 3:52 pm

    Hoe meer dae, hoe meer dinge. Wonder of iemand hom ooit gebruik.

    • 2 BB
      May 19, 2010 at 5:53 am

      Daar is by ELKE liewe tafel een, Anna!!!😯

  2. May 19, 2010 at 12:29 pm

    Miskien het hulle gehoor dat ouer mans “salt and pepper” baarde ontwikkel en probeer so geld bespaar😆

  3. May 21, 2010 at 5:15 am

    Bwahahahaha, sekere goed wil mens liewers nie oor wonder nie. Jy kan seker vir ‘n portable wasbak ook vra om gou na ete jou tande te borsel.

    • 5 BB
      May 21, 2010 at 5:41 am

      Ek sidder DMi!! Imagine ek ruk my elektriese tandeborsel daar uit en begin floss….

      • May 21, 2010 at 11:13 am

        Bwahahahahaha.

  4. 7 Marile Cloete
    May 25, 2010 at 8:09 pm

    Jy kyk sowaar fyn!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


May 2010
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: