22
Jun
10

Serbië – Duitsland: 11-10 = 1:0


My eerste – en LAASTE kommentaar hieroor!!

Joachim Löw – Duitse afrigter het ‘n probleem gehad… hy het besluit sy span sál sentraal aanval – daar waar Serbië se digste teenwoordigheid was (as hy ‘n rivier sou moes oorsteek, sou hy seker die plek kies met die grootste stroomsterkte). So het Serbië die hele middelveld toegestaan en die Duitsers het gewonder hoekom daar minder plek vir hulle was as in die gemiddelde duitse kelder tuis.

Gepraat van Löw (een van die ehhhhmmmm sexyste mans in dié toernooi:mrgreen: : die hartseerste prentjie van hom – so 10 minute in die 2de helfte, staan die man met sy rug gekeer na die speelveld… leun teen ‘n advertensiebord, kopskuddend bedroef en staar eerder in die grys muur voor hom vas😦

Müller het sy bes probeer (klem op probeer) om kantlangs te speel en Özil het sy opponente gevoer met die balle, so of hy die gawe ouma is van sy serbiese spul kleinkinders…

Gepraat van Özil : sy hare was nie eers bietjie deurmekaar na die wedstryd nie…😕

Toe Klose (bloot omdat hy fisies teenwordig was) geel en rooi te sien kry, het die duitsers gladnie meer geweet watter speletjie hulle mee besig is nie. Badstuber het (alweer) ‘n tweestryd teen Krasic verloor en die een of ander doffel het die briljante idee gehad om Lahm teen ‘n ellelange Zigic in ‘n kop-geveg te laat sy man staan (Lahm se voorkoppie raak-raak aan Zigic se borskas🙄 ) – en dit, liewe kinders, is waar die doel vandaan gekom het – Zigic kop die bal netjies vir Jovanovic om te doel, terwyl Lahm teen Zigic se bors cuddle.

Slegte herinnering aan die Australië wedstryd: Podolski verskiet ‘n strafdoel in die 2de helfte – hel… gepraat van Podolski – as Poldi sovêr kom om die bal in die nadere omgewing van die strafgebied te kry – het die baljoggie solank reggestaan om ‘n nuwe bal vir afskop op die veld te rol.

Gepraat van strafdoel – hierdie strafdoel het ‘n bestaande rekord gekelder – dit was Duitsland se EERSTE onsuksesvolle strafdoel in ‘n Wêreldbeker spel sedert 1974!!!

Uiteindelik net na die 70ste besluit Löw om ‘n stormpie te veroorsaak – in die persoon van Cacau – wat darem ‘n windjie reggekry het, maar sonder Kroos nie naastenby ‘n storm kon voortbring nie. Dalk was Löw jammer vir Serbië en het hy vergeet hulle loop actually voor??!!😕

Die Serbe is toegelaat (vir ons almal se bloeddruk se onthalwe) om nog twee keer die dwarslat te besoek, terwyl Duitsland soveel as moontlik geel kaarte deur Alberto Undiano oorhandig is – uit totaal ondeurdringbare redes – dalk het hy gedink dat hy almal moet uitdeel wat voor die wedstryd in sy sak geprop is – voel-voel so in sy sak – aaaaaaaahhhhhhhh – daar’s nóg een!! Hmmmm – vir wie sal ek hom gee??? Dorftrottel!!!👿

Gepraat van Undiano – lyk of hy tot dusvêr breitoernooie en toonstoeiwedstryde reguleer het – Sokker is vir hom beslis te aggressief!!😯

Alles het vir die Duitsers net té veel geword – hulle wou terug hotel toe. Vir Mamma gaan bel. Thomas Müller is 21 – Dit is die jongste duitse span wat in ‘n wêreldbeker speel sedert 1934 (gemiddelde ouderdom 24) … Hmmm🙄 ek wonder of niemand gewonder het hoekom…

Wat ek eintlik wou sê: “Ballack, oh Ballack – wie lange muss Dein Fuss noch heilen???”😦

Gepraat van: Môre speel Duitsland teen public enemy #1 – Ghana… by name Kevin-Prince Boateng – wat vir Ballack se enkel besering verantwoordelik is👿

Kevin-Prince Boateng terloops is Jérôme Boateng se half-broer🙄 en Jérôme speel vir: raai wie???


Germany

‘SCHLAND!!!!!:mrgreen:


14 Responses to “Serbië – Duitsland: 11-10 = 1:0”


  1. June 23, 2010 at 5:47 am

    Ek moet net een ding sê, ek is baie trots op Bafana, ja hulle het nie deurgedring na die volgende rondte nie, maar hulle het heelwat monde gesnoer met hulle spel. Well done!! Hulle het gisteraand hulle harte uitgespeel.

  2. 2 PlaasJuppie
    June 23, 2010 at 1:37 pm

    Kan sokkerspelers nie ook maar net draadkar en windpomp en piston genoem word nie? Dan kan vaalseuns soos ek ook vir iemand skreeu sonder om sy naam te vermink.
    Joachim Löw – Boggom Louw of sommer net coach
    Müller – Mullet
    Özil – Ozzy
    Klose – Koos
    Badstuber – Badprop
    Krasic – Krazy
    Lahm – Skaap
    Zigic – Ziggie
    Jovanovic – Van
    Podolski – Hondsdol

    En moenie worry nie, almal maak soms ‘n ou foutjie. Vanaand is dit Deutchland Uber Alles of issit nou Deutchland Uber Ghana…

    • June 24, 2010 at 10:43 am

      Bwahahaha

    • 4 BB
      June 24, 2010 at 11:19 am

      Ons HET mooi troetelnaampies vir elkeen Narcie!!!
      Löw – Jogi
      Podolski – Poldi…

      maar ek is MAL oor joune!! – sien daar’s ‘n manier waarop mens iets nou maar net eenmaal nét in Afrikaans kan sê. Holskeurend skerp, jy alweer😆

      Het jy een vir Schweinsteiger – as daai nou nie die van naaste aan ‘n vloekwoord is wat ek lanklaas gehoor het, is dit die arme seun se van😯 – klink amper bietjie pervers😳

      Terloops – ek het gaan G😯 GLE… ek het afgekom op hierdie kommentaar op ‘n duitse forum, waar ‘n ondersteuner juis gevra het of niemand in die duitse span dan ‘n troetelnaam het nie:
      “Jip!”, seg die ou, “Ons hét! Die hele bleddie span hette troetelnaam – “Die Alewige 2des… of 3des… of 4des🙄 ”:mrgreen:

      • 5 PlaasJuppie
        June 24, 2010 at 12:25 pm

        Schweinsteiger…hmmm
        Daar is iets wat onmiddelik in my gedagtes opkom, maar die arme dude is reeds hopeloos te veel gestraf.
        Kom ons noem hom….varktjop!

        • 6 BB
          June 24, 2010 at 1:43 pm

          Skerp!😆 – maar dis eintlik varkHop (letterlik) hahaha!!!

          • 7 PlaasJuppie
            June 25, 2010 at 8:39 am

            Met spoil nie ‘n goeie storie met die waarheid nie, en jy spoil ook nie ‘n goeie bynaam met letterlike vertalings nie.

            • 8 BB
              June 25, 2010 at 8:51 am

              Now that’s the truth, the whole truth and no butts about it! Wag, laa’k gaan werk aan daai onvolle waarheid storie wat ek besig is om te skryf…. ‘n Kersverhaal riller:mrgreen:

  3. 9 Andrew
    June 23, 2010 at 8:44 pm

    Pfew … ons is deur en top in ons groep.

    I’m very much happy.😆

    • 10 BB
      June 24, 2010 at 11:20 am

      Pfew, seg ekke mos ook!! en ek is NETSO HAPPY, seeeeeehr happy!!:mrgreen:

  4. 11 CHAOS
    June 24, 2010 at 8:29 am

    Baie lekker om die sokker saam met jou te beleef – sal maar nie my ware gevoelens oor die Banana Banana hier deel nie – sal saam met jou Germany skree terwyl hulle nog nie teen my span(ne) speel nie -xh

    • 12 BB
      June 24, 2010 at 11:49 am

      Og, dankie mein Herz – maar nee ekke willie weet van jou ware gevoelente nie😉 ,ons speel almal soet saam hier op my se blog, nê?
      Pasop tog op vir daai spaanse bloed in jou – dit maak mens blykbaar ‘n bietjie bysiende (of issit vêrsiende🙄 ) – anyways blykbaar amper dieselfde effek as wat té veel alkohol veroorsaak – jy glo jouself later:mrgreen:

  5. 13 CHAOS
    June 24, 2010 at 12:12 pm

    Soccer is actually a very simple game – 22 guys kick a ball around for 90 minutes and a South American country always wins lol xh

    • 14 BB
      June 24, 2010 at 1:55 pm

      Jaja…🙄 eeehhhmmm ek hoop Argentina is een van ‘jou’ span(ne)…. want die Brazilians gaan jou netso teleurstel as daai eerste wax waarvoor mens so giggelend en vol afwagting (en very simpel) voor bespreek…😯


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


June 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: