28
Jun
10

Eins… Zwei… Drei… – Juchei!!!!


ok, ok… VIER dann:mrgreen: maar die Engelses gaan hulleself nog tot die volgende WC oor hulle doel (jipjip dit WAS beslis ‘n doel) besk-eeehhhhmmm-yt – en praat van spanmoraal en demotivation en en en… – maar ons het teen daardie tyd slegs 2:1 voorgeloop en hulle kon ná halftyd seker maar darem (wêreldklas span wat hulle is) die nodige effort ingesit het om dit te bewys.

En toe…. NIKS. Nada. Zilch. Nuttin’… Moraal? Het Prestik moraal nodig om te function?🙄 Nee wat.

Wat seg jy vandag virre Engelsman as jy hom raakloop??

“Chicken of Beef, Sir?”:mrgreen:

Die verskil was nié moraal nie. Die verskil was spanspel. Die Duitse seuntjies het ons mooi gewys hoe. Löw se afrigting en filosofie m.b.t SPANSPEL. Hy sal jou in die (regte) posisie laat speel wat hy goeddink en jy sal daardie posisie aanneem asof jy nog altyd graag daarin wou speel. Nie oor jy moet nie. Oor jy kan. En oor jy WIL.

Die Engelse span wou nie, (kon nie?😕 ) dieselfde doen nie. Elkeen op sy eie mishopie gesit en kraai. Soos ‘n spul o/6 Bulletjie-rugby spelers aka “Maar EK wil die dlie dluk!!!”. Jy voel jy moet heeltyd rondkyk om te sien of daar nie iewers ‘n span mamma’s langs die veld op en af spring en die ander kinders op die veld skel nie (ongeag of dit opponente of spanlede is). Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag😉

Anyways, where were we??🙄

Oh yes! Poldi said it himself after the match: Roughly translated: “We realized we had to become a bit more calm, a bit less arrogant (die match teen Serbië het hulle beslis gewys dat voortvarende jeug jou grond toe kan bring) and therefor more solid as a team.”

En dit, Allermooistes, is dit. Plain ‘nd simple. Prestik.

Gepraat van Prestik… Aijaijaijaijai!!! David, David, David… (Becks) – wat is dit tog met die kougomkouery, hm??🙄 Taai toffie gewees, huh?? Ek sien hy’t hom óf ingesluk hier teen die einde óf hom in sy oor gedruk (of wherever else hy ‘n gatjie kon kry…), want die spoegspattende lusvolle kouery was meteens iets van die verlede. Arme man was ‘n paarkeer op die groot skerm – daar kon mens nou duidelik sien, dat stres ook ‘n verouderingsfaktor is…😯 Mick Jagger daarenteen laat nie dat sokker hom onderkry nie – heng, as sex, drugs, ‘n rock & roll hom nog nie 6-foot under het nie, gaan die Engelse sokkerspan beslis nie nog meer skade kan aanrig nie. OITS! Net ‘n ma, nê…. ok, of ‘n jong voornemende (skatryk) weduwee kan daai gatsiggie liefhê😉

Anyways – grappies op ‘n stokkie. Euphoria is ‘n lelike ding:mrgreen: – en nou’s dit ‘ons’ teen die blou en wit van Argentinië😯 Daai manne gaan NIKS op ‘n skinkbord aanbied nie – en daar loop lava deur die are – is mos Latino’s ‘n all ‘n all – (my Helge staan nogal redelik vierkant square agter hulle – kwansuis sy latynse bloed:mrgreen: ) – maar ja, as ek so na die wedstryd tussen Argentinië en Mexiko gekyk het, kan ons dalk net met ‘n bietjie moeite (en ja, geluk) tog nog seëvier.

 

SCHLAND!!

 


15 Responses to “Eins… Zwei… Drei… – Juchei!!!!”


  1. June 28, 2010 at 7:20 am

    Ek doen nog steeds bollemakiesies… GO Deutschland!!

    • June 28, 2010 at 7:21 am

      En ek is so bly vir die coach, want almal wou hom stenig toe hy sy span gekies het!!

      • 3 BB
        June 28, 2010 at 10:52 am

        Ditto DMi!!

  2. 4 CHAOS
    June 28, 2010 at 9:58 am

    Baie baie mooi gewees – so game laat n mens weer nuwe waardering vir die spel kry – van nou af weet nie meer wie om te support maar defnitief nie Ghana nie !!

    Hulle sal moet klaar speel – Die Tour de Lance maak reg om weg te spring – enige iemand wat vir BB n tv kan leen vir n week asb?? xh

    • 5 BB
      June 28, 2010 at 10:51 am

      😯 Wragtig alweer tyd daarvoor ook??!! My GROOTSTE droom – Top 10 in my bucketlist: die Tour de France… Aits! Intussen: Eenie-meenie…. kom ons kyk maar wie wen die remote control:mrgreen:

  3. 6 CHAOS
    June 28, 2010 at 10:01 am

    Wou nog sê – moet wees : Uno, dos, tres, cuatro !!!

  4. 7 PlaasJuppie
    June 29, 2010 at 5:30 am

    Daar is bitter min dinge so satisfying as om ‘n Ingelsman op sy moer te sien kry. The universe dispenses justice in due course, and the Germans received theirs after 44 years.

    • 8 BB
      June 29, 2010 at 8:24 am

      Ek kry my stekie in elke keer as ek hulle anthem sing: “God SHAVE our gracious queen… shave her with shaving cream… God shave the queen – ta-ta-ta-dam ♪♫ Give her an eyebrow wax, make her pay income tax – give he-her so-home german beer, co-hoz we’re STILL here ♪♫”:mrgreen:

      • 9 PlaasJuppie
        June 29, 2010 at 8:26 am

        U funny!

  5. June 30, 2010 at 6:08 am

    My hart…. My eye candy is uit die WC! 😯

    • 11 BB
      June 30, 2010 at 7:11 am

      🙄 Eye candy, Girl… *tsk* – jou ‘eye candy’ het gisteraand bewys hy’s wragtig (dalk) nét ‘n mooi gatsiggie… want die vet weet, sokker kan hy nie speel nie👿

      • July 6, 2010 at 5:30 am

        Nee LOL… Hy is net mooi om na te kyk. My span is die Oranje span. Het hulle flussies ontmoet ook… Vrek aangename klomp!😛

    • 13 PlaasJuppie
      June 30, 2010 at 7:23 am

      Dan is die klein twak nog bleddie ongeskik ook. Spoeg na kameramanne.
      Gmf…some gentleman he is👿

      • 14 BB
        June 30, 2010 at 8:01 am

        LOL PJ!! Die Latinos is nie juis bekend for being gentlemen… hulle maak so as hulle by iemand aanlê – en dis AL wanneer hulle so maak – daarna is dit back to the caveman roots:mrgreen:

        • July 6, 2010 at 5:32 am

          Ek lag my dood! Rude Awakening het vanoggend gespot dat Senior Ronaldo dalk skeef is! :mrgreen:


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


June 2010
M T W T F S S
« May   Jul »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: