07
Jul
10

Die Kaap is weer Hollands


“Die Kaap is weer ORANJE

“Die ORANGENE Invasion” noem een Duitse dagblad dit – en vertel tersluiks van Jan van Riebeeck se aankoms op 6 April 1652 met sowat 80 van sy landsgenote wat hoofsaaklik Bauern (boere – letterlik) was. Talle Afrikaners het Hollandse wortels (kyk maar na Helge se oer-oer-oer-ouma-grootjie Helga :mrgreen: ) – baie ken iemand met Hollandse wortels of ken iemand wat iemand ken met Hollandse wortels… hmmm🙄 en ‘n wortel is toe nogal alliepad ook ‘n oranje ding😕 – maar ek vergeet sopas hoekom dit enigsins ter sprake is… Dalk het grootjie-Helga toe eintlik nie met haar spelery in die tulp-tuintjie die latino nobleman verlei nie maar met haar ooroue familie-wortelkoek-reseppie??🙄

(Daar MOET een of ander rede wees hoekom die nasie so graag hulleself in oranje tooi, dan nie?? Ek weet ek kan gaan Wiki – maar sal dit kort en kragtig waardeer… want ek sweer ek het nie lemoenbome daar in die Niederlande gesien nie😕 )

ANYWAYS….

waar was ek nou weer???

OJA! Geluk, Holland! Maar ‘geluk’ is juis wat die oorwinning moontlik gemaak het. Want die spel was so ‘n rompslomp of issit klomp(e)slomp (aan altwee kante) dat enige span werklik waar kon gewen het. Hierdie een is beslis deur ‘n doel gewen. EEN doel. En dis al rede daarvoor. Definitief nie vir briljante spel of taktiek of tegniek nie.

Ek moet byvoeg – dit was een van die eerste wedstryde waar ek werklik nie omgegee het wie wen nie – en met soveel minder druk op my kon ek dit (tenspyte van die rompslomp) vreeslik geniet. Ek het altwee kante se doele ewe hard bejuig, albei se vuilspel geskel en albei se einas en wen / verloor meegevoel.

My “Man of the Match” – hell, for that matter my “Man of the WC” was nog alliepad en is steeds dié een:

 

DIEGO FORLáN CORAZO

(two-time winner of both the Pichichi Trophy and the European Golden Shoe)

Kan hy vir jou ‘n bal place en goal soos geen ander nie. Enigste striker wat nie gekerm het oor die nuwe bal nie – skop ‘n draaibal dat hy glo hy’s ‘n frisbee… en so kan ek aangaan…

Ek koop sommer vandag nog vir my Helge ‘n aliceband!! Net oor hy “Man of my Life” is en in honor of ons (gesamentlike – jipjip ons kán soms wel saamstem) favorite speler van dié Wêreldbeker. :mrgreen: 

 


8 Responses to “Die Kaap is weer Hollands”


  1. July 7, 2010 at 7:13 am

    Ek wens ek het ‘n oranje vlag gehad… want dan het hy vandag gewapper!!! My span is in die final!! Heeeehaaaaa!!

  2. 2 PlaasJuppie
    July 7, 2010 at 7:26 am

    Giggel ek nou vir die image van Helge met so helder pienk aliceband.

    • 3 Krista
      July 7, 2010 at 12:48 pm

      Jip!😀

      • 4 BB
        July 7, 2010 at 1:09 pm

        Nee man!! Nie pienk nie!🙄 vir werk ‘n Oros-orange enetjie of hmmmm wat van ‘n neon green…, vir speeltyd ‘n rooie en vir strongman ‘n swarte… Heits!!! Ek soek een met ‘n klomp skulls in ‘n ry daarop!! Jip-jip dit sal SUPER-über-cool wees!!!
        (Sal julle nog saam gaan brekfis met H3 mette aliceband??)

  3. July 7, 2010 at 12:29 pm

    Ja, Forlan mag maar ‘n bal skop.

  4. 6 BAD TO THE BONE
    July 7, 2010 at 1:17 pm

    My oer oer oupa was CORTEZ – o ja Forlan is by verre die beste – geen pressure my love , julle sal vandag en Sondag gou n sokkerlessie uitdeel !

    • 7 BB
      July 7, 2010 at 1:42 pm

      LOL @ Cortez!! Hihihi… eeehhhmmmm dankie my Love…

  5. July 8, 2010 at 11:21 am

    Blykbaar het Forlan eers professionele tennis gespeel, maar toe gaan sokker speel om meer geld te verdien, sodat hy vir sy paraplegiese sussie se mediese onkoste kan betaal. Net daarvoor kry die man al die sterre in my boek.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: