20
Jul
10

Sommer net…


 ~~

Sommer net oor jy so ‘n awesome Vriending is
en sommer net oor jy so reguit en op die vrou af is
en sommer net oor jy mens so ‘n barshou in ‘n ander oortuiging kan inkyk
en oor jy sommer-maar-net nie k*k vat van kabouters nie
en oor jy nie bang is om te sê “jy’s sommer net simpel…” “jy oordryf…” “moenie…”
en oor jy nie die woorde “I told you so” ken nie
en sommer net oor jy altyd so ongestoord, so sterk voorkom

en ek weet daar’s eintlik ‘n klein meisiekind daarbinne met ‘n hart sagter as malvalekkers.

 *sien n.a.v kommentaar van/aan Ding hieronder:

Wee’ jy wat is die beste, Ding? Ons het nie draadwerk nie… daar is nie ‘dieper’ of ‘duister’ bestaansrede of -reg vir ons vriendskap nie. Ons is net. As mens. En as vriende. What-you-see kinda ding – en nie hoe ander dit sien nie, maar bloot hoe ons dit self ook sien. Ons het nie bad hair days mee mekaar nie. Ons het nie verwagtings nie. Ons eis nie. Ons het geen voorwaardes nie. Ons hoef onsself nie te verduidelik nie. Ons hoef nooit te sê: “Ek het dit nie só bedoel nie…” of “ek dink nie jy verstaan wat ek probeer sê nie…”. Ons is so verskillend soos dag en nag. GEEN raakvlakke nie. Geen hobby, geen interest, geen leefwyse, geen reasoning, geen aspirasies, geen agtergrond… geen ooreenkomste wat ek so kan aan dink nie. Dalk is dit juis dit: daar’s geen rivalry of contest nie – I don’t have what she wants (en jip, sy’t al 3 my kinders al ontmoet😉 ) and she don’t have what I desire (ek het my eie bedonnerde liefie, dankie… :lol: ) – but we have found in each other an alter-ego of sorts – someone who fills in the spaces of what we’re not and could never be on our own.

Nog niemand het my ooit so onvoorwaardelik aanvaar en geduld nie. En nog niemand het my nog ooit so onverklaarbaar volledig laat voel in ‘n vriendskap nie. En nog nooit het 2 mense so min sin gemaak as in hierdie vriendskap nie.:mrgreen:

Maar ons is. Sy is. My allermooiste/beste/bedonnerdste Vriendingetjie.

Die een met die min woorde en die baie doen. Die een van druppels vra en wavragte vol gee. Die een met die vrygewigste ja’s en mees besliste nee’s. Die een wat ek wéét – sy sal my wragtig eendag eiehandig uit die hel uit loop haal assit nodig sou wees, die duiwel twee heftige dwarsklappe gee as hy durf teëpraat en my ongestoord deur die hemelpoorte sal sleep.  Maar los, sal sy my nie los nie.

~~

Hoe lui my diepsinnige Helge se awe-inspiring digterlike meesterstuk nou weer:

Dis al.”😉

 


16 Responses to “Sommer net…”


  1. July 20, 2010 at 12:26 pm

    Sommer net oor ek julle altwee kan ken – DANKIE!🙂

    • 2 BB
      July 20, 2010 at 1:28 pm

      Heits ☼’s – dis beslis my voorreg!!😉

  2. 3 krista
    July 20, 2010 at 5:46 pm

    U tell somebody, U die . . .😉

    Jy is awesome!

  3. July 21, 2010 at 12:01 am

    sommer-net wens ek dis een ding wat ek ook ordentlik kon doen….. Reguit te wees en nie om net stil te bly nie! Moet se, eks al baie beter!

    • 5 BB
      July 21, 2010 at 5:03 am

      Daar’s ‘n trick aan verbonde T’tjie😉 stappe om te volg… ek sal ‘n lessie opsit daaroor anderdag:mrgreen:

  4. 6 Ding
    July 21, 2010 at 4:48 pm

    Hmmm… Jipja Beeps. Nogal waar. Die beste van julle twee vir Ouding is dat julle mekaar werklik K E N. Min mense is bereid om aan ander die hele self te wys – en nog minder bly daarna staande en nog minder vriendskappe hou wanneer daardie eers werklik besef, gesien en ervaar is.

    • 7 BB
      July 22, 2010 at 5:21 am

      Heita Hemeloog!! Wee’ jy wat is die beste Ding? Die beste is dat ek sommer nou hierbo my blog gaan edit omdat dit wat ek hier wil sê nie ‘maar net’ as comment hoort te dien nie. Gaan goed Ding, ja? x

      • 8 Krista
        July 22, 2010 at 6:33 am

        Net so.

      • 9 Ding
        July 30, 2010 at 7:26 am

        Dagsê Jy-mettie-dwarsdeurkyk-oë! Jong ja, Ding het nou lank woord vir woord geproe aan jou woorde hierbo en Ding wil bevestig: dit wat jy hierbo sê, is PRESIES hoe Ding vir julle twee ervaar het. Julle het werklik ‘n besonder hegte vriendskap en Ding het uiterste bewondering daarvoor. Ook aan Krista: Buurvrou, jy is ‘n mens uit een stuk – sonderling. Is net so. En ja, dankie, dit gaan baie goed met Ding. Ding verneem jy besoek eersdaags die wêreld wat Ding nou tuiste noem, ja?

        • 10 BB
          July 30, 2010 at 8:10 am

          Jip jip!! En ook net oor ek geforce het:mrgreen: Ek weet noggie hoe die dag lyk nie. Ek hoop om darem ‘n stukkie te sien😉 – ek moes haar laas met ‘n klomp peeps share, so hierdie keer kry ek ‘n tête à tête:mrgreen: maar gits, niks keer jou seker om darem ogies te kom wys nie, ja? (Tensy jy soos my Skoortjie-maaikietjie ook spore maak die oomblik wat ek ini omgewing is nie?)🙄

          Note to s(E)lf… still waiting patiently😳

  5. 11 PlaasJuppie
    July 22, 2010 at 6:12 am

    …en wee julle wat? Ek het haar getrou!
    Ek het geleentheid om elke dag van my lewe te spandeer saam met die awsomeness van hierdie girl.

    …en mense het gedink hierdie Vaalseun is bietjie starrag😆

    • 12 BB
      July 22, 2010 at 6:20 am

      Halstarrig jip-jip!!… hy haal starrig asem:mrgreen:

    • July 22, 2010 at 7:29 am

      Julle bly awesome! Jullie lief mekaar so mooi! Man! Dis great!!

  6. July 23, 2010 at 8:08 am

    HAAAIIIIIIII!!! **Wave** :mrgreen:

    Ek ken ook daai vriending van jou en ek stem saam… sy is stunning!

    Maar ek hoor so via die wingerdstokke jy is okkie te bad’tie!

    • 15 BB
      July 23, 2010 at 8:19 am

      Heita Girly!!
      Wingerdstokke???😕 WAT vertel jy my nou, Girl?!🙄 My Vriending isse SUIPLAP?!?!?😯 :mrgreen:

  7. July 26, 2010 at 5:03 pm

    He He Beeps… kan nie onthou of ek of sy in die wingerde rond gespeel het nie!? :mrgreen:


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


July 2010
M T W T F S S
« Jun   Aug »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: