31
Aug
10

It’s not inside…


Thanks Demoerin – dankie, baie dankie! Duisend dankies. (Die feit dat hierdie een van die eerste tags is waarop ek ooit werklik reageer, behoort genoeg te sê van my diepe dankbaarheid en ongekende deemoed m.b.t jou nominasie.

Genoeg sarkasme vir een dag  – ek waardeer werklik jou kompliment oor my t(w)oor(d)-vermoë en het net een woordjie vir jou: “DITTO!”😉

(Daarsy, twee van die dinge wat ‘n genomineerde moet doen is uit die weg geruim… 1) Sit die prenkie hierbo op en 2) Sê dankie soos goeie maniere betaam vir die “cherry oppie koek” toekenning. )

Die derde ding wat jy moet doen, is om drie eienskappe/dinge van jouself waarmee jy jouself onlangs mee verbaas het of van jouself agtergekom het… en wat jy graag sal wil deel:

Ok, hier moet ek tog noem dat niks my meer van myself verbaas nie:mrgreen: en dat ek ook nie onlangs enigiets ‘nuuts’ van myself agtergekom het nie (so gemaak en so gelaat staan…🙄 ), maar dat ek persoonlike bevestiging gekry het (en steeds kry) oor persoonlike eienskappe/my karakter en/of optrede en die redenasie daaragter, is dalk ook hier van toepassing.

Dus:

  • Ek het geleer en glo vas dat “ELKE persoon met wie ek in aanraking kom ‘n gebed, ‘n blessing, ‘n sagte woord waardig is”. Of hulle gelowiges is of nie, is nie ter sprake nie. Of ek hulle daarvan inlig of nie, is ook nie ‘n voorvereiste nie. Dat hulle dit ‘waardig’ is in mense (Oxford/Thesaurus/Wiki) se definisie van ‘waardig’, ook nie. Dat die gemene faktor in my verhouding met enigiemand slegs ‘ek’ is – die onus rus op my om toe te sien, dat ek my oortuiging in hierdie verband nakom. Daarmee saam, is my geloof en hoop, dat iemand by verre my ‘waardigheid’ se meerdere, my weer in sy/haar gebede sal (op)dra. My sal bless. En softly op my ‘grond’ sal trap. Só, glo ek in “what goes around comes around”. Dit werk. Vir my.
  • Ek het geleer dat ek nie God se battles vir Hom hoef te ‘fight’ nie. My God is groter as ek. En groter as jy. En groter as enigiets of enigiemand wat Sy Bestaan, Sy Krag en Sy Almag bevraagteken. Ek het geleer dat ek slegs wel ‘n standpunt kan inneem wanneer dit kom by ydellike gebruik of misbruik van Sy Naam. Dan loop ek – (ek jok… dan los ek ‘n stofwolk agter:mrgreen: ). Ek onttrek uit daardie argumente en verseg om betrokke te raak. Want ek het ook geleer dat ek (dalk vir sommiges se smaak) té veel ‘soos ‘n kind’ is wat my geloof aanbetref. En dié wat my aanval/teengaan (gewoonlik) báie meer belese en intelligent is om mee te redeneer… Ek het ook geleer dat dit help om jou oë te rol en te rebuff met Shakespeare: “The lady doth protest too much” –  Ek stry nie oor iets waarin ek NIE glo nie. Ek gee dit nie ‘n naam nie. Ek gee dit nie as much as the time of day nie. ENIGIETS waarin ek NIE GLO NIE, sal ek nie my asem of energie op mors nie. Hoekom sal enigiemand wat nie in God glo dus met my (Sy eie, eie meisiekind) wil argumenteer oor Sy bestaan? You got nowhere to go after death? No purpose except pushing up daisies from 6-foot under? That’s cool by me! I may even help you one day, by watering your grave once in a while😆 – Dit mag rude klink, maar los my uit, dan los ek jou uit – ons agree to disagree en al daai dinge… maar of jy daarvan hou of nie – my eerste paragraaf tree dan hier in werking…😉
  • Ek het geleer dat jy NIKS aan jouself hoef te verander of te  probeer verbeter om vir ENIGIEMAND anders meer belangrik/spesiaal/worthy te wees. Jy is wie jy is. ALLES van jou. Met of sonder ‘n ekstra kilo of twee. Met of sonder ‘n grys haar of drie… Dat jy ongeag die ekstra moeite, deur iemand wat jou nie na waarde skat en dus nie waardig is nie, blatant ongevoelig en onwaardig behandel SAL word – AL DOEN JY WAT. Punt is: gee om vir die een binne-in. Gee WERKLIK om vir daai een. Ja, ruk ‘hom’/’haar’ in die bek as ‘hy’/’sy’ dalk selfsugtig is. Wys ‘hom’/’haar’ op ‘sy’/’haar’ foute en help ‘hom’/’haar’ reg. Wees trots op ‘hom’/’haar’ as sy iets groots/moois vermag. Praat ‘hom’/’haar’ moed in. Alles wat jy sou doen asof ‘hy’/’sy’ een van jou eie is. Want ‘hy’/’sy’ is. Die allernaaste aan ‘jou eie’ as wat jy ooit gaan kom. Moet ‘hom’/’haar’ NOOIT OOIT gering ag nie en moet ‘hom’/’haar’ NOOIT OOIT forseer om iets of iemand te wees ter wille van iemand anders se vereistes en behoeftes nie. As jy die een binne-in verloor, kan jy netsowel oppak en trek… daar waar mens daisies push virre lewe😦

 

Die vierde ding wat jy moet doen… is om jou gunsteling foto te plaas.

Dankie Donkie – virrie ‘ride’…

 

Die vyfde deel van hierdie nominasie, is om nog vyf mense te nomineer…

Well, here goes:

Madelé (‘n heerlike ontdekking wat ek gemaak het ini blogosfeer:mrgreen: )

Die ander gaan ek nie nomineer nie (want ek kan nie:mrgreen: )  – maar ja, aangesien ek nie die “Besondere-Vroue-Ete-Tag” saam gespeel het nie wil ek tog die volgendes spesiaal mention:

Pokkeljonsie, Wipneus en RosalindDing

(en Dellie ok, sy blog nog – maar meer af as aan – maar daar was awesome posts…)

ag, en ou Plattstetjie... van lank lank gelede, toe die blogwêreld nog jonk was – bietjie leeg en effe woes –

nét ná die Skepping… onthou julle ou b(l)oggers nog?😉

Hulle was die een of ander tyd óók vir spesifieke redes my persoonlike Cherry oppie Koek

die hoogtepunt van menige dae se bloggeratmosfeer

en net soms, sit daar steeds ‘n leë, vaal kolletjie in my b(l)oggerse hart

oor hulle ge-b(l)ogger-off het😦

~♥~

 


10 Responses to “It’s not inside…”


  1. August 31, 2010 at 3:32 pm

    Ai liewe BB, hoe vat jy nou aan my hart met woorde so raak gekies. En sonder dat jy dit kon weet, het jy my vandag met hierdie woorde gekeer van ‘n lelike fout maak. Vandag was jy waaragtig God se engel. Dankie.

  2. 2 madele
    August 31, 2010 at 6:28 pm

    Sjoe! Ek raak YSKOUD! Baie dankie! My ma was ‘n BA Tale mens en kon (kan) fantasties skryf. Ons het haar VERBIED om dit te doen want sy het oor ONS geskryf en dit in die Huisgenoot gepubliseer. Ek en my een broer is SYFERMENSE. Ons kan nie skryf nie. Ons kan spel en ons taal is redelik oraait – ons het AFRIKAANS in die huis gepraat. Net afrikaans. Ek het nooit in my lewe gedink dat ek op ‘n blog sal skryf nie, want ek kan nie skryf nie. Geen onderwyser het OOIT opgewonde oor my opstelle geraak nie (ekskuus, daar was een keer wat ek ‘n opstel moes skryf en ek kon nie dink wat om te skryf nie, toe gee Maretta Bellingan vir my ‘n idee, en mnr van Zyl het toe nogals die opstel, wat ek darem self geskryf het, vir die klas voorgelees. Maar dis waar my skryftalent opgehou het! en toe ek begin skryf, kon ek nie GLO daar is SOWAAR mense wat dit lees nie! en nou het jy EN Nikita my vereer met ‘n toekenning. Sjoe! Ek sou dit nooit kon dink nie. Maar baie dankie!!! Sal aandag gee aan die huiswerk, hoor.

  3. 3 madele
    August 31, 2010 at 6:30 pm

    O ja, en wat jy oor jouself skryf en wat jy glo…. ek hou daarvan. SOLIED. Nie een wat deur die wind heen en weer gewaai word agter elke nuwe gier aan nie, lyk dit my. Dit skep vertroue. Dit maak dat mense glo wat jy sê.

  4. September 1, 2010 at 10:53 am

    Jy is werklik ‘n baie besonderse mens BB, en ek is bly dat ek die voorreg gehad het om jou al te ontmoet… al was dit vir 5 minute, kon ek in daardie klein tydjie agterkom dat jy presies die mens is wat ek myself voorgestel het jy gaan wees.

  5. September 1, 2010 at 12:28 pm

    Aheyyyy!!!! Mooi lesse daai Beeps. Ek hou daarvan. 😉

  6. September 2, 2010 at 5:34 pm

    Jy praat die waarheid daar, Beebs. Soos altyd.

    Ek mis die ouer garde bloggers ook. 😉

  7. 7 Pikkie
    September 4, 2010 at 2:56 pm

    Ek het noggie moeite gedoen om op een van hierdie toekennings kommentaar te lewer nie, maar hier is dit anders. BB, as always. (((((((BB))))))) ‘n Vrou so na my hart (op die mooiste manier denkbaar natuurlik) ek sal my voortande gee om saam met jou ‘n koffie te drink,

    • 8 BB
      September 5, 2010 at 4:53 pm

      Ek picture al daai beautiful smile sonder hulle😕 ons moet plan maak, ja, ‘Ms Huggies’ (jy weet mos ek het in die diep donker krake van my siel, naampies vir al my ou blogger maatjies – en daar’t jy nou joune… (ek deel dit nie sommer uit nie:mrgreen: – en die redes beslis ook nie aldag nie – dis altyd die een of ander combo of sorts… hoe sal die 11’ie so mooi seg: “Go figure…”😉 x

    • September 6, 2010 at 5:54 am

      Ek dink ons moet ‘n club stig… En dan… Gaan koffie ons almal! Dit klink net meer na ‘n briljante plan vir my! 😛


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


August 2010
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: