10
Sep
10

Die Aarde Praat


 

Die Aarde sê: Jul pyn my só

Beseer my en gebruik my op

En buit my uit – ek voel bedroë

Ek wens soms ek kan jul afskop!

 

Van ewig aan het ek gegee

Als wat jul nodig het vir leef

En wat het jul aan my bestee

Terwyl jul deur die heelal sweef?

 

Ek gee jul voeding, water, lig

Ek hou getrou jul ewewig

Vir eeue al berei ek voor

Om jul met skoonheid te bekoor…

 

Maar in die laaste honderd jaar

Het Satan in jul ingevaar

Wat diep in my soos goud bewaar

Word nou misbruik en uitbaljaar.

 

Jul grawe tonnels in my lyf

Besmet riviere, mere, see

Jul mag- en geldsug-tydverdryf

Ken net van vát en nie van géé.

 

Verklaar ‘n oorlog, gooi ‘n bom

En skiet ‘n stompie deur die ruit

Wie huil oor dier, of boom, of blom

Word as ‘n swak’ling uitgekryt;

 

Dus sal ek nou die tekens wys

Terwyl jul kamstig veilig tuis

Onder jul dakke van selfsug skuil

Sal ek die wind daarom laat huil –

 

Ek sal myself duid’lik laat hoor

En snags jul slaap en rus verstoor!

Sal skud tót elke wond genees

Gesny deur hebsug in my vlees!

 

In rook en as – met vuur en vlam

Doodsgolwe uit die oseaan

Met storms lê ek julle lam

Met weerlig sal ek julle slaan!

 

“Geduld!”, vereis jul in jul gier en sug

‘wyl jul steeds saamry op my rug.

Weet jul dan nie jul bestaan is oorbodig?

Ek het julle nié, maar júlle’t mý nodig!!”

 

Vertaling: BB

~Die Erde spricht – Hilde Philippi ~


13 Responses to “Die Aarde Praat”


  1. September 10, 2010 at 11:40 am

    WoW BB! Mag ek hierdie maar in ons kwartaalikse nuusbrief gebruik? Met volle erkenning natuurlik! (Jy weet mos, ek werk deesdae vir die omgewingspolisie😉

    • 2 BB
      September 10, 2010 at 11:46 am

      Oits Sonnemarietjie. Of course mag jy… maar dis nie “original-original” nie – ek het dit uit ‘n duitse gedig vertaal… wag – ek sal eers die nodige erkenning onderaan insit, ok??

  2. 3 PlaasJuppie
    September 10, 2010 at 12:19 pm

    Pasop vir die dag wat moeder aarde ophou praat en pleit en soebat en sy haarself regtig opruk vir ons

  3. September 10, 2010 at 1:17 pm

    Moet daar nie dalk musieknote saam met die woorde wees nie😉 Ek vra maar net.

  4. September 11, 2010 at 7:50 am

    Yes! Onthou, September is Boomplant-maand! Plant ‘n fever tree, ne! 😉

    • September 13, 2010 at 6:44 am

      Ek wens hulle wil die hele land vol koorsbome plant, hulle bly my favourite!

  5. 7 Pikkie
    September 12, 2010 at 7:27 am

    … en ons is te ‘besig’ om te luister, en dink dat alles net vir altyd gaan aanhou… Dis baie scary, wat van ons kinders se kinders – wel ek wil darem nog ouma word, en gaan ek hulle vertel van ‘Eendag toe daar nog bome en damme en boere wat ploeg en plant, en voels wat rondvlieg en diere wat in die uitgestrekte vlaktes gebly het…’

  6. September 13, 2010 at 6:47 am

    Dis scary hierdie ding BB. Net die ander dag het ek weer KFC papiersak opgetel wat “perongeluk” by iemand se venster “uitgewaai” het, en dit aan hom terugbesorg by die volgende verkeerslig. Dit is begin by die klein dingetjies, maar dit word gewoonte en dan kan mens later op die groter dinge konsentreer.

    • 9 BB
      September 13, 2010 at 7:10 am

      Bravo vir jou DMi!! Ek doen daai ook as daar enigsins geleentheid is – “ekskuus, jy’t iets verloor, mevrou…”.

      • September 16, 2010 at 6:28 am

        Ek is mal oor die uitdrukking op die gesigte😆

  7. September 14, 2010 at 10:55 am

    O, BB, dis SO mooi, SO waar!!!!
    O Ja, ons het nog nie by die posbus uitgekom nie, hoor! Dis hoekom jy nog niks van my hoor nie!! Ek hoop VANDAG is daar vir my ‘n verrassing!

  8. October 13, 2010 at 6:00 am

    Hallo BB. Toortsie het gesê ek moet hier kom lees en sy was reg, dit is ‘n baie treffende gedig!

  9. November 8, 2010 at 3:36 pm

    Ek wens die aarde skop ons af met ‘n groot komeet, soos baie keer voorheen al gebeur het. die aarde haarself sal voorleef en lewe sal weer verrys, soos baie heer voorheen. dit sal ‘n skoon begin wees, soos die natuur dit bedoel het.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


September 2010
M T W T F S S
« Aug   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,414 hits

%d bloggers like this: