20
Sep
10

Tydloos


 

 

Sê die kleinseun vir die ou man: “Oupa, soms laat ek my lepel val…”

Oupa antwoord: “‘Net soms my kind? Met my gebeur dit byna pal!”

In ‘n fluisterstemmetjie sê hy: “Oupa, gister pieps ek in my broek…”

‘ n Ou hand troosvryf oor sy kop: “My kind, jou ma dreig lankal met ‘n doek!”

“Ek kry raas oor ek soms huil…”

“Hoe graag sal ek my trane ruil!”

“Weet Oupa wat maak my só seer? Grootmense het net geen tyd meer…”

“Ek verstaan dit ook nie meer…” , terwyl sy ou hand rimpelteer

saggies saggies ‘n traantjie of twee

van die blosende appelwang vee.


18 Responses to “Tydloos”


  1. 1 Son
    September 20, 2010 at 12:33 pm

    Ai BB, my Maandag is klaar so blou,
    En kyk wat doen jy nou😥

    • 2 BB
      September 20, 2010 at 12:49 pm

      Kyk wat doen ek Sons😕 Ek laat jou rym!😉

  2. September 21, 2010 at 6:31 am

    Sjoe BB!
    Ag, dit is een ding wat jy my nou weer aan laat dink. Ouers sal 99% van die tyd goed na hulle kinders omsien, maar aai, dit gebeur so gereeld dat die ouers iewers vergete in ‘n ouetehuis weggebêre word. En al wat hulle wil hê is dat hul kinders tog net ‘n bietjie liefde en omgee wil toon. Hulle wil net nie alleen wees nie.

    As koor doen ons 2 keer ‘n jaar ‘n program by ‘n sentrum vir bejaardes, en ek weet daar is baie sulke gevalle daar. ‘n Paasprogram, en dan weer Kersprogram. Niks fancy nie. Bybeltekse, koorsang en samesang. Partykeer ‘n solis ingegooi saam met die koor. En weet jy BB, om die vreugde in daardie mense se gesigte te beleef, omdat hulle weet daar is mense wat iets met hulle wil deel is ongelooflik. Die paaseier of hotcrossbun saam met ‘n koppie tee, is soos ‘n nuwe Ferrari vir hulle!

    Ek wens sommige kinders daarbuite, wil die nodige respek aan hul ouers in hul ou dae toon.

    • 4 BB
      September 21, 2010 at 7:35 am

      Og Dmi – die hartseerste vir my was ‘n jaar of wat gelede toe ek op die Christmas wishlist van ‘n outehuis die naampie lees en langs dit: 3 lekker skaaptjoppies asseblief. Net dit. Geen ander groter wens vir Kersfees nie.😕 Oits! Ek sluk nou nog swaar as ek net daaraan dink. Vir ‘n oomblik wens ek ek het persoonlik die wens ge’grant’ en sommer nog seker gemaak die tannie kry een Sondag per maand 3 skaaptjoppies. Maar ek het die geleentheid gemis… en toe ek in Februarie die volgende jaar weer daaraan dink en probeer uitvind wie sy is, moes ek hoor die Here het haar net na Kersfees kom haal.😦
      Ai, ek hoop daar’s skaaptjops ini hemel, DMi??

      • September 21, 2010 at 9:32 am

        Ek glo dat daar vir haar sal wees. Hulle smag eintlik na so min.

  3. September 21, 2010 at 12:18 pm

    Ek wens my ouers was nog met ons. Ai, my oumensies het getrek einde Mei. Die oom het net gewag tot die tannie tussen haar mense was. Vyf dae nadat hulle getrek het, toe kry die sms wat gesê het: “Die oom is nou net huis toe.” Ek sms die tannie nog gereeld.

  4. September 22, 2010 at 7:34 am

    Ek was so bevoorreg om die afgelope naweek saam ‘n klomp oumas uit die Alexandra gemeenskap weg te gaan. Dit was hartverskeurend om te sien hoe die gemeenskap van hulle ou mense vergeet.

    Wat my opgeval het is dat die oumas ALMAL ouer lyk as wat hul in lyf-jare is… 😐

  5. 8 Roer
    September 22, 2010 at 11:53 am

    Buiten nou ‘n kind aan die dood moet afstaan, dink ek nie daar kan ‘n groter pyn wees as verwerping (lees wegsmyting) deur jou eie kind nie. Dit moet baie eina wees.

    • 9 Ding
      September 22, 2010 at 3:04 pm

      Dat die gevoel van verwerping verseker erg moet wees, is so. Maar is dit algemeen dat ‘n kind ‘n ouer sommer net wegsmyt? Ding wonder nou nogal oor daai.

      • 10 Roer
        September 22, 2010 at 7:14 pm

        Is nogal so Dingeling, maar ‘n mens skop nie ‘n man/vrou, wanneer hulle klaar le^ nie of wat se^ ek tog nou.

  6. October 1, 2010 at 10:55 am

    Dit is iets wat soos ‘n berg voor my staan, dit gaan vir my baie moeilik wees.

  7. October 1, 2010 at 10:20 pm

    Baie pragtig geskryf, BB!

  8. October 2, 2010 at 4:47 am

    Ek het nooit eintlik aan oumense en wegsmyt gedink nie tot my eie Ma matrone by ‘n versorgingsoord geword het. Daai mense het niks, bokkerol, zilts. Hulle word met ‘n hele fanfare daar ingeboek, dan na ‘n week of wat se elke dag kom kuier, kom die kinders miskien een maal ‘n maand, en dan een maal in twee maande en dan miskien een maal ‘n jaar, want hulle ouers is mos nou versorg en hulle het ook mos ‘n ‘lewe’ en moenie vergeet hulle betaal blerrie baie geld vir hul ouers om daar te wees nie. Hulle het vrede met gevoelens en verlange en al daai mensdinge… Nodeloos om te seg dat ek ‘n klomp nuwe oupas en oumas bygekry het en my kids baljaar daagliks op die Oupies en Oumies se skote en dink hulle is in die hemel… Elke mens het liefde nodig, of jy 2 of 92 is en as ek dit nie vir hulle kan gee nie, het ek my doel as Christen gemis. Maar dit keer my nie om nog steeds de blikslaters in te wees vir kinders wat nie kom kuier nie.

    • October 4, 2010 at 6:02 am

      Pikkie, ek is so met jou op die een. Dit maak my baie hartseer, en is so bly vir wat jy doen. Dis BAIE cool!

  9. October 4, 2010 at 7:58 pm

    Hoe het dit dan gekom dat ons so besig geraak het? Ons het nie meer tyd vir ons kinders nie ook vir vir ons ouers nie en net so min vir onsself? Ons sal moet kyk na ons prioriteite! Ek probeer om weekliks by my ma en skoonma te kom maar dis heeltemal te min. My ma raak baie gespanne as ek baie met die skoonfamilie besig raak…. dit was skoonma se 80e en my eie ma is sommer skielik huilerig… As hulle eers weg is, is hulle weg. dan help dit nie om jouself te verwyt nie!
    Dankie BB, ek sit nou en luister na jou CD en soos ek jou leer ken het, is ook hierdie skrywe diep uit die hart, en raak dit aan die hart. Jy het BESLIS ‘n gawe van die Here ontvang! Dankie dat jy dit GEBRUIK.

  10. 16 hx
    November 11, 2010 at 3:09 pm

    Een woord: Amazing!

  11. 17 Smurfi
    November 12, 2010 at 5:02 am

    Baie, baie mooi gedig, alles so waar, BB.

    Moet ook saamstem met Ding se comment oor verwerping (kan kinders regtig hul ouers so verwerp? ) Ja hulle doen dit, en ek het dit al so baie aanskou en van die ou mensies maar aangeneeem, en help versorg, en soveel as wat ek kon ‘n bietjie van my liefde uitgedeel. Ek dink verwerping van die ou mensies is vir hulle op daardie stadium sekerlik erger as die dood, want hulle verlang na hul mense, en hul kinders. Daar is soveel hartseer in daardie ogies wat al hoe leër word, dag na dag soos hulle kyk en wag vir hul familie om te kom kuier.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


September 2010
M T W T F S S
« Aug   Nov »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: