08
Dec
10

Wie Jy Is


‘n Duet… ek sou graag ‘n ‘wit’ en ‘n ‘swart’ stem hierdie wou hoor saamsing…

Wie weet – dalk hoor ek dit tog iewers… eendag…

 

WIE JY IS ©

Stem 1

EK BEMIN – JY HAAT

EK GEE – JY VAT

EK WERK – JY RUS

EK WAS – JY IS

EK HUIL – JY LAG

EK MOET – JY MAG

EK GAAN – JY BLY

EK IS EK

MAAR WIE IS JY?

Stem 2

EK KAN – JY SAL

EK VEG – JY VAL

EK DIEN – JY GEBRUIK

EK IS ARM – JY IS RYK

EK WEIER – JY WIL

EK STEM SAAM – JY VERSKIL

EK IS VAS – JY IS VRY

EK IS EK

MAAR WIE IS JY?

 

REFREIN

EK KAN NIE VOEL SOOS WAT JY VOEL

EK KAN NIE JOU GEDAGTES LEES

EK KAN NIE WEET WAT JY BEDOEL

WANT EK WAS NOG NOOIT JY GEWEES

KAN NIE JOU MOEDERTAAL VERSTAAN NIE

WAT IN JOU VOLK SE HART AANGAAN NIE

MAAR MISKIEN GEE EK JOU VAN MY TYD

EN DAN VIND EK DALK UITEINDELIK UIT

WIE JY IS  –  WIE JY IS  –  WIE JY IS  –  WIE JY IS

 

Stem 1 & Stem 2 

JY IS WIT JY IS SWART

JY IS SAG JY IS HARD

JY IS VREESLOOS JY IS BANG

EK OORHANDIG JY ONTVANG

EK WANTROU JY GLO

EK IS ONDER JY IS BO

JY KLA JY STRY

EK IS EK

MAAR WIE IS JY?  

 

HERHAAL REFREIN

EK KAN NIE VOEL SOOS WAT JY VOEL

EK KAN NIE JOU GEDAGTES LEES

EK KAN NIE WEET WAT JY BEDOEL

WANT EK WAS NOG NOOIT JY GEWEES

KAN NIE JOU MOEDERTAAL VERSTAAN NIE

WAT IN JOU VOLK SE HART AANGAAN NIE

MAAR MISKIEN GEE EK JOU VAN MY TYD

EN DAN VIND EK DALK UITEINDELIK UIT

WIE JY IS  –  WIE JY IS  –  WIE JY IS  –  WIE JY IS

Notified @ SAMRO (Demo composition available)


12 Responses to “Wie Jy Is”


  1. December 8, 2010 at 12:11 pm

    I like I like!! Ek hoop ook ons kan dit eendag hoor… eerder vroeër as later.

  2. 2 PlaasJuppie
    December 8, 2010 at 1:32 pm

    Oh Goodie!

  3. 3 Son
    December 8, 2010 at 1:54 pm

    Wow! Ek sou graag wou hê dat almal in hierdie land hierna kan luister.

  4. December 8, 2010 at 9:50 pm

    So waar. Dit kan ‘n hit word, Beebs. Genuine.

  5. December 9, 2010 at 10:55 am

    Ek wonder of BB al die melodie skryf?

    • 6 BB
      December 9, 2010 at 11:04 am

      Hy’s klaar getoonset DMi:mrgreen: – dis mos maar hoe ek werk – sing/hum hom terwyl ek hom skryf😉

      • December 9, 2010 at 11:52 am

        Moes geweet het jy doen nie halwe werk nie.

  6. December 9, 2010 at 12:16 pm

    Gaan kry mense om die te sing – at once.

  7. 9 CHAOS
    December 9, 2010 at 3:28 pm

    Eendag, dalk eendag sal n ” record company ” wakker skrik – ag ok ons mag seker droom !!xxx

  8. December 11, 2010 at 5:36 am

    Ai BB, dis pragtig (eintlik is die woord profound gepas, maar ek ken nie die gepaste Afrikaanse woord nie) en ek wil dit graag hoor. Beteken die “Demo composition available” dat ek ook toegang tot dit kan kry? Indien wel, hoe moet ek maak
    /

  9. December 13, 2010 at 8:47 am

    Ek is bevrees ons land is nog ver van versoening. Het die naweek weer aanskou hoe ‘n man met sy bakkie deur die water jaag en die arme stom-verslane-ou oom langs die pad sop nat spat… net oor hy kan… AS hy nie so vinnig gery het nie, het ek regtig agter hom aangery om hom die leviete voor te lees… Dis daari klein goedjies… 🙄

  10. December 17, 2010 at 6:35 am

    Net ‘n vinnige inval Antie Beeps on jou en jou se gesin ‘n Geseënde Kersfees toe te wens. Ek weet sommer Liefde, Liefde en Liefde lê voor jou voordeur!

    Geniet die tydjie (al is die kinders êrens anders) – Dalk wil die Liewe Heer hê dat jy so bietjie moet rus.

    Seën tot ons mekaar weer in 2011 raakloop.

    Baie liefde

    girl xxx


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


December 2010
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: