23
Dec
10

Oh Krismiskoek, Oh Krismiskoek


 

Ek hou nie (regtig) van Krismiskoek nie…😯

Dus: Krismiskoek, Troukoek en enige ander koek of fyngebak met dadels, kersies, sultanas of rosyne

MAAR: ek is nogal erg oor tradisie

Ek sal dus vir Kersfees ‘n stuk(kie) Krismiskoek met (verkieslik Brandewyn-) maar ook gewone vla eet.

Net omdat… Sommer… oor dit Kersfees is – en ag die geur daarvan is so deel daarvan as dié van denneblare, lemoenskil en naeltjies…

Netsoos ek met Paasfees ‘n Hot Cross Bun sal eet (of twee – veral as hulle deurgesny lig gerooster is)

~~

Wat dan nou gemaak as jy dus die gelukkige ontvanger is

van ‘n liefdevol gebakte Krismiskoek wat jy tersluiks in skywe sny en in die vrieskas bêre…

en op ‘n koue wintersaand in Julie, oor jy alleen of sommer net tranerig is en sommer oor jy die gees van Kersfees nodig het daai aand, ‘n stukkie uitbreek en in die mikrogolf opwarm…

~~

Nou ja, aangetroude-stief-skoon-boerekind kan ook ‘n plan maak, nê?!:mrgreen:

Hier’s myne:

BESTANDDELE:

500 g Krismiskoek krummels (breek sommer in growwe krummels in ‘n groot mengbak)

150 – 200 g goeie donker sjokolade (gerasper en in ‘n glasbak oor ‘n pot water gesmelt, of mikrogold – pasop dat die nie uitdroog of brand nie!)

60 – 80 ml Sherry of Brandewyn of Rum of Muskadel of Likeur (of waffer ‘silly liquid‘ jy ookal verkies) (kan vervang word met opgeklitste 4 eetlepels Karamel kondensmelk vir die H3’s en die o/18’s in julle lewens met ‘n skootjie water daarby om dit meer vloeibaar te maak – moenie room of melk gebruik nie – dit gaan suur word!!)

30 ml goue stroop (dis twee oorvol eetlepels)

50 g versiersuikeropsioneel (veral met die Karamel Kondens onnodig!?)😕 (die H3 stem nogal gladnie saam hiermee nie)

Meng dié spulletjie met ‘n houtlepel.

Skep ‘n porsie met ‘n teelepel uit die bak en rol balletjies (één-happie groottes) tussen die hande en plaas op ‘n bakplaat wat gespuit, gesmeer of met toebie-papier uitgelê is.

Die balletjies raak al groter wanneer jy ongeduldig raak 😉 moet nou nie BALLE daarvan maak nie!!😆

Daarsy!!

Amper geen moeite nie, nê?!

Jy kan die balletjies nou eers in vermicelli, of Klapper of fyngedrukte “Flake” of selfs fyn koekiekrummels (Marie’s of Tennis sal ook werk) – maar ek los hulle netso ‘kaalg@t’😳
VERSIERING:

100 – 200 g Wit Sjokolade (Gerasper of in kleiner blokkies opgebreek en in ‘n glasbak oor ‘n siedende pot water gesmelt – ek sal regtig nie die mikrosmelt metode aanbeveel nie! Jy sal jou wip as jy sjokolade moet weggooi!)

‘n Handvol rooi en groen geglasuurde kersies (gooi gekookte ketelwater in ‘n beker, gryp jou kombuisskêr of skerp messie en sny die kersies op – probeer om die rooies in meer ronde stukkies te sny en die groenes meer langwerpig – doop die skêr of mes in die kookwater om die taaiheid van die kersies teen te werk)

Laat die sjokolade ‘n bietjie afkoel tot kamertemperatuur – maar steeds vloeibaar

Skep ‘n teelepel vol oor elke balletjie en versier met die kersies – lig die kersiestukkies met die skerp punt van die mes op en skuif die op die balletjie, doop die mes en gaan so aan).

~~

HEERLIKE ALTERNATIEF:

Jy kan ook in plaas van die Wit sjokolade ‘n versiersel maak van gladde maaskaas en versiersuiker en ‘n paar druppels suurlemoensap 

roer  die suiker in by die maaskaas en proe tot jy die regte soet/suur kombinasie na smaak het. (maak eers ‘n half-bakkie aan en dan nog soos benodig) – Ag en vir good measure kan jy altyd in elk geval die gesmelte sjokolade ook nog hier inroer – dit raak wragtig net ál hoe lekkerder. (Ek gebruik dieselde versiersel vir my wortelkoek…)

~~

Plaas die bakplaat of pannetjie in die yskas tot jy dit wil voorsit of verpak.

Hierdie Balletjies maak die heerlikste geskenk – maar hulle eet só lekker dat jy dit dalk nie sal wil weggee nie😉

Krismiskoek sal wraggies NOOIT WEER in my vrieskas beland nie!!

~~

Ok, dalk bêre ek tog maar 1 ou stukkie diep onder die vrieslaai – vir daai tranerige wintersnag in Julie… wanneer my hart na die Kersfees gees verlang…

~~


6 Responses to “Oh Krismiskoek, Oh Krismiskoek”


  1. December 23, 2010 at 9:28 am

    SJOE Biebs, hoe water my mond nou!
    klink mos nou vir my of ek onmiddelik twee krismiskoeke by shoprite moet loop kry, dan maak ek een mengsel vir nou en nog een vir daai koue winternag in Julie…
    wonder of ek hiervoor ook allergies is? Sleg om allergies vir eetgoed te wees, kyk nog net daarna dan swel ek op!

    • 2 BB
      December 23, 2010 at 10:27 am

      Nie oor ek met allergië die spot wil dryf nie, maar heng Jen, dit smaak my ons girls ‘swel’ van enige lekker ding op:mrgreen:

  2. December 23, 2010 at 12:21 pm

    ja, ek is ook maar swellerig – veral hier by die maag en boude rond…🙂
    MAL oor vrugtekoek. En impromptu soos ek is, bak ek dit NIE betyds nie! Maar iemand het vir my een present gegee… dit gaan nie eers hou tot kersfees nie, wat nog te sê een koue wintersdag in Julie… dan moet my ou liefie maar die warmte verskaf!!😀
    Jou resep lyk heerlik. dalk probeer ek dit!
    Mooi kersfees vir jou
    madtoortsele

  3. December 23, 2010 at 12:59 pm

    Mmmm, lekker. Ek dink volgende jaar hou ons Kersfees by BB se huis.

  4. December 23, 2010 at 9:58 pm

    Hi b’s. May the joy and love of xmas abide with you always, not only through the festive season. Enjoy and stay safe.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


December 2010
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: