11
Jan
11

Hardeg@tte… ehhhmmm doppe…


Die Ouvrou, Carl en Spyker… (jip – hulle is albei BAIE plaerig😀 )

Ek het die Ouvrou (die ou grote wat voor loop) nou al 20 jaar – let op die gaatjies agter in haar dop. Ek het haar destyds (1991) gekoop in ‘n lokasie op Marikana – vasgetting aan ‘n paal. Ek weet nie of hulle haar vir die pot wou grootmaak nie😕 Sy was darem nou nie gehawend en uitgeteer nie (ek weetie hoe lyk ‘n uitgeteerde skilpad nie🙄 ).

Sy is hondmak. Sy kom as mens haar roep. (ok, dit vat haar ‘n rukkie:mrgreen: )… Sy kom skuur graag teen my been en doen letterlik die riel as ek haar dop krap (sy loooooove ‘n ruggie-krap!). Die ‘seuntjies’ het ek onlangs eers gekry (‘n ou tannie het verhuis na ‘n outehuis-woonstelletjie en hulle was duidelik nie welkom daar nie). Toe was ten minste 7 jaar se rus en vrede vir die Ouvrou iets van die verlede… verwys na hulle obvious baljaardery met haar in die lente met die nagevolge op Oujaarsaand hier.

Hulle het almal hulle eie persoonlikheid. Geeneen is soos die ander. Carl is beslis die hardegatste van die hele spulletjie. Eiewys met ‘n vurige reguit kyk in die oë. Hy sal klein kinders bang kyk!!  Spyker (ons motor-mechanic) is vrééslik stout! Hy kruip graag onder karre in wat in die oprit staan – en dan moet die H3 leopard-crawl hom daar uitsleep. Ongelukkig moet ons dus ‘n deeglike sekuriteits-check doen, voor jy ons erf kan verlaat😆 Hulle is nou maar sowat 3 maande by ons, maar Spyker kom darem ook al nader vir ‘n vryfie en ‘n chat as ons vroegaand op die stoep sit en hy nog nie in gaan kruip het nie.

Ons Kindergarten :

Hier bly Gôg (regs van die voerbakkie), Beeps (op pad na die klip by die stepping stones…nee, dit wat jy links bo sien is ‘n skilpadbeeld), Loskoppie (die H3 se hart se punt (sy sit daar teen die linkerkant van die voerbakkie) en Buttercup bo-op die klip by die stepping stones. Jelly-tot (die kleinste enetjie kruip iewers tussen die bossies in die bedding weg). Buttercup en Jelly-tot is my pleegkinders. Hulle is nou net van voor laasjaar se winter by my oor hulle mamma aangebou het en haar hele tuin oorgedoen word. Sy ‘dreig’ kort-kort dat sy hulle wil kom haal…😦

Buttercup – Sondagmiddagslapie :

‘n Hele 165 gram se Gaaaaaaaaap!!!

  

Beeps in die Swembad (hulle ‘soak’ té heerlik wanneer dit warm is)

Feeding Frenzy😯 toemaar… dit lyk erger as wat dit is.

Elkeen kry genoeg – vandag is patats met Kalsium aanvulling. Mmmmm!!!

Die Ouvrou se ‘nes’ agterin die tuin – die ou voëlhokkie dien maar as beskerming en reminder van waar die nes is – ook wil ek nou nie agter die kleintjies aankruip of die hele wye wêreld moet deursoek as die kroos eers uitbroei nie. En mens weet nooit of ‘n Hadida of dalk jakkalse of behoede my die een of ander wilde roofdier dalk in my tuin rondloop nie😯


11 Responses to “Hardeg@tte… ehhhmmm doppe…”


  1. January 11, 2011 at 5:50 pm

    Pragtig BB! My suster het ook so om en by 7 (kan nooit seker wees nie, want sy kry soms by) en wanneer ek vir mense vertel dat hulle haar ken en kom wanneer sy roep, dan dink hulle dis net verbeelding, maar ek en sy weet altwee dit is nie… hulle ken haar stem. Kan nie wag om te sien hoe hulle lyk wanneer hulle uitbroei nie.

  2. January 12, 2011 at 4:56 am

    Te dierbaar! My peetma het ook so ‘n paar in haar tuin gehad. Dit was die enetjie se gunsteling tydverdryf om al agter jou aan te stap en aan die hakskeen te byt. Jy moet behoorlik dophou as jy stilstaan, want gebyt gaan jy gebyt word!

  3. January 12, 2011 at 6:44 am

    COOL! Hulle is net vir my sulke rustige, statige diere.
    Ek is bly jy het die hokkie daar gesit – daai alleen eiers het my regtig gepla😆

  4. January 12, 2011 at 3:20 pm

    As jong dogter het ek soms in die week by twee tannies loseer. Tannie Mags het skilpaaie gehad. Maar ek dink joune het BAAAAIIIIIEIEEEE meer persoonlikheid!!

  5. January 14, 2011 at 5:29 pm

    Ag te oulik. Ons het ook twee gehad wat later plaas toe getrek het.

    • 6 BB
      January 16, 2011 at 6:07 pm

      Charmpie, dis my plan vir die longterm – om hulle nou so aan te hou, dat hulle eendag as dit nodig is, ook uitge’plaas’ kan word. Dis baie belangrik, want hulle kan my plus nog ‘n generasie of twee moontlik oorleef en ek kan nie my nageslag (of die skilpaaie) ‘belas’ met iets wat my nou sulke groot vreugde en genoegdoening verskaf nie.

  6. January 17, 2011 at 6:43 am

    Wee’jy, dis te bleddie pragtig! Mense wat omgee vir diere, is mos mense met siele man. Jy weet mos.

    Die poelieshond het haar hare afgeskrik op nuwejaarsdag toe ons ini Karoo is, en ‘n skillie kom reguit op haar afgepyl (mmm, wel, in slo mo natuurlik!) Skoorlief wil graag ‘n ‘stillie’ huis toe bring maar ek weier, en die baas van die plaas weier net so hard saam. Karoo stillies sal nie grootword op Bolandse plante nie!

    • 8 BB
      January 17, 2011 at 6:50 am

      Skoortjie – hulle is amazingly adaptable (OEPS!!! Vigeet ek mos nou virre oomblik dat jy nie ingels praat nie… eehhhhmmm ongelooflik aanpasbaar😉 )
      Myne MOET wees, want die hele bleddie spul gaan nog eendag saam my in die Kaap moet loop aftree. Ok, dalk sal ek vir Carl en Spyker hier iewers op ‘n plaas loop vrylaat, maar my Ouvrou?? NEVA!!!

    • 9 BB
      January 17, 2011 at 6:55 am

      LOL @ Sherlock (die poelishonkie)!!- my Bluetjie dinder kort-kort oor een as hy in die tuin rondhol – (hy raak ook mos maar biekie blind so met die tyd saam – tipiese bullterrier – dan moet jy sien hoe verontwaardig hy is!)

  7. January 17, 2011 at 7:06 am

    Graatjie, mail my gou – ek soek na jou!

  8. February 3, 2011 at 7:11 pm

    This is fascinating! I’ve never known anyone to keep tortoise pets like this!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


January 2011
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: