13
Jan
11

My Krater…


Die Agtergrond:

Die 80’s. Radikaal stywe stretch stove-pipe jeans wat tot vêr bokant jou naeltjie toerits en die gemiddelde jong meisie se laer buik nogal na ‘n Beetle-bonnet laat lyk🙄 Die Boob-tube wat  ‘n skalkse stukkie torso laat uitloer – dis nou die gedeelte tussen die ehhhhmmm wel, boobs en die  waist-band van die denim (wat, soos reeds genoem ongelooflik onooglik onvleiend hoog bokant die naeltjie toeknoop).  Spykerhakke mét shufflesocks bo-oor die stove-pipes ge…wel…shuffle – dit het darem die illusie van kuite gegee vir die minderbevoorregtes. Die hare!! GROOT hare was die inding. En mette boskaas soos myne wat op hulle natuurlikste nogal in die ‘bed-head’ kategorie val as ek dit nie kam nie, geperm en getease en gehaarsproei met die kante teruggekam en platgesproei kompleet offe koei jou virre soutlek aangesien het…

Dis skoutyd in Pretoria. Ons is op pad om vriende daar in die biertuin te ontmoet. Maar eers moet ek nog in my radikale stywe stretch sexy stove-pipe jeans in! (Daai tyd het jy eers jou hare klaargemaak, anders was jy dalk so natgesweet in jou klere van die effort dat jy netsowel weer kon gaan verklee.)

Die Stove-pipe Prosedure:

Jy gaan sit op die voetenent van die bed. Glip ‘n voet deur elke broekspyp en trek die broek dan reg en glad tot netso bokant dit knieë. Staan dan op en rol en rek en trek en spring op en af terwyl jy jouself in die broek inwerk tot die agterstewe vastigheid kry. Ok, die teorie is dit: As hy oor die boude is, pás hy en móét hy kan toemaak. Nê?! Nê?!?!?! Jy staan dus nou met penreguit bene binne-in ‘n radikaal stywe stretch stove-pipe jeans vól boude aan die agterkant en beskou die verdomde Beetle-bonnet so van bo-af wat nog ágter dit ritssluiter én die knoop moet in.

So maak mens: Val reg agteroor en lê plat op jou rug. Pasop tog net vir die ‘body’ agterin die hare!!!  (dit was ‘n dead give-away destyds as jou agterkoppie se haredos so plát gedruk was – dit het beteken jy het langer as die gewone girl gelê om jou broek vas te maak😉 ). Ok, ons almal weet tog dat ons girls in elk geval beter (lees maerder) lyk as ons op onse rugge lê, ja? Feit is, ons lyk nie net maerder nie, ons is dan maerder, want die bonnet het dan plek om effe tussen die heupbene te versink. As jy gelukkig is, het jou jeans se ritssluiter ‘n behoorlike vasvatbare ‘tongetjie’ (gits, wat noem mens tog die ‘tab’ van ‘n zip??). As daai dingetjie té klein of te kort is, het jy nog ‘n probleem en moet jy maar ‘n haakspeld byderhand hê, om hom te kan vasgryp. Haal diep asem en trek nou die zip tot bo en maak so vinnig jy kan (of solank jou opgehoude asem toelaat) die knoop vas.

Daarsy!! Nê?! Dink jy! Dis nou wanneer dit baie voordelig is om iemand naby jou te hê wat jou met een ruk regop kan help. Anders rol jy sywaarts van die bed af sodat jou lyf en jou jeans eers ‘n bietjie vrede met mekaar kan maak. Spring ‘n bietjie. Wieg die heupe. Buig die knieë effe. Ok! Dit voel beter! Baie beter!!

Klim in jou high-heels in en trippel na die kar toe. Daai tyd klim jy nie in ‘n kar in nie. Jy slide in ‘n kar in. Teen die tyd wat julle by die bestemming aankom, het jou lyf al vrywilliglik ‘n kilo of wat afgeskud, net om die bloedsomloop darem ook ‘n plekkie binne-in jou radikale sexyness te gee.

Die (Kort en Kragtige) Kuier:

Sit. Nee. Gly tussen die tafelblad en die bankie van die piekniek-tafels in en skuif heen en weer tot jou sitvlak die oppervlak onder hom weer kan voel. (Ligte prikkels beteken daar’s darem nog  lewe!).

Bestel ‘n bier. ‘n Black Label. En as hulle het, ‘n Schapps ook asseblief. Bier op sy eie gee my vreeslike burps. Die Schnapps help nogal daarmee. Ek vrek so van die hitte dat ek die bier binne die eerste 10 minute afgespoel het en nog enetjie bestel.

Halfpad tussen klets en lag en drink en kuier gebeur dit!!

Die koue sweet oorval my. My oë traan. My kakebeen klem vas. Dit word vaagweg donker voor my. Ek bespeur ‘n vae (nee, ‘n moerse!!!) pyn in my lae buik. Net daar onder die broek se band. Nee, laer af. Iemand druk ‘n vinger in my sy. Ek gee ‘n desperate gil en val amper flou (dis net die jeans wat verhoed dat ek dubbelvou- die damn goed is mos so ridiculously hoog gesny!!). Sweet tap nou soos water van ‘n eend se rug teen my wange af. My maskara, blou eyeshadow en swart eye-liner vermeng in ‘n mistroostige stillewe op my gedehidreerde wangbene.

Iemand skree: “Blindederm!”. Ek pass amper weer uit. Ek word onder die tafel oor die bankie uitgesleep en kar toe gedra! Genadiglik drapeer hulle my oor die agtersitplek – ek wil só graag die fetus-posisie inneem maar my radikaal stywe supersexy stretch stove-pipe jeans laat nie behoorlik kniebuiging toe nie en ek is te bang om die knoop en ritssluiter oop te maak. Sê nou net my blinderderm bars??!!

Die Trauma:

Die dolle vaart deur die strate van Pretoria voel soos ‘n ewigheid. By die HF aangekom, gil iemand vir ‘n draagbaar of trolliebed en ek word aan my skouers uit die agtersitplek uitgesleep en op die trollie neergevly.

Hulle hol met my by die wye dubbeldeur in en almal praat gelyk. Iemand moet R8!!!! betaal voor die bejaarde ou John Lennon bebrilde dokter my kan sien. Dié buig ewe bekommerd oor my bloedrooi, papnatgeswete stillewendige gesig, rek my oë oop en bekyk my pieringgrootte pupille. My verontwaardigde verloofde, my vriendinne (hoe del hel het hulle ALMAL in die kar ingepas???) word deur ‘n waardige (bebliksemde) ou ongevalle suster summier wagkamer toe gestuur. (Ek sal haar uiteindelik nog EWIG dankbaar wees daarvoor!!)

Terwyl hy sy stetoskoop onder my boob-tube indruk en sy oë toeknyp om my hartklop te monitor begin die suster doodluiters om my te ontknoop en ontzip. Ek wil nog vra dat hulle asseblief tog nie my jeans met daai gipsskêr moet beskadig wanneer hulle hom van my lyf afsny om my vir ‘n noodoperasie voor te berei ! Die dokter voel-voel nou so hier en daar. Druk met drie plat vingers al met my buik langs – in die middel, langs die kante, regs, links en tussen die gilletjies deur is ek te bang om asem te haal – oor my beetle-bonnet, sien? ‘n Girl het darem mos maar haar trots!

Hy kyk vir haar. Sy kyk vir hom. Hy skud sy kop en klap sy tong *tsk* *tsk*. Netso. Ek wil nog vra of ek dit gaan maak?? Ek wil nog vra of ek nie maar my verloofde mag groet nie, toe klim daai  oversized spierwit bliksem van ‘n mens mos pens en pootjies met haar knieë langs my ingedruk BO-OP die ondersoektafel! Sit haar handpalms soos in ‘n wafferse CPR beweging op my naeltjie-omgewing neer en kom met haar volle 150kg gewig agterna!! Ek wil nog gil, dat ek wel nog op my eie kan asemhaal!! Ek sidder om te dink dat sy volgende met daardie grynslag van haar my die ‘kiss of life’ ook nog gaan gee… ek wil eerder weer uitpass!!!

Toe gebeur dit.

Die KRATER::

Ek poep.

Ek laat nie ‘n windjie nie.

O nee!

Ek POEP!

Dit klink soos die laaste enkele kanonskoot tydens die Eerste Minister se teraarde bestelling. Ek wil nog skree: “O jinne!!! Daar gaan my blindederm!!!”.

Toe word dit stil. Letterlik windstil. Net die dakwaaier bokant my kop wat so ‘n powere staatsdiens flap-flap geluidjie maak. Ek lê dóódstil. Ek weet nie of ek lewe en of ek dood is nie. Ek kan myself nie van bo-af sien nie, so ek aanvaar maar dat ek nog lewe. Die dokter se gesig is téén myne soos hy in my oë tuur. Die suster staan met haar rug na ons en vroetel in die medisynekassie. Haar skouers ruk. Lyk of sy huil…

Dis waarlik ‘n wonderwerk! Ek spring daar op! Ek lewe! Geen pyn! Geen bloed! Geen operasie nie! Geen inspuiting! Geen niks!

Niks???!!!😯

… En gaan sit weer op die bed. Ek vra vir die dokter of hy sal omgee om vir my ‘n rolstoel te reël. Ek smeek hom behoorlik – met gevoude hande en als. Ek smeek so mooi ek kan netsowel “Amen” sê na die tyd.

Hy verstaan. Sy verstaan. Hulle kry ‘n rolstoel. Sit my daarin. Stoot my wagkamer toe en terwyl hy my liggies op die skouer vryf seg die dokter vir my gevolg: “Neem haar maar huistoe en laat haar vir ‘n dag of wat ontspan. Sy sal môre weer haar ou self wees…”. Knik vir my en knyp my wang.

Die suster het verkies om in die ondersoekkamer te bly.

In my geestesoog hang sy oor die medisynekas en huil –

soos sy lag.👿

(Ek het toe alliepad vergeet dat my blindederm in St 7 al verwyder is😳 )

Daar het jy dit Maankind – my eie krater:mrgreen:

Ek tag vir Rooies virre plankslaan, kratermaak, naamskendende boetedoening.😉


20 Responses to “My Krater…”


  1. January 13, 2011 at 9:04 am

    BB!
    PS – Maar het jy dan nie soos enige ordentlike stywe stove-pipe jeandraer van die 80’s ‘n vurk met ‘n gebuigde tand gehad wat jy in jou jean se zip se dingetjie gehaak het nie?!? Mens het hom mos eers ingehaak en dan op jou rug gaan lê…

    • 2 BB
      January 13, 2011 at 9:54 am

      Waaaahahaha!! So, wat jy EINTLIK vir ons wil sê is dat jy ook iewers diep binne-in ‘n ou fotoalbum ‘n ou vaal foto wegsteek waarop jy mette Beetle-bonnet pronk???:mrgreen:

  2. 3 Krista
    January 13, 2011 at 9:24 am

    Ek kan nie wag dat jy weer jou army storie vertel nie!!! Dis net so holskeurend snaaks soos hierdie een!!!!

    • 4 BB
      January 13, 2011 at 9:55 am

      Maar sal jy sjjjjjuuuutttt!!!!😉 Julle gaan pak kry!! AL 3 van julle!!!👿

  3. 5 CHAOS
    January 13, 2011 at 12:20 pm

    Die blog help niks sonder foto`s – ons soek foto`s ( en n army storie ja !! xxx

    • 6 Son
      January 13, 2011 at 2:56 pm

      😆 Ek moet nou hol, ek sweer my broek is nat! Ek stem! Foto’s!

      • 7 BB
        January 14, 2011 at 5:39 am

        Jinne Sons – ek kan nog so goed onthou hoe ek daai jare geknyp het soms net oor dit so baie moeite was om terug te klim in die damn stretch denims😛

    • 8 BB
      January 14, 2011 at 5:35 am

      You are só cruising, my Love…..

      • 9 CHAOS
        January 14, 2011 at 11:45 am

        Cruising for a bruising ?? Yes please !! xxx

        • 10 BB
          January 14, 2011 at 11:58 am

          😯 Gedra vir jou!!

          Dit rym… maar dit dig nie:mrgreen:

  4. January 13, 2011 at 3:24 pm

    Ek het ook so op my rug gele, maar jou storie var die koek!

  5. January 13, 2011 at 3:25 pm

    vaT bedoel ek. Lekker gelag

  6. January 13, 2011 at 6:53 pm

    Ag toggie , as ‘n mansmens kan ek nou nie heeltemaal deel in die wedervaringe van julle eva’s nie , maar na die bitter goeie beskrywing het ek nou ook ‘n beter idee van hoe dit gedoen was.

    Baie dankie , ek het nou vrek lekker gelag.

  7. January 14, 2011 at 7:03 pm

    Ek wonder sommer – was die broek toe ‘n hele nr groter .. ek bedoel… na die wind???
    ‘n vriendin het ook haar jean en haarself beskerm met ‘n hakspeld. wag, laat ek eerder los….

  8. January 15, 2011 at 10:18 am

    Nou huil ek saam met daardie ou battle-axe suster. Beebs, dis skreeusnaaks en ek het al gehuil nog voordat jy uit jou kamer is. Daai gedoente om in daai jeans in te kom onthou ek maar al te goed!

  9. January 17, 2011 at 5:29 am

    Bwahahaha😆 Dankie BB, ek dink ek het nou my verkoue weggelag of uitgehuil.
    Jinne BB, ek probeer jou nou voorstel met daai hare..bwahahaha

    • 17 BB
      January 17, 2011 at 5:56 am

      😯 – jy wil nie!! Wee’ jy wat’s die ERGSTE??? Ek kan dit steeds so kam… as ek sou wou!!!!😳 (stuck in the 80’s isse understatement:mrgreen: )

      • January 17, 2011 at 10:09 am

        Ek hoop regtig jy wil nie…

  10. January 17, 2011 at 8:02 pm

    😆

  11. January 26, 2011 at 11:57 am

    Ag hoe lekker het ek nou gelag BB. Ek onthou die hare en die jeans nog al te goed. Legwarmers😯 Dankie tog die 80’s is verby en die foto’s is baie baie diep weggebere.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


January 2011
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: