Die ☼SON☼ het getag – en ek speel saam – vra enigiets oor/van my
wat jy dalk nog nie weet/wil weet/my mee wil afpers…
maar ek buig die reëls bietjie:
Vra die H3 aka Chaos ↑ :
Ek moet dit dus maar beperk tot 3 vrae (en ek sal nie inmeng nie, belowe…) – ek sal wel later sê of hy reg was/is of nie
Ek tag die Poelishonkie Emily…
Agge nee, net DRIE vrae?! Ek sal die H3 BAIE meer oor jou wil vra, maar nou jaaaa (*groot SUG*)
1. Praat BB in haar slaap?
2. Moet jy soms enige deel van BB se lyf krap – jy weet, soos haar rug, of met haar hare speel of so iets…?
3. Wat is vir jou die mooiste aan Beeps?
Daarsy!
1.Nee, maar sy neurie
2.Sy hou nie eintlik daarvan nie
3.lyf, persoonlikheid en attitude
1. Watter juweelstuk sou sy die graag wou hê?
2. Wat is haar gunsteling kleur lipstif?
3. Watter deel van jou anatomie is vir haar die mooiste?
1. Sy is nie groot op juweliersware nie – dankie tog
2. Rooi
3. My “ass’
Ai, Chapmanspeak
1. Poep BB terwyl sy slaap?
2. Verkies BB pêrels of diamante?
3. 👿 Lyk BB vet in haar jeans?
1. Nooit, sy praat genoeg om nie opgeboude kompressie te he nie
2. As sy moet, dan diamante
3. NEE, sy kan nie vet lyk nie al wil sy
1. Wat is BB se “signature’ dis – die een wat almal altyd vra.
2. Sing BB ooit vir jou lullaby’s?
3. Praat BB so baie as wat sy lang comments op posts plaas?
Nr 3 😉
1. Alles wat sy maak is awesome – die dis wat nou net gemaak is, is die signature een – totdat sy die volgende voor jou neersit, dan is dit die een – haar platters is nogal welbekend
2. Nee, net nuwe songs
3. Jip, jip
Hehehehe
1. Wat is BB se heel eerste kleintydherinnering?
2. Wat is die ergste nagmerrie wat BB nog ooit gehad het?
3. Wat wil BB oor 10 jaar van nou af doen?
1. Op die plaas by Oupa en Ouma in Duitswes
2. Ek dink haar eerste naweek in die Weermag toe sy agterkom daar is nie n bussie om haar dorp toe te vat vir shopping nie
3. Ek en sy op n klein dorpie iewers aan die Weskus
Son, sy praat nie graag daaroor nie, maar vra haar, sy MOET die storie vertel!!!
1. Dwarrel daar ‘n stofwolk agter BB aan soos sy elke dag deur die lewe gaan? (Iets soos die tasmanian devil)
2. Hoe klein is haar hartjie regtig?
3. Wat is haar guilty pleasure?
1. Jip, en die wolke voor haar gee pad as sy aankom
2. Klein, baie klein
3. Geen guilt met enige pleasure nie – dis my BB daai
Ek wou net een vragie vra, maar dis alreeds gevra. 1.Praat sy in haar slaap? 2.Loop sy in haar slaap? 3.Sing sy onder die stort?
1. Sien bo
2. Nee – as sy slaap dan slaap sy
3. Jip, voor, na en tydens stort
Halou dis Poelishond Emily hier ma se ek moet opi blogs kom kyk van teg. Ek atteg graag vreemde mense wat te naby my ma kom mar nou sien ek dis ‘n anirste teg nou sal ek haar gan vra wat is die teg.
Mar ek het net een vraag: wanir trek tanie Graatjie en oom H3 Kaap toe?
Ons wil graag , belowe – praat elke dag daaroor – kort nog so bietjie “guts”
1. Is BB baie hardkoppig?
2. Knik jy soms net jou kop en mmmm en aaahhh sonder om regtig te luister terwyl sy praat?
3. Glo BB dat dit net wit of net swart is met geen grys areas nie?
1. Hardkoppig ja maar nooit sonder rede of onredelik nie ( en altyd ” in the nicest possible way ”
2. Nee nie regtig nie – ons is te veel “insync ” met mekaar – wil niks van haar mis nie
3. Sy het baaaaiiiee grys areas met party goed en met ander goed net spierwit of pikswart
Hi BB! Ek het van jou geskinder. Jy sal daardie gedig moet loop soek en terugsit!! Die skare sal dit wil lees!! 😀